Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gegroet uit Somerset-Wes
Oor 'n bietjie meer as 14 dae word die film THE DA VINCI CODE wêreldwyd in teaters vrygestel. En laat ek nou maar vir jou sê: hier kom 'n geleentheid soos nog nooit waarin ons gereed moet wees om mense met ernstige vrae te bedien soos 1 Pet 3:15 vir ons aanmoedig om te doen:

" In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. "

Is jy gereed om jou goed te kan verantwoord oor die vrae wat soekers en twyfelaars n a v hierdie boek en film gaan vra?

Ek is tans hier in die Helderberg-area besig om 'n Bybelstudiereeks hieroor aan te bied op 'n Dinsdagaand om 19:00 te 81 Faganstraat, Strand (van die 9de Mei af). As jy in die omgewing is, kom woon dit by.

Maar vir die ander van julle wat oor die res van die wêreld versprei is, wil ek graag ook hiermee help, en dan op 2 maniere ten minste:

1. Deur 'n dokument van 81 bladsye wat ek bymekaar gesit het oor die beste antwoorde op vrae oor hierdie boek en film vir Christene wat ingelig wil wees.
As jy dit wil hê, epos net my en vra daarvoor. Dan stuur ek dit vir jou met graagte.

2. Ek is tans ook besig om te skryf aan my eie reeks antwoorde hieroor wat so oor 2 maande gereed sal wees.

Sodra dit klaar is, sal ek julle ook via hierdie nuusbriefie laat weet, en dan kan jy dit ook aanvra.

Geniet vandag se Woord.
Groetnis
Christo
Tel 021-8510003 en Sel 0827702397



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar