Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Baie kunstenaars, skrywers, digters en musikante beweer dat hul kreatiewe werk geïnspireer word deur 'n muse. Wie of wat is dit?

Die begrip muse is afkomstig uit die Griekse mitologie en beteken leidende gees of bron van inspirasie. Die Griekse gode, Zeus en Mnemosyne, het nege dogters gehad, die Muses. Die nege dogters was klaarblyklik een in hart, gees en denke. Hulle was beskou as godinne van inspirasie ten opsigte van die letterkunde, wetenskap en die kunste. Eers gedurende Romeinse tye is die volgende funksies en simbole aan hulle toegeken, hoofsaaklik om hul makliker uit te ken in skilderye en beeldhouwerke:

Calliope (epiese poësie) dra 'n skryfbordjie, Clio (geskiedenis) dra 'n boek, Erato (liefde / erotiese poësie) word dikwels gesien met 'n siter en 'n kroon van rose, Euterpe (liriek poësie) dra 'n fluit, die aulos , Melpomene (tragedie) word dikwels gesien met 'n tragiese masker, Polyhymnia (heilige poësie) word dikwels gesien met 'n peinsende uitdrukking; Terpsichore (koor dans en sang) word dikwels dansend met ‘n siter verbeeld, Thalia (komedie) word dikwels uitgebeeld met 'n komiese masker en Urania (astronomie) dra 'n passer en ‘n hemelse planeet.

Nou waar laat dit ons? Ek weet nie van jou nie, maar nie een van hierdie “dames” hierbo dien juis om my te inspireer nie. So, is jy en ek nou gedoem om muse-loos deur ons kreatiewe bestaan te worstel?

Dwarsdeur die geskiedenis van die kunste, is mans en vroue geïnspireer deur hul eie muses. Dink aan John Lennon en Yoko Ono, twee sangers wat mekaar eindeloos inspireer het. is. Een beroemde kunstenaar wat sy Muses opgeneem het in sy werk, was die skilder Pablo Picasso. Salvador Dali se vrou, Gala, was sy muse en Paul Gauguin het sy muses in Tahiti gevind. Georgia O’ Keeffe het haar muse in die natuur gevind, beide in die prag en genadelose hardheid daarvan. Voorbeelde daarvan dui op makro-blomme, skelette en ryk landskappe.

Goed en wel, maar waar laat dit ons? Is ‘n muse dan die teenoorgestelde as skrywersblok? Moet ‘n muse juis ‘n ander persoon wees? Is dit nodig dat ‘n muse hoegenaamd menslik hoef te wees?

Die betekenis van die begrip, leidende gees of bron van inspirasie, kan miskien meer lig op die saak werp. Miskien kom jy in kontak met jou muse wanneer jou gemoedstoestand ontvanklik is vir nuwe idees, wanneer jy ‘n bietjie terugstaan van die gejaag in jou daaglikse bestaan en tyd maak vir jou siel. Miskien is jou muse juis jou godgegewe talent om te dig, skryf, skilder, dans, sing, watookal ...

Ek moet erken, soms staan ek voor my skilderdoek en verf sonder ophou vir ure, ander dae staar ek en tersaaklike doek glurend na mekaar ... dieselfde ook met skryf en dig. Dit laat my wonder of die gesegde, “jou moses teenkom,” nie dalk mag beteken dat jou muse padgevat het nie.

Miskien dink ons te hard, soek te hard en werk te hard om inspirasie te kry. Ek vermoed dat al die inspirasie wat ons nodig het, rondom en in ons is. Ons moet net die tyd neem om dit raak te sien.

Wie of wat is jou muse?



 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Muse
My muse(s) is beslis nie geeste nie, maar mense met been en vel om. En situasies, meestal avonture of komies. Dis vir skryf. Vir skilder is dit die natuur en deure, geboue of trappe.
7 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


Nog n vraag ?
Het mense meer as een Muse ? Dan sal mens nie vashaak op een styl, een kuns vorm en n monotone skryf, dig, whatever-vorm nie. n gemaklikheids sone waar jy soos n vinyl vas haak nie.?
7 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


Ek dra gn Mussie nie LOL
My skilderye en skrywery is al klaar daar in my kop. Dis n vol plek (my upstairs) ! en ek ly aan n bitter goeie geheue. Dus moes ek leeg maak op een of ander manier :-)
7 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


ek Stem
n mens moet ook versigtig wees wat en wie jy toelaat om jou muse te wees.
7 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar