Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Goeie dekade gelede het ek die Jabesgebed ontdek en elke môre begin bid. So was dit met tyd ook die begin van ‘n droom. ‘n Droom oor ‘n Christelike boekwinkel met alderhande mooi goedtjies in. Maar die tyd, plek en ek was nog nie reg nie.

In hierdie tyd het ek ontdek, ek het ‘n talent om gedigte te skryf en die een na die ander het uit my pen gevloei. Intussen is ek met 2 kinders deur ‘n verskriklike uitmergelende vernederende skeisaak .Op 45 was ek terug by my ouers aanhuis, nie presies waar ek op daardie ouderdom wou wees nie. Veral nie iemand wat gereeld die Jabesgebed gebid het nie. My droom was op die agtergrond geskuif, en al wat ek probeer doen het was oorleef!

Met al my aardsbesittings gestoor, gaan kuier ek vir my dogter met net ‘n tas somersklere. Op ‘n dag vra ek die Here wat gaan ons met al die gedigte maak. Sy antwoord was ons gaan hulle raam en verkoop. Net daar steek die Here weer die vlammetjie van my droom aan. Ek bid weer vir die Here, om my talente en gawes te gebruik vir die geskenkwinkel. Ek vra spesifiek vir ‘n Christelike geskenkwinkel met mooi yster en hout geskenke, plante ens. Geld om hierdie projek van die grond te kry het ek glad nie maar, die droom en die Jabesgebed bly.

Met tyd trou ek weer en raak betrokke by ‘n klein engelse kerkie. Die kry ‘n splinter nuwe dominee, met ‘n droom oor ‘n Christelike boekwinkel! My seun kom bly by ons en my man verloor sy werk en so gebruik die Here die twee mans. Kort voor lank bou en breek die twee klaskamers om plek te maak vir ‘n boekwinkel. Hier het ons as familie bloed gesweet oor mamma en die dominee se droom…. Skepties en vol kritiek het die gemeente die besigheid dopgehou. Waar hulle die werke nie kon boikot nie, was hulle sommer net dwars maar, vir God is niks onmoontlik nie!

Uiteindelik was die gebou en breek klaar en ons kon begin intrek. Met ‘n paar tweederand se boekrakke, toonbank en ‘n ou geldlaai. My kinders kry vir my ‘n paar losstaande tafels, ‘n kantoorstoel en palms in potte, in die hande. Geld vir voorraad was daar nog steeds nie…. Dominee reël die Christelike boeke op “consignment” by ‘n vriend. My man skryf ‘n program sodat ek kan kophou oor wie se voorraad is wie sin. My seun maak ysterkrone en houtkruise, hy was een van my eerste verskaffer. As die Here iets doen, doen Hy dit groot en ordentlik! Die biskop open die boekwinkel met ‘n 150 gaste. Een van my seun se krone word oorhandig aan die biskop, waar dit vandag in “Methodist Church” se hoofkantoor staan. Net voor die opening van die boekwinkel kry my seun werk. Nadat die program vir die winkel geskryf is en reg gewerk het en ek geweet het wat ek doen, het my man ook weer werk gekry. Die twee is deur God gebruik vir Sy werk!

Hierdie was defnitief ‘n tyd van bloedsweet, trane en baie gebede! Dit het met ‘n gesukkel gegaan om die mense oortuig en gemaklik te kry met die “consignment stock” idee. Kom ons koop eerder eg Suid Afrikaans as “made in China”. Mense kry swaar, daar is nie werk vir almal nie en so baie is kunstig met wonderlike talente! Daarom help ons die gemeenskap om hulle handgemaakte produkte te verkoop nie. Stadig maar seker het die mense gewoond geraak aan die idee. Nou bring die mense hulle kunswerke en talente vir die Christelike boekwinkel om te verkoop. Die ander probleem was, dis ‘n Engelse Kerk en meer as tweederde van die dorp is Afrikaans! Om die dorpenaars net te kry om by die Engelse kerk se hek in te loop, was ‘n nagmerrie! Aan die begin het hulle 10 keer omgekyk om seker te maak niemand sien hulle nie. O wee, die mensdom darem……

Met die Jabesgebed se “vergroot my grondgebied” en die droom, het God ‘n wonderwerk verrig! Die voorraad in die boekwinkel is naastenby R 115 000 werd alles op “consignment” (met 26 verskaffers) by ‘n Engelse kerk! Al wat ek kan sê is, Haleluja Prys die Here! God het defnitief ‘n goeie sin vir humor, om ‘n Afrikaanse meisie tussen engelsprekende mense integooi. Plus om ‘n pragtige boekwinkel sonder ‘n sent te begin. As jy my jare gelde die storie vertel het, het ek op my rug geval van skok, wat weet ek van Godsdiens in ‘n ander taal? Om die Jabesgebed te bid moet ek jou waarsku, dit gaan jou stoutste verwagtinge oortref! “So, buckle up, it’s going to be a bumpy ride”….

Geloof, hoop, vertroue in God, die Jabesgebed het aan hierdie droom ‘n adres gegee!

Sharlom

A3
24 April 2013

NS Aan my ma, pa, skoonma, dominee, vriende, ‘n handjie vol gemeentelede, my man en kinders (nie in ‘n spesifieke volgorde nie) baie dankie vir die bemoediging, gebede en liefde. In “hierdie droom het ‘n adres” was julle God se diensknegte!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

n Droom met n adres
Werklik pragtig.Dankie vir die vooreg dat ek dit kon lees.Jesusliefde Jinks
6 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


Baie dankie
...vir 'n wonderlike geuienis. Soos wat ons pad kronkel in die vervulling van ons roeping, groei ons geloof om sterker te wees in die volgende uitdaging.
6 jaar 9 maande 1 week 2 dae 4 ure oud


Ano
'n Droom met 'n adres
Pragtig.
6 jaar 9 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


droom
Dit wys jou net. Enige iets is tog moontlik.
6 jaar 9 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Amen!
Jabesgebed. . . JA, om jou BES te doen. . .met GEBED!
6 jaar 9 maande 1 week 3 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar