Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag is die sewentigste herdenking van die eerste atoombom ontploffing oor Hiroshima in Japan op 6 Augustus 1945.

Hierdie artikel is n oomblikke se stilstaan by hierdie gebeurtenis maar ook n stille oproep tot almal om altyd te bid dat so iets die mensdom nooit weer tref nie.

VOORSPEL TOT HIROSHIMA

Daar is alreeds voor die tweede wêreld oorlog begin met navorsing oor die split van die atoom en was Duitse en Noorweegse wetenskaplikes die voorlopers in hierdie navorsing. Hulle was wel deeglik bewus van die geweldige energie wat sal vrygestel word wanneer die atoom gesplit word maar daar was nog n lang pad vorentoe voordat die atoom werklik vir die eerste keer in die V.S.A gesplit is.

Amerika het nie werklik in hierdie navorsing belang gestel nie maar het twee wetenskaplikes, Leo Szilard en Eugene Wiener, wat uit Duitsland uit ontsnap het, n brief aan pres. F.D. Rooseveldt gerig oor die onderwerp. Die brief is deur Albert Einstein onderteken en aan Rooseveldt oorhandig in Augustus 1939. Dit was egter eers in 1941, toe dit begin duidelik word het dat die V.S.A. een of ander tyd in die oorlog gaan ingesleep word, wat Amerka werklik begin belang stel het en op 28 Junie 1941 gee pres. Rooseveldt magtiging vir die Manhattan projek onder leiding van genl. Lelsley L. Grooves, dr. Erno Fermi en dr. Robert Oppenheimer

Dit het gegroei tot een van die grootste projekte ooit in Amerka en was tot 130000 mense betrokke by die projek. Fabrieke is dwarsoor Amerika opgerig om aan verskillende fassette van die splitsing van die atoom te werk met die hoofkwartier in Los Alamos. Twee biljoen dollars is aan die projek bestee wat onder die grootste geheimhouding plaas gevind het.

Daar was op twee elemente gekonsentreer in die projek nl. Uraan 235 en plutonium. Wat die navorsing bemoeilik het was die feit dat die wetenskaplikes self nie geweet het hoe om die vrygestelde energie met die splitsing te beheer nie maar slaag hulle uiteindelik daarin.

Op 16 Julie 1945 word die Trinity toets in die Los Alomos woestyn in Neu Mexiko uitgevoer. Met n verblindende flits het die bom ontplof om sy paddastoel wolk in die lug in te stoot. Hele paar kilometer daarvan in n bunker het die wetenskaplikes en genl. Grooves die ontploffing beskou.

Terwyl die winde stormsterkte bereik om die vakuum wat deur die ontploffing geskep is te vul was dr. Oppenheimer se opmerking: “Vandag het ons n kykie in die diepste hel gehad. Ons is nou besig om n wapen op die mensdom los te laat waarmee hy homself gaan vernietig”.

Die wetenskaplikes wou die ontploffing van n atoombom in oorlogstoestande verhoed, want met die Europese lande uit die oorlog uit, was Japan die enigste oorblywende teiken.
Daar was egter al ver gevorder met die bou van atoom bomme om teen Japan te gebruik en het hulle pleidooi op pres. Harry S. Truman, Rooseveldt se opvolger, op dowe ore geval.

Net na die ontploffing in die Los Alomos woestyn is n kode boodskap aan pres. Truman gestuur waar hy op reis was terug van Europa af, na die Postdam konferensie, aan boord van die Amerikaanse swaar kruiser, die U.S.S. Augusta, dat die ontploffing n sukses was.

Aan boord van die Augusta is die eerste wenk aan joernaliste wat Truman vergesel het gegee van iets ongewoons. Op n vraag van een van die joernaliste wat pres. Truman vergesel het oor n beplande inval in Japan het pres. Truman geantwoord: “Operasie Underdown vir so n inval is in finale stadium van beplanning maar ek twyfel of dit gaan nodig wees. Ons het n wapen ontwikkel wat Japan met een of twee felle slae tot oorgawe gaan dwing.

509 COMPOSITE GROUP

Met die uitsluitlike doel om atoombomme op Japan neer te laat is hierdie afdeling van die lugmag op 17 Desember 1944 in die lewe geroep onder bevel van kolonel Paul W. Tibbets op n lugmagbasis in Utha.

Die Amerkaanse lugmag het toe al n redelike idée van die gewig van n atoombom gehad en is oefenvlugte begin met enkel voorwerpe van 5 ton in die Utha woestyn om die tref van doelwitte te be oefen. Die hele groep plaas oor na Tinian eiland in die Suid see eilande op 11 Junie 1945.

509 het bestaan uit 17 B-29 Superfortress bomwerpers en het die groep n grondbemanning van 44 offisiere en 815 manskappe bestaan. Die lugpersoneel het uit 250 vlugpersoneel lede bestaan. Elke bomwerper het n bemanning van 11 gehad

Daar is dadelik met alle erns begin met oefenvlugte teen Japan en is 27 bomwerper missies deur die groep teen Japan geloods in samewerking met die ander bomwerpergroepe in die Suid-see eilande tot die tyd aangebreek het vir die sending teen Hiroshima.

DIE B-29 SUPERFORTRESS

Nog voor die uitbreek van die tweede wêreld oorlog het die V.S.A. die tekens van n naderende oorlog gelees en besef dat die V.S.A. een of ander tyd in die oorlog gaan betrek word wat ook gebeur het met die Japanese aanval op Pearl harbour Een van die grootste tekortkominge in die lugmag se arsenaal was n lang afstand bomwerper en is begin met die ontwikkeling van die B-29 deur Boeing in 1938.

Die B-29 se eerste vlug was op 21 Sept 1942 en is hulle gedurende Mei 1944 in diens geneem na die uitstryk van baie probleme.

Die B-29 was n unieke bomwerper in baie opsigte. Haar vlughoogte was 31850 voet en kon sy n snelheid van 350 kmpu haal, hopeloos te hoog en te vinnig vir bestaande vegvliegtuie. Dit was ook te hoog vir lugafweer kanonne en was dit dus n redelike veilige bomwerper.

Sy het n bemanning van 11 gehad en is aangedryf deur vier kragtige Wright R3350 enjins.

Vier fabrieke is dwarsoor die V.S.A. opgerig om die vliegtuie te bou. In totaal is 3970 B-29 bomwerpers gebou en het hulle diens gedoen tot in 1960. Hulle het ook n groot rol in die Koreaanse oorlog gespeel

Die B-29 is nooit in Europa aangewend nie omdat Duitsland in 1944 alreeds op sy knieë was en die B-25 heeltemal voldoende was vir die korter afstande.

Kolonel Tibbets het die vliegtuig wat aan hom toegeken is na sy moeder vernoem, die Enola Gay. Vandag word die Enola Gay in n museum in die V.S.A. bewaar.

VOORBEREIDING VIR DIE SENDING NA HIROSHIMA

Oorspronklik is drie stede uitgekies vir n atoom aanslag, naamlik Nagasaki Kokura en Hiroshima. Dit was drie stede met min oorlogskade en was Hiroshima op die laaste bygvoeg.

Northfield lugmagbasis in die Mariana eilande is uitgesoek vir die vertrekpunt van die vliegtuie vir die eerste atoom aanslag. Die atoombomme is op 16 Julie vanaf Amerika versend aan boord van die kruiser, die U.S.S. Indianopilis en het op 26 Julie op die eiland aangekom. Die snellermeganismes van die bomme is met n spesiale vlug vanaf die V.S.A. versend.en arriveer op 28 Julie.

Vir hierdie sending is die bemanning wat kolonel Tibbets vergesel op die Enola Gay het die mede vlieënier,Kaptein Robert A. Lewis, die wapen offisier kaptein William S. Parsons en die bombardier, majoor Thomas Ferbee saam met die gewone bemanning. Die finale bevel vir die aanslag word op 29 Julie 1945 uitgereik deur genl. Thomas Hardy, die Amerikaanse weermag hoof dat daar so gou as wat die weer dit toelaat tot die bombardering oorgegaan moet word.
Op 5 Augustus word Little boy in die Enola Gay gelaai om vroegoggend die volgende oggend te vertrek

SPESIALE SENDING NO 13 NA HIROSHIMA

Die oggend van 6 Augustus 1945 vertrek 3 B-29 bomwerpers net na middernag na Japan met bestemmings Hiroshima Nagasaki en Kokura. Die doel van hierdie drie vlugte is om as weer waarnemers op te tree om die geskikste doelwit uit te soek. Indien die wolke oor Hiroshima te dig was moes een van die ander twee doelwitte getref word. Op Iwo Jima was nog n B-29 wat as bystand wag indien die Enola Gay probleme sou optel. Die B-29 was bekend vir enjin probleme.

Die Enola Gay styg om 02.45 op vanaf North Field met kolonel Paul Tibbets as loods en kapt Robert Lewis as tweede loods, kreunend onder die swaar vrag wat haar saam met die ekstra brandstof sewe ton oor gewig het. Sy word n uur later gevolg deur nog twee B-29 bomwerpers om instrumente neer te laat en fotos te neem.

Die wapen offisier, kaptein William S. Parsons begin tien minute later die bom aan mekaar sit en verloop die vlug na Hiroshima sonder enige voorvalle. Die waarnemings vliegtuig wat oor Hiroshima gaan stuur n mooiweer berig deur en word Hiroshima se lot met hierdie berig verseël.

Negentig minute voor die tyd word die veiligheids meganismes aan Little boy verwyder en begin die Enola Gay klim na 30000 vt om gereed te maak vir die aanloop.
Teleurstelling, n wolkemassa het skielik oor Hiroshoma getrek en begin die bombardier gereed maak vir n radar neerlating van die bom. Die bom aanloop begin om 09.12 v.m. en dan, skielik trek die wolke, oomblikke voordat hulle die doelwitpunt, n brug oor n rivier wat deur Hiroshima loop oop, en lê die mikpunt oop onder hulle en die brug is duidelik in die bombardier, majoor Thomas Ferbee se bomvisier. Paar sekondes en hy druk die knoppie wat Little boy aardwaards laat tuimel aan sy valskerm. Die Enola Gay ruk onder die verminderde gewig en kolonel Tibbets swaai haar weg dat hulle so ver moontlik kan wegkom voordat die bom ontplof.

In Hiroshima gaan die daaglikse bedrywighede voort. Die lugalarm huil deur die stad toe die Enola Gay oorgaan en verbaasde Japanners steek vas en dan sien sommige die valskerm oopblom. Sommige dink die vliegtuig is in die moeilikheid en dat die bemanning begin uitspring.

45 sekondes later ontplof Little boy en die beste beskrywing is seker die van n Times joernalis: “Suddenly there was no sky left over Hiroshima”

Slegs n verblindende flits wat alles in n omtrek van vyf myl veras en verbrand. Die lugleegte wat gevorm word veroorsaak geweldige winde wat instroom om die lugleegte te vul en toe begin dit reën soos die vog in die lug kondenseer. Swart reën maar die vlamme woed voort.

Die Enola Gay land die middag om drie uur weer op Tinian eiland terug van sy sending af.

Na beraming is tussen 90000 en 166000 mense dood in die ontploffing en na die ontploffing as gevolg van radio aktiewe bestraling. Duisende mense is jare daarna nog dood aan radio aktiewe verwante siektes

Dieselfde lot tref Nagasaki op 9 Augustus met dieselfde verwoestende gevolge met n dodetal van tussen 39000 en 80000 toe kapt Robert Sweeny in nog n B-29, Bocks Car, Fat Man op Nagasaki neerlaat.

Dit het Japan laat besef dat die einde aangebreek het en gee hulle op 15 Augustus 1945, nadat Rusland ook oorlog teen Japan verklaar het, finaal oor om die tweede wêreld oorlog te be eindig.

Die finale oorgawe word op 2 September 1945 aan boord van die oorlogskip, U.S.S. Missisouri in Tokyo hawe onderteken.

Die vraag is baie gevra of hierdie atoombomme werklik nodig was. Operasie Underdown was in volle beplanning en was die verwagtwe lewens verlies een miljoen. Ten spyte van pleidooie van verskeie weermags offisiere en wetenskaplikes het pres Truman, met hierdie syfer in gedagte bsluit om die atoombomme te gebruik. Of dit geregverdig was moet elkeen maar vir homself uitmaak maar of die wêreld werklik uit hierdie ellende geleer het bly n ope vraag wat net die tyd sal leer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bom
Dit is nou regtig baie interessante inligting, Neels. Goeie leesstof. En soos jy sê, mag so iets nooit weer gebeur nie.
2 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


bom
'n Baie mooi saamvatting van die gebeure Neels.
Hulle sê die doel heilig die middele. Die verwoesting was nodig om die oorlog te be-eindig. Maar dit bly iets verskriklik. Daar was nog nooit sulke verwoesting in die geskiedenis nie.
Mag dit nooit weer gebeur nie.
2 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud


hiroshima
Inderdaad sal slegs die tyd leer. Baie interessandhede wat jy hier saamvat, dankie vir die deel.
2 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud


Hiroshima
sjoe Neels jy het hierdie jammerlike hartseer gebeure baie goed nagevors en baie mooi vir ons kom vertel. Was baie interessant gewees om te lees, en ja ek bid met my hele hart dat so n ramp nooit weer die mensdom sal tref nie
2 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


Hirosjima
Goeie navorsing gedoen. Dankie Neels.
2 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Hiroshima
Goeie terug blik

Thanks
2 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


Hiroshima
Oorlog en terreur is seker nooit geregverdig nie , alhoewel ons reeds lees daarvan in die Bybelse tyd.. Soos die tye verander het, het die wapens net meer dodelik en vernietigend met vreeslike na-oorlogse gevolge vir die mense van die lande betrokke nog lank daarna soos wat jy beskryf... Dit is egter seker maar 'n simplistiese beskouiing van oorlog wat ek het.. Dankie Neels, interessant om die feite van die geskiedenis weer te lees.. Dit was eintlik angswekkende gebeurtenisse! Ek hou van die ope vraag by die slot...
2 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar