Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Wen is nie alles nie, dit is die enigste ding,” is 'n bekende gesegde, veral in die sportwêreld. Dit word toegeskryf aan die UCLA voetbal-afrigter, Henry Russell ("Red") Sanders. Blykbaar het hy hierdie woorde die eerste maal gedurende 1950 in ‘n toespraak by ‘n sportwerkswinkel gebruik.

Hierdie Credo staan egter lynreg teenoor die bekende sentiment gelug deur sportjoernalis, Grantland Rice: "Wen of verloor maak nie saak nie, maar jou deelname is belangrik.” Die Moderne Olimpiese leuse uitgedruk deur Pierre de Coubertin vind aanklank daarby en lui as volg: "Die belangrikste ding is nie om te wen nie, maar om deel te neem aan die Spele."

Vince Lombardi, ‘n Amerikaanse voetbal-afrigter, se woorde, “Om te wen is nie alles nie, maar die wil om te wen is,” het ook bekendheid verwerf en word deesdae veral gereeld in selfhelp seminare en motiveringstoesprake gebruik.

Watter kwaliteite onderskei ‘n wenner van nie-wenners?

Pat Williams, senior vise-president van die NBA, asook outeur van 38 boeke oor menslike gedrag en verwante onderwerpe stel dat wenners in enige veld denkbaar oor die volgende tien kwaliteite beskik:

1 Jy moet kan droom: Stel jou droom en visualiseer die uitkoms.

2 Voorbereiding: Voldoende voorbereiding lei tot selfvertroue.

3 Fokus: Skenk jou volle aandag aan die verwesenliking van jou droom.

4 Passie: Plaas al jou energie in wat jy doen en geniet dit.

5 Harde werk: Wat dit ook al mag wees wat jy doen, werk hard daaraan.

6 Neem verantwoordelikheid: Ontleed jou besluite en moenie foute ontken nie.

7 Spesifieke Doelstellings: Korttermyn doelstellings op ‘n tydlyn lei tot meer selfdissipline.

8 Deursettingsvermoë: Moenie moedeloos word nie, hou aan.

9 Hanteer terugslae: Leer van jou foute en word meer wys.

10 Positiewe houding: Jy kan kies of jy die dag positief of negatief gaan aandurf. Kies positief.

Hierdie kwaliteite kan op enige vlak van die lewe toegepas word en elkeen van ons het ons eie droom wat ons graag sal wil verwesenlik; miskien is dit om ‘n boek te skryf, om jou eie digbundel te publiseer, die beste ouer te wees, die baas van jou eie besigheid te wees, selfs om gelukkig te wees met wat jy het of om die beste mens te kan wees waartoe jy in staat is.

Is ons almal aan die einde van die dag nie maar in kompetisie met onsself nie?

Is jý ‘n wenner?
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wenner
Werklik goeie woorde...
7 jaar 8 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


om te wen?
Dankie vir 'n goeie en interessante artikel.

En ja, Elise, goed gesê.
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


Elise
Werklik waar woorde wat jy daar praat!
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


Wenner
Om te wil wen, is 'n inherente deel van menswees. Reeds by konsepsie is dit die spermpie wat die vinnigste swem wat 'wen'. Kinders dink speletjies uit waar daar altyd 'n wenner is. MAAR die wendoel heilig nie die middele nie. As jy wen deur deur oneerlik te wees, jou medemens te benadeel, ens., is jy 'n verloorder. Jy verloor integriteit en selfrespek. Jy verloor sielerus. Om 'n wenner te wees, is om jou kanse te benut, jou beste te lewer en altyd bo verdenking op te tree.
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 8 ure oud



WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar