Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Meer as dertig jaar gelede al het ek na Duitsland(-Wes) gekom en was verbaas op watter manier elke Bewoner deur 'n fyngeweefde sosiale net opgevang word, tja, opgevang kon word! Dit was vervrissend en vreugdevol om te weet dat die volksverteenwoordigers minstens híér hul naam verdien het: Hulle het waarskynlik die modernste progressiefste grondwet en het dit ten gunste van die swakste lede van die geselskap opreggehou. Arbeid­- of klasstryd, soos ons in die nuus uit Engeland en Frankryk gehoor het, brutale oor-lyke-loop soos in verenigde Amerika het in hierdie land nie plaasgevind nie. In vergelyking was alles hier (aldus alles wat deurgesypel het) soos hemel op aarde. Sonder twyfel was daar rykes en mense met 'n goeie opvoeding; sonder twyfel was daar werkloses, luies en misdadigers, ook regime-teenstanders. Op alle geselskapsvlakke kon mens speur dat die geesdrif in die eerste instansie vir nuwes en positiewes gegeld, en dat vernietigende invloede meesten­deels ontbreek het. Selfs buitelanders  studente én trekarbeiders  kon soos die in­heem­se burgers van die gesondheidsdiens gebruik maak as hulle in die sisteem inbetaal het.

.

     Een vn die politieke groeperinge (partye) het sy naam van sy religieuse Verlosser gekry, ene het verklaar dat hy die geselskap, die sosialiteit verplig was, nog ene het gemik na die vryheid van die enkeling, almal het hulself mens genoem wat verplig was om die volk, demos, te dien. (Christelik-Demokratiese Unie, Sosiaal-Demokratiese Party, Vrye Demokratiese Party) Die geeste van die Torah-onderwysers, van die dissipels, van die volgelinge van die Profeet... sekerlik het hulle almal 'n vreugdevolle rondedans om stralende Vader Abraham gedans! Soveel eise uit die heilige boeke wat die Een God loof in een enkele aardse wetsboek! En dit in 'n land waar die mense glad nie so godsdienstig skyn nie!

      Natuurlik was daar voorskrifte en ek het gewonder hoekom die inwoners daaroor so ontsteld was. Natuurlik het ons van die terreurgroep Baader-Meinhof (RAF) gehoor, van politiek- en ekonomie-bedrog, van verbode partye, en ons het woorde geleer soos skuldig-­nalatig, opsetlik, wederstrewig, aanmatigend, kullery ensovoort. (Dit kry jy oral.) Ons het gesien dat politiiese misdadigers uit die vorafgaande diktatuur in hegtenis geneem en in veilige bewaring onskadelik gemaak is. Geen doodstraf nie, geen  van ons sigbare  korrupsie nie, ofskoon ervarenes „geweet het” dat daar tognog soiets was („hulle in die hoë posisies mos...”), maar belééf het dit niemand uit my sirkel nie: Hoe móés die engele om Ibrahim gejuig het!

.

In verloop van jare het dit anders geword. Of het ons fynvoeliger geword? Het ons geleer om die taal  en die sprekers  beter te verstaan? Het ons meer geskiedenis en meer uit die politiek-van-die-dag geleer? In iedergeval vergelyk ek, ongeveer drie dekades daarna, die warneming van destyds en nou, en ek speur, iets ontbreek: Nee, nie versiering, bywerk nie  dit mangel aan substansiëles, wat moontlikerwys uitgeruil is. In die geheim, soos ek meen. Die vraag ontstaan, of belasting nog altyd soos orspronklik bedoel aangewend word? Of die stemburger bewus 'n nuwe rigting wil inslaan? Reeds ingeslaan het? Of al die goeie voornemens van dertig jaar gelede vergeet is, hulle geldigheid verloor het? Miskien het 'n manipulasie van die kiesers  en die belastingbetalers  ingesluip en word nou met mening vooraangedryf?

      Nou moet ek my self vra: Het ek bietjie oordryf?

      Wat het uit die (deur my) veel-bewonderde „sosiaalstaat” geword? Verandering van geloof na die groot god van die vry-(of ope-)-mark-ekonomie? Beslis nie alles is goed wat met sterre en strepe pronk nie: In wie se naam regeer die president van die VSA? Die stemlose „f(piep) nigs” in die ghetto-distrik van Miami? Of die lobbies van die groot besighede? Ons mag bloots nie alles voor die voete van hierdie goue god lê nie.

      Ons mag veral nie daardie sosiale iets van ons daaglikse lewe prysgee nie, nie die moeite, die belastingsgeld van ons voorvare nie, die offers wat hulle gebring het, hulle belegging in die toekoms. Soos hulle, moet ons duidelik weet, dis ons geselsksp, ons wat mense is, nie die juristiese persone, wil sê die multinasionale geldmag nie.

.

Dit moet klaar wees dat daar volkseiendom is waarvan ons nie ontslae mag raak nie. Ons voorgangers  in alle state van die wêreld  het hard gewerk om byvoorbeeld verkers- en kommunikasiemoontlikhede te verskaf, soos paaie-netwerk, spoorweg, pos- en telegraaf­diens, in die volle bewussyn wat dit beteken om die oes van die verst-afgeleë bergdorpie na die stad te bring, die dokter of brandweer te haal nog voor die ramp kan plaasvind. Untelbaar duisend kilometer kabel is oor milljoene staanders gespan om die tele­kommunikasie tot in die buitenste plaasopstal te bring. Daartoe nog krag en water en gas en gesondheid-versorging,... Met die sweet- en geldoffer van die burgers. Om dit nou aan wie-weet-watse geldhaaie te verkoop?

      So is dit met die verskillendste eiendomme van die republiek, die Lande (provinsies) en die gemeentes, soos byvoorbeeld grond en die geboue daarop (sport- en speelsaal, munisipale kantoor, waterwerk, motorwegroete,...) of geskenktes en geërftes (kasteel, biblioteek, die klavier in die Adenauer- of Tucholski-saal,...): Die goeters is die eiendom van geen regering, geen party, geen dorf-elíte nie, maar van die volk; die owerhede oefen 'n volmag uit, en moet hierdie eiendom ewe in die naam van die volk daarop oppas, nie verkrag of verkwansel nie.

      So ook met die geestige besit van die volk: Die Staat (die gemeente, ens.) het die plig en sou ook die wil hê om kuns-, geloofs-, filosofiese, sosiokulturele en opvoedkundige strewes te ondersteun: Museums, dws hul versameling, teaters, dws hul opvoering, skole en universiteite, dws hul leeropdrag en navorsingsopgawes, gesondheids- en sosiale dienste, dws dat hulle mense in nood  ons medemense  beskerm en ondersteun.

      Waarskynlik kom niemand op die briljante gedagte om die wapendraers van ons oorlogsministerium of die hoeder van wet en orde en die owerheid se sprekers wat verant­woordelik is vir wet en geregtigheid aan die hoogste aanbieder te smous nie. („Farming out” sê die Amerikaner, uitverkoop is dit hier én daar.) Of dog? 'n Paar voorbeelde miskien? Pantser aan Hanomag, lugmag aan Delta Air, sisteme aan Sony, hooggeregshof aan Becks se uitgewery vir wets- en geregsteksboeke, honde-eenheid aan Purena. Dit gaan te ver omdat ons nie ons sekerheid in die hand van teenwoordigers van die geldwese, wat op gewin uitgerig is, wil gee nie. Juis hier het ons ander waardes. Het ons by die orige opruiming ook nie ander waardes nie? Minstens moet daar 'n oorsig en die moontlikheid om in te tree, behoue bly in die geval van minimum-standaarde, menswaardige behandeling van medewerkers en ander onreëlmatighede. Sodat die klein mannetjie of vroutjie nie bedrieg wird nie!

.

In die duitse wetgewing is dar die begrip subsidiariteit (subvensionering?), waarby die staat nicht alle opgawes uitvoer, maar einiges daarvan, byvoorbeeld in die sosiaalhulp-sektor, aan verenigings en institute afgee. Die inrigtings (vir wie die opgawe 'n harts­aangeleentheid is) het strenge riglyne wat hulle moet bevolg; sodoende word gesorg dat die kleinste van die klein burgers  „die swakste skakel”  níe tekort kom, nie bedrieg word nie. Dit maak die werk van die medewerkers in die verskillende inrigtings moeiliker, maar dit gee die betrokkenes en hul verwante 'n gevoel van sekuriteit, want hulle speur dat 'n besonders hoë vlak in die omgang met minder-bemiddeldes aangestreef word. (Daarby lê die medewerkers in sulke inrigtings sekerlik die meeste „interesse” aan die dag.)

      Hierdie beginsel kan op ander terreine aangewend word: Bv. Motorweë afstaan aan verenigings vir wie die verkeersvloei „hartsaangeleentheid” is. (Waarskynlik sal so 'n vereniging se lede uit  motorklubs, langafstand-bestuurder-unie, distriksowerhede, munisipaliteite, verenigings vir die pleeg van die omgewing, asook waarskynlik motorfabrikante, motorband- en olie-firmas, ens... bestaan.) Die spoorweë het roetes wat deur die provinsie- of distriks­owerhede asook privaat behartig word; hulle kan as voorbeeld vooruitstap  as en wanneer hulle die opdrag ontvang, en sal dus nie (weens die aandeelhouers?) daarteen streef nie.

      Al die skole wat privaat of „vry” gedra word (wat alte dikwels goedkoper gebou is en doeltreffender as die staatskole bestuur word) het as riglyn die idee van 'n geëerde pedagoge of filosoof, nie die aandeelwaarde van 'n sponsor nie: Die ouers en onderwysers van 'n staatsskool is al daar en is alreeds die eerste rye van die lede van 'n vereniging wat bestaan uit interesseerdes (in teenstelling teen „interessente”). Hulle is geïntereseerd in die opvoeding en bevordering van hulle kinders, ons toekomsdraers.

      Oraloor word sponsors (vroeër bevorderers of beskermers) in opvoedkundige samehang gesoek; dit mag nie wees dat een-of-ander firma op die pedagogiek, die leerplan, die geestige rigting van 'n opvoedkundige inrigting invloed uitoefen nie. (In die sestigerjare het dit bekend geword dat navorsingafdelings aan amerikaanse universiteite skielik finansieel uitgedroog het want die NASA byvoorbeeld na die ontdekking van 'n besondere beskermende laag vir hul rakete dadelik die geldkraan toegedrai het.) Opvoed­kundige inrigtings op alle vlakke kan as vereniging of gemeenskaplike maat­skappy registreer word. Daar is reeds privates waar die nuwelinge kan gaan vra, hoe so 'n vereniging kan lyk of werk; hulle kan ook raad by inrigtings vir sosiale hulp haal. Waar­skynlik sal die kommunikasie vir altwee kante waardevol wees: Die oprigting van nuwe sake bring dikwels die beroemde vars wind saam.

.

Daar sou konkrete planne bestaan waarby bankrotte stede en state in die Derde Wêreld deur firmas wat dienste aanbied, oorneem word, wat dan op eie rekenskap die gemeenskap „op die voete” sou bring. In wie se guns, tot wie se skade? Met watse metodes en opdragte? Ons neem aan dat die demokratiese vorms waarskynlik buite krag geset word. Op hul plek gaan mark-oriënteerde firma-riglyne geld. Moet ons onaktief toeskou wat in die bananenrepublieke plaasvind, tot 'n duitse stad  miskien Berlyn  aan die beurt kom?

      As demokraties-gesonne burgers en belastingbetalers hulle nie beywer om die voordele van die duitse, ja europese sosiaalstaat te erken, aan te erken en te verdedig nie, gaan ons voor die voete van die „amerikaanse” mammon uitgegooi word. En Afrika. En sovoort en sovoort en sovoort...

      Die amerikaanse(!) idee van „checks and balances”, waarby president, kongres en senaat mekaar nie kan kul nie, is iets wat ander state, saam met die reeds aangesproke subsidiariteit in die praksis graag sou moet oorneem. Hoe dit deurgevoer word hang af van die gesinning van die deelnemers. In ons samehang: Verteenwoordigers van die staat en interesseerdes of dit nou kerkmens, ekonoom, wetenskaplike, omgewingsbeskermer of watokal.

      Hier gaan dit geheel-en-al nie om wat ekonomiese spaarsaamheid genoem word nie, liewer daarom dat die staat as trustee van ons gemeensame eiendom sy opgawes nakom. Dit het nog nie bekend geword dat lede van die leiersklas  goue katels gekoop het om uit ons geld ryk te word nie, maar hoe sou dit lyk wanneer ons gekore politici en veredigte amptenare na die uitverkoop niks meer het om te administreer het nie? (Sou hulle ons wou „administreer?)

.

Die volksverteenwoordigers moet die volk verteenwoordig, dit wil sê: In sy naam, tot sy guns opgawes oorneem, as dit nodig mag wees opgawes wat nie ekonomies winsgewend is nie. Spoorweg, poskantoor, leer, gesondheidsdiens of justisie hoef nie te loon nie, in laasgenoemde geval is die gedagte jawel walglik.

      Die farmaseutiese bedryf dien die mense, alle mense, die mensheid dus, en durf die mense nie onderwerp nie! Dis uiters onmoralies (en behoort onder die huidige omstandig­hede wetlik/regtelik gereël te word) wanneer noodwendige geneesmiddels nie vir almal oral beskikbaar is nie. Is hulle nie almal nood-afwendend nie? Dis 'n verdoemende getuienis van ons „wêreldbeskawing” wanneer internasionaal-handelende farma-konserne met miljaarde op die bank hul hulp aan doodsiekes weier omdat die aandeelhouers daarby geen dividende „verdien” nie! In 'n geselskapsorde wat op die mense  in teenstelling met juristiese persone  afgestem is, moet dit duidelik en eenduidig wees dat die chemiese bedrywe diensbetoond moet wees, en nie winsgierige aandelebeurshaie is nie.

      Hy wat by 'n sosiale diens betrokke is, kan uit die staanspoor geen hoë loon verwag nie, ook geen loof nie! Dit weet die verpleegsters, polisie  manne en vroue , medewerkers in inrigtings vir gestremdehulp, ook lorriedrywers op die lang pad,... Wie aan die firmas van die pos, telekommunikasie, spoorweg, gesondheid, landsverdediging ensovoorts deur aandelekoop deelneem, het niks met finansiële dividende uit te waai nie. Vir hom is dit „sake van die hart”. Die wins sien hy in die ordentlike afloop van „sy” bedryf, waarby daar geen ops en afs op die aandelemark kan wees nie: Geen paniekverkoopsaksies, geen profyt deur regtydige aanskaf en loslaat, geen opgaar van spektakulêre rykdomme nie. Dis die puntlikheid van die treine, nie die aantreklik geverfde loks nie, dis die betroubaarheid van die leweransies en die behandeling, nie die dienspersoneel se modieuse drag, of die duur woonkamermeubels in die baas se kantoor, wat in die wêreld van dienslewering tel.

      Die ekonomiese sektor kan soiets nie doen nie. Die diensleweransier moet kan. Die finansies-mens sê eenduidig dat die belêer op die firma moet kan vertrou, as hy daartoe beweeg gaan woord om aandele te koop. Hy is dus nie bereid of in stand om geldverliese te verdra nie. Die staat en ander mense of inrigtings wat sosiale dienste lewer moet daartoe bereid wees  weens die vertroue, mos. Europeërs moet die vry mark-ekonomie so goed beheers dat dit nie die oorhand in die sosiale gebeure kry en daardeur die geselskap verkneg nie.

      Daar is ons weer by die „kleine man”, die swakste skakel in die ketting. En daar is ons weer by die volksverteenwoordigers wat hul mandaat uitvoer wanneer hulle hom, die kleine, daardeur verteenwoordig en beskut.

      Dan hoef arme Abraham nie meer sy hare uit sy kop te trek nie.

©.2016.................................................................................................30 Juni '02 tje

[Hierdie stuk het ek al dertien jare gelede geskryf, en soos ek dit sien, is hy nog altyd aktueel. Miskien meer as ooit!]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kanker
Die volgende vraag is, of hierdie ,kanker' so dikwels opkom, en of dit so 'n ,landplaag' of epidemie is, soos wat uitgemaak word. Miskien is die kanker in die verbeelding van die geldhaaie.
GvT
1 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


Hoe..
Uiters interessant en insiggewend!

"..Dis 'n verdoemende getuienis van ons „wêreldbeskawing” wanneer internasionaal-handelende farma-konserne met miljaarde op die bank hul hulp aan doodsiekes weier omdat die aandeelhouers daarby geen dividende „verdien” nie!"

Baie, baie waar! Dis waarom daar nie 'n kuur vir kanker gevind sal word nie - daar is te veel geld by betrokke! I

1 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Insiggewend
Interessante leesstof Toom. Ek wonder of mens die geldgierigheid sal kan aan bande lê voor dit die hele sisteem vernietig.
1 jaar 7 maande 4 weke oud


my respons


Toom, jou lewensuitkyk en filosofie en eerlikheid,
is kerngesond gebaseer op SIN van WAARDES,
en dit is die 3e Wêreld se NWO-probleem.

Al vertaal ek jou diskoers perfek in ander tale,
sal die Politici en Teologie en Ekonomie,
geen begrip verstaan van die Moraliteit nie,
want DEMOKRASIE het die gepeupel,
die Mag gegee om Wet te maak,
om alle Sedelike Normes te plunder en te vernietig:

*aborsie maak lewendes morsdood
*promiskuïteit maak genetiese-besoedeling
*onbekwaamheid maak energie waardeloos
*destruksie van die natuur is die aanklag,
teen die Rein Volk die Adam:

"Jy het jou plig versuim!"
. . . . jy is nie waardig om MY nuwe Aarde te erf nie!

. . . . dit blyk dat slegs 15% van die NWO,
is Nordies en die res is Hibried-Homo
met skaamtelose eise vir regte onverdiend!

. . . . dis tragies ironies kommerwekkend,
dat die twee Verbode Kreature:
Godekinders en Vroue,
die finale mag in hande het om die
sosiale strukture soos jy duidelik uiteengesit het,
met die Kernkrag en Kerkkrag te verpletter:

. . . . met die 1e Plaag word 2000 miljoen uitgeroei
. . . . met die 2e Plaag 'n verdere 2000 miljoen
. . . . met die 3e Plaag die res;

alles deur die druk van 'n knoppie,
wat uit die sateliet alles verdelg:

Op_6:14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word,
en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
En die groot stad is in drie dele verdeel,
en die stede van die nasies het geval Op_16:19
Daarom verteer die vloek die aarde
en moet sy bewoners boet;
daarom word die bewoners van die aarde
deur ‘n gloed verteer
en bly daar min mense oor Jes_24:6

. . . . hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
. . . . o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!
. . . . omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!
. . . . Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het,
deur haar kostelike skatte ryk geword het;
want dit is in een uur verwoes!

Net gister, hoor ek op radio;

dat 65 manne, 50% van alle rykdom besit,
en ek wonder: "Wat beteken al die goud en geld en goed vir hulle,
as die drie groot plae van die Gepeupel die Aarde tref:
. . . . 'getriegher' deur Swart en Vroue?
Geweld, Hongersnood en Pes!
. . . . elke Vrou uit Huis is onder Satan se Mag,
. . . . elke Swart uit die Dienskneg uit is onder Satan se Mag.
Almal het lankal die Geskiedenis van Vervloeking vergeet;
. . . . tyd is verby;
nog net bietjie meer as drie- of miskien vier jaar bly oor,
en dit is nie genoeg om die Gepeupel bekwaam te maak,
met 'n sin van waardes nie!

Auf wedersehen mein Freund,
kann ich treffe Sie am letzten Tag?
1 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


lees
Toom ek dink lmal het in hulle harte afskeid geneem van Woes. Dankie vir hierdie uiters boeiende bydrae
1 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Oak Seed

    deur Rachelle du Bois

    Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar