Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met hierdie Artikel wil ek net Afrikaanse terme uitspel en sodoende al ons honde liefhebbers bietjie inlig.

Ek stel dit kategories: Die lelikste woord in Afrikaans is ‘Voertsek!’
Ek weet nie wie hierdie lelike, betekenislose woord, uitgedink het nie.
Honde is slim. Hulle wil jou graag gelukkig maak. Hulle wil net verstaan wat dit is wat jy verlang. Dit is jou plig om die hond te leer. Enige hond kan maklik vanaf agt weke ouderdom begin met lesse.
Enige hond kan van enige ouderdom af geleer word. Liefde en geduld is die enigste vereiste
Onthou asseblief, net soos klein kinders, kan ’n hond net vir ’n paar minute regtig konsentreer. Maksimum 10 minute, dan moet hy eers gaan ontspan.
Leer hom net een bevel op ’n keer totdat hy verstaan. Dit is ongeveer twee dae. Indien hy goed verstaan, kan jy na die volgende bevel oorgaan.

Internasionaal, is in honde hantering en opleiding net ’n paar woorde.
Die hond sien jou as ʼn boom met takke. Twee takke. Jou Regter hand en jou Linker hand.
Linker hand is die mooi hand. Vryf, streel, gee kos, prys, alles wat mooi is, altyd met die linkerhand.
Regterhand is die tug hand. Wys met die vinger/hand en die tug woord is: ‘Foei’. Niks anders nie. Nie nee, moenie of enige ander woord of handeling, veral fisies soos slaan, nie.
Net: “Foei” en die hand gebaar.
In honde taal is dit ʼn baie lelike woord en hy hou nie daarvan nie.
Opleiding:
Gereedskap is ʼn nek ketting. Nie band of enigiets nie. Die ketting met die twee ringetjies. Klein een aan die begin en indien dit ʼn groot hond gaan word, is daar groter kettings vir later in sy groei proses.
Dan, die leiband met die sluit knippie. Jou trek aan die ketting sal die hond leer om te gehoorsaam.
Honde bevele.
Hier: Die roep vir die hond. Nie, kom, fluit of enigiets anders nie. Sy naam en “HIER”. Hy moet vanaf baie klein, geleer word om aan jou linker sy te kom plaasneem.
Stap, sit, staan, of lê, die hond is altyd aan jou linkerkant.
Sit: Druk op sy boud en hy sal verstaan.
Lê: Druk op sy lyf en hy sal vir altyd die bevel verstaan
Staan: Hy sal bly staan net daar waar hy is.
Vooruit: Hy sal vooruit gaan totdat jy beveel: “Staan”.
Net daar waar hy is, kan jy hom laat lê, sit of met; “Hier”, laat terugkom.
Ontlas: ʼn Geleerde hond maak nie derm leeg op enige plek nie. Jy sal baie gou sien hy het behoefte. Sy rond hardloop, ruik, snuif en soek, sal wys. Leer hom waar is die plek en beveel: “Ontlas”.
Soek: Hier gaan ek bietjie stil staan.
Sekerheidshonde word elk vir net een ding opgelei. Sy slaapkussing word gestop of gesmeer met die reuk van dit waarvoor hy opgelei moet word. Dus is dit sy slaap kussing wat hy ruik en dink dit is hier iewers.
Hy weet nie van onwettige dwelms en goed nie.
By Goud ruik hy die suur waarin goud behandel word.
’n Hond kan ’n lyk diep onder die water ruik. Waterstroom, bring die reuk na bo en die hond sal die boot stroom op wys tot waar die reuk die meeste is. Daar sal hy uitwys.
Só kan jy dus sy liefling bal of speelding wegsteek en op die bevel: “Soek”, sal hy dit gaan uitwys. Daar word die bevel: “Lê” dan ook in geoefen.
Ek het een woord bygevoeg: “Slaap”.
Die buur honde blaf soms uit irritasie, honger, koue of een of ander probleem.
Let wel, geen hond blaf vir sy stert nie. Die dier het ’n probleem, klaar.
My honde word geïrriteer en aangesteek en die woord; “Slaap” sal hom laat stilbly en terug in sy kas klim.
Die opleiding hier bo, is die ‘gehoorsaamheid’ deel. Daar is die volgende een, met bykomende aksies en bevele, die ‘aanvals’ opleiding.
Gun my nog ’n paar woorde asseblief.
Opgeleide honde is duur. Jy hoef dit nie te betaal nie. Opleiding is prettig en absoluut verreikend. Jy kan nog ’n paar - ’n hele paar - Rande ook daarmee verdien.
Dit is so maklik soos hier bo genoem.
Gun my om gou te vertel.
Ek lei honde op saam met hulle eienaars. Die motortjie stop en die man klim uit. Ek sien twee honde binne die motor. ’n Groot Dobermann en ’n klein wit wolhaar enetjie met ’n blou strikkie.
“Middag oom, my naam is Koos.”
“Middag Koos.”
“Oom ek wil die twee honde oplei, wat sal dit kos en hoe lank sal dit neem?”
“Koos, ek doen dit net Saterdae, en dit neem, indien jy jou huiswerk doen, sowat vier Saterdae per hond.”
“Oom, ek het nie tyd nie, ek is ’n Mediese Dokter maar doen my militêre opleiding hier in Potch. Ek het een maand oor en ek wil graag al twee saam doen voordat ek terug gaan Vryheid in Natal toe.”

Om ’n lang storie kort te maak.
Ek het ’n demonstrasie hond. Met die handleiding in sy hand, kyk hy terwyl ek die hond deur die passies vat. Hy betaal my en met die handleiding is hy weg.
“Ek sal oom bel as ek kom, baie dankie oom.”
Ek kyk hom agterna terwyl hy uit ry en ek dink:
Hierdie is ’n moeilike een. Ek weet nie watter hond gaan vir wat luister nie. Hy sal in elk geval net een hond kan bring vir klas. Die ander een gaan mos nie soet sit in die kar en wag terwyl die maatjie buite speel nie.

Presies twee weke later skakel hy:
“Middag oom, dit is Koos, ek wil net die honde vir oom kom wys.”
“Jy kan maar kom Koos, jy is welkom.”
Ek het my bedenkinge maar as ’n positiewe mens verwag ek enige iets.
Koos arriveer, stop en klim uit, hy maak nie die motor se deur toe nie. Die honde sit langs mekaar op die agter sitplek. Die ou groot Dobermann sit gebukkend.
“Middag oom, waar kan ek vir oom wys?”
“Koos, hier is te veel mense met hulle honde besig, ons gaan sommer voortuin toe. Jy kan ry tot daar en dan een vir een vir my wys.”
“Dankie oom, ons stap sommer.”
Met die, draai hy na die honde, roep een-een se naam en “Hier”
Holler ste bolder spring hulle uit die kar en sluit by Koos se regterkant, mooi netjies langs mekaar, aan en stap soos soldate in gelid.
By die voorstoep gee ek Koos geleentheid. Die geleentheid wat ek graag wil sien.
“Kap dit uit Koos, doen jou ding?”

Hy stuur die honde een-een ‘vooruit’, ‘staan’, ‘sit’, lê en ‘hier’.
Hy gaan deur die hele ritueel. Tesame en apart.
Hy laat staan my verstom.
“Kom Koos, ek gaan skryf jou sertifikate.”

Dit is wat die sirkus mense doen, met die verskil waarmee ons nie saam stem nie, hulle gee die dier elke keer ’n beloning. Ietsie in die bek. Dit is verkeerd.
Al wat jy mag doen is:
“Mooi, Rex.”
“Mooi Trixie.”

Ek vra askuus, my kop rol. Gun my asseblief net hierdie laaste storie.
Laaste, ’n wrede maar noodsaaklike deel van opleiding. Indien jy sensitief is, stop en blaai weg.
Ta-ta...

Groot en aggressiewe honde moet eers ‘ingebreek’ word. ’n Tien meter leiband word gebruik. Dit is waaragtig nie ʼn aangename proses nie.
Alle omstanders word weg gestuur en die huisbewoners gaan binne huis.

Ek kry ’n oproep:
“Meneer, my naam is Gert. Die Gereg wil my hond laat uitsit. Die hond is aggressief en het al mense gebyt.”
“ Bring die hond Gert, laat ons kyk.”
Die motor kom in. Ek sien. Ek verstaan en weet, hier is ’n probleem.
Op die motor se dak sien ek ’n opgevoude rystoel, vasgemaak. Die vrou bestuur die motor.
Ek sien agter in die motor so ’n massiewe brundel, (Briekwa, in Afrikaans) Boerboel kruising. Die hond raak wild toe ek nader kom. Sy oë vlam bloedrooi en die geel tande is iets verskrikliks.
Die vrou klim uit, haal die rystoel van die dak af en help die man in die stoel.
“Vertel my jou storie, Gert.”
“Oom, ek het ’n garage met ’n onder dele verkoop afdeling in Fochville. Die hond is saam met my agter die toonbank, maar spring soms bo-oor en gryp ’n kliënt. Ek kan hom nie hanteer nie.”
“Gert, dit is as gevolg van jou gebrek. Die hond sien jou hopelose toestand en dit is bloot, van wee sy natuurlike beskermings drang, dat hy so optree.”
“Sal oom probeer asseblief.”
“Gert, die hond moet hier bly. Ek moet hom eers mak kry en oplei en dan julle twee saam oplei. Ek twyfel. Die hond sien en sal altyd teenoor jou beskermend wees. Ek sal probeer.”
Met groot moeite is die wilde dier uit die motor gekry. Die vrou het die ketting om sy nek gekry en die kort leiband vas geknip. Met sleep en verwurg het ek die dier in ’n hok gekry en sy verwoeste, waansinnige, kwaad hanteer toe hy sien sy kreupel baas ry weg.

Stap een was uithonger en dors. Met my liefde het hy kos en water later geneem.
Van die leiband wou hy niks weet nie.
Stap twee was die lang leiband, die Vaderlands Wilger se hoë tak, ophys aan die nek, en verwurg tot sy tong uithang en oë omdop.
Hy het vinnig agtergekom dat teëstand nie betaal nie.
Ontsettende liefde, geduld en tyd het gewen.
Een volle maand van pyn, lyding, straf en liefde vir beide van ons het verby gesloer.
Liefde het oorwin.
Ek en die magtige dier het maats geword. Hy het nogal Mentadent tandepasta verkies.
Gert het opgedaag vir sy opleiding saam met die demonstrasie hond. Ek het Bruno, buite sig en hoor, in ’n ander hok gesit. Na ’n paar uur, was Gert bekwaam en het die instruksies onder die knie.
Ek loop haal Bruno. ’n Hond vergeet nie maklik nie. Hy het vir Gert bestorm en nat gelek van blydskap. Ek het Gert voorberei en Bruno was verbaas geskok toe Gert se sterk stem die bevele uit blaf.
“Bruno sit.”

Dit het bietjie meer tyd geneem maar Bruno was alte bly om Gert se stem te hoor en Gert te behaag.
Ek was twyfelend tevrede.
Gert is weg nadat ek vir Bruno ʼn afskeid drukkie gegee het.

Twee dae. Net twee dae later bel Gert:
“Oom Willie, Bruno se kop het weer uitgehaak en ek word aangekla.”
“Gert, ek kom haal hom dadelik. Jy kan maar getuig dat jy hom laat uitsit het.”
Ek weet, Gert se probleem is sy gebrek. Enige hond sien dit en verstaan, sy baas is hulpeloos. Hy sal altyd moeilikheid met ’n groot sterk hond kry. Ek het ’n kleiner soort hond aanbeveel.

Ek en Bruno is terug plot toe. Ons twee se lewe saam is ’n boek vol.
Ek het eendag dorp toe gery. Met my terugkoms het Bruno voor my kantoor se deur gelê.
Hy wou my groet maar ek was te lank weg.
Sy kyk, sy lewelose kyk en wete, het bly kyk of ek nie maar wil kom groet nie.
Ek het my lip vasgebyt , ’n kragwoord geuiter en op sy koue liggaam neergeval.
Dit was laat ’n Maart maand. Die rinkhalse loop vóór hulle Winter slaap.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Honde
Dis 'n baie mooi rubriek. Die arme Bruno,dit moes jou hart gebreek het!
8 jaar 2 maande 3 weke 20 ure oud


Snik
Dit is so ontsettend hartseer om 'n dier so te verloor. Ek dink dis omdat diere so opreg alles gee dat hulle so in ons harte inkruip. Dankie vir al die inligting.
8 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


Honde
Arme arme Bruno! Baie goeie rubriek hierdie!!!
8 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Louis du Plessis
Louis du Plessis
Honde opleiding
Oom Willie.

Ek en my hele gesin is seker van die grootste diere liefhebbers wat daar is. Honde (en ook ander diere) is ook deel van ons daaglikse lewe en die artikel was puik. Die belangrikste seker is die "geduld" en toewyding. Ek het egter een vraag. Ek is geleer dat die hond altyd aan die linkerkant loop en die leiband word in die regterhand gehou. Nou lees ek dis andersom. Kan Oom asb vir my bietjie meer inlig oor hoekom ons andersom werk. Die man wat my geleer het (Dr Strydom) se veduideliking was dat die regterhand beheer nog steeds die hond en voer die gesag uit. Die linkerhand wat die prys hand is, is reg langs die hond en kan hom sodoende maklik vryf ens as hy goed doen. Nou hoe nou. Oom kan my e-pos as dit meer gerieflik is. Mag die dag voorspoedig en geseënd wees.
jldup@yahoo.com
8 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Honde...
Oom Willie, 'n baie insiggewende stuk met die mooi en hartseer kinkel....Maar regtig insiggewend...Ek glo baie sal hieruit iets te leer kry...
8 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud



Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar