Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op ‘n vraag het Prof. Ian Raper eens gesê dat ‘n gedig selfs ‘n enkele woord kan wees. Ek het al telke male aan daardie opmerking bly dink. Iemand op Woes het al op Cavatinas en Persiese kwatryne aan my gevra wanneer ek weer ‘n behoorlike vollengte gedig gaan skryf? So asof ‘n korter gedig nie as ‘n gedig beskou kan word nie.

Menigte van my gedigte is baie lank en selfs in die sestig getikte bladsye (as ‘n drama of van die Epiese gedigte) maar ek meen dat mens perfeksie in slegs ‘n enkele versreël, in ‘n koeplet, of ‘n enkele kwatryn kan vind en dat mens dit dan ‘n gedig kan noem.

Die digter self is bepalend tot die lengte van ‘n gedig. Die groot digter N.P. van Wyk Louw het gesê: “Kom ons kyk na ‘n gedig nou dat dit geskryf is.”

Dis duidelik vir enige digter dat woorde ‘n eie prag, ritme en betekenis dra. Sodra mens ‘n gedig tot ‘n spesifieke lengte of styl of soort wil beperk, breek jy kreatiwiteit in die nerf af en word gedigte geformuleer volgens ‘n bepaalde formule en nie vryheid gegee om self te ontstaan soos wat die digter wil nie.


Hier is ‘n klompie korter gedigte van my:


Flikkerend brand ‘n kersvlam (cavatina)

Flikkerend brand ‘n kersvlam trek strepe
as jy ontwaak,
daar is patrone en donker vorms wat dit
op die muur maak,
jou oë glim, daar is skielik ‘n glimlag
wat my aanraak
en jy lê soepel en sag teenaan my,
vir ewig sou ek roerloos, so kon bly.


Daar was ‘n soort eensaamheid (cavatina)

Daar was ‘n soort eensaamheid, gebrokenheid,
diep in jou oë,
‘n soeke na ‘n dieper betekenis
en diep bewoë
wou ek iets heilig en eerbaar aan jou bring,
my onvermoë
het my laat babbel toe jy nader kom,
met jou grootse skoonheid was ek verstom.



Jy het my hart binne gesypel

Jy het my hart binne gesypel,
vriende met my hande en lyf gemaak
en nou dat jy vir my bekend raak
is wat tussen ons is glad nie meer ‘n spel

want jy het deel van my geword.


As ek jou styf teen my vashou (Persiese / rubiyat kwatryn)

As ek jou styf teen my vashou
voel ek hoe diep jy my vertrou,
is ek bewus van jou hartklop,
is dit of elke oomblik iets dieper inhou.

‘n Perfekte oomblik (Persiese / rubiyat kwatryn)

Soms is jy van passie bewend,
is jou innerlike kern aan my bekend
wil ek dat niks of niemand
‘n perfekte oomblik skend.


Om jou bo alle dinge lief te hê

Om jou bo alle dinge lief te hê,
snags saam lepel te lê,
die skoonheid van jou lyf te sien
is ‘n Godgegewe gawe wat ek nie verdien.


Oomblikke wat draal en draal

Elke asem teug, elke hartklop van jou
is aan my bekend,
selfs hoe jy jou oor die bed uitstrek
in oomblikke wat draal en draal.


Buite waai ‘n wilde wind

Buite waai ‘n wilde woeste, wilde warm wind
maar in die diepte van jou arms het ek rus gevind


Soms

Soms word ek in die diepte van jou oë vasgevang.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gedigte
Ek is mos toe nou gled nie 'n digter nie, sukkel met die rympies en ritme, maar die was voorwaar lekker om die gedigte te lees.Sal jou weer opsoek.
7 jaar 3 maande 1 dag 12 ure oud


Korte
'n Man wou net die heelbeste digterse momente in sy taal vashou. Sy smal bundeltjie bevat toe ,'n dun stroompie woorde wat ondertoe deur 'n kaal wit landskap vloei'.
Seker is daar 'n waarheid daarin.
'n Ander waarheid is om deur 'n breed-gestrekte landskap langsaam te wy, te peusel, te knabber, te weerkou, te mymer, voort te gaan na 'n ruk. Te geniet.
Ek is ook vir kort, maar versink my nieteenstaande graag in langdurend.
Groetnis fanToom
7 jaar 4 maande 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar