Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was haar bydrae.
Emmerentia Furstenberg het hierdie resep ingestuur na Die Huisgenoot se Leefstyl afdeling.
Dit was nie lank gelede nie - so ongeveer 10 April verlede jaar (2014).
Haar rede was hierdie dis as bykos saam met ‘n braai of as ietsie te peusel in die yskas.
Emmerentia was egter onbewus dat iewers is daar ‘n alleen man en of ‘n bejaarde paartjie wat soms raadop is oor ‘iets te ete maak’

Ek is ‘n peuselman
Ek is ‘n lui man
(Daarom vat ek my girlfriend na die rivier toe – daar is muskiete.)
Ek geniet maklike geregte – peusel geregte

(kyk hoe skud my maag as ek lag!!).

Emmerentia sal nie omgee indien enige van julle ( wie dit nie alreeds ken nie) hierdie gereg ook saamslaan.
Aanmaak: 10 minute
Bak : 30 minute
Eet : Tot wanneer dit klaar is

Raait;
(Moenie skrik nie – dit is ‘n groot gereg en dit hou-en-hou-en-hou)
Loop nou mooi in my spoor –
      6 eiers
      250 ml (1 koppie) suiker
      125 ml (½ koppie) botter ( Original Rama is okei)
      250 ml (1 koppie) koekmeel
      5 ml ( 1 T/lepel) bakpoeier
      Knippie sout
      1 x 410 g –blik heelpit suiker mielies
Dis die lot - mooi uitgepak op die werksplek.

Nou start jy:

Voorverhit oond tot 190 grade C
Smeer ronde ( of enige) oondbak met deursnit van 23 cm en plaas dit eenkant.
Vat nou die mengbak en gaan mal: ( Ek sê mos net 10 minute)
1.      Klits eiers en suiker saam tot wit en donsig
2.      Voeg die botter by en klits vir 1 minuut
3.      Sif meel, bakpoeier en sout by hierdie mengsel in en vou tot goed genoeg gemeng
4.      Vou die mielies nou by - vou beteken skud daai boude en roer die storie met sterk hout lepel want dis nou ‘n stewige spulletjie.
5.      Giet die lot nou in die gesmeerde oondbak en veeg die mengbak skoon met die spanjool – Die spanjool is so ‘n stewige plat buigsame rubberige skepel met hout steel wat enige mengbak skoon uitveeg.
6.      Plaas in middel van die oond en bak vir 30 minute

Ek wag gewoonlik dat dit net effe afkoel en sny dan in eetbare langwerpige vierkante in die bak.
Jy mag fensie wees en dit opdien met :
Braaivleis
Spek en vleis
Kaas en esdoring stroop
‘n ligte smeerseltjie vye konfyt werk ook
(Pasop – dit is alreeds soet)

Ek kan fensiegeite nie bekostig nie en geniet dit net so in die verbyloop.
Ek verstaan nie hoe kan ‘n yskasdeur vanself oopgaan nie.

Stop.
Staan stil en luister –
Luister hoe lag ‘n heerlike stukkie koue mieliekoek.

2015/02/26

Napraat:
My loop slaap het nie gebeur nie.
Dis nou 00:15 – spoke loop tyd
My oge wil nog steeds nie toe nie
Wat het ek gesondig in my lewe?
Ek gaan Dig daaroor.

Mwaaaa . . .!
Nie vir jou nie – ou dikpens stoppelbaard !
Demmit:
My kamera se betteries is flet!
Sorry – sal môre aand die foto plaas

Raait.
Ek plaas sommer selfoon fotos:

My produk is nie so mooi bruin bo soos Emmerentia sinne nie. Ek bak met gas en gas bak moeilik van bo af. Miskien moet ek langer bak.

Dan sien julle die spanjool en koeklepel
 
Dan Emmerantia se produk ( Miskien is daar Windows se photo shop - of wat noem hulle dit?)
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Soet/sout
Joune lyk so lekker dat ek nou soos 'n bulldog slobber van lus. En jy kan bly wees dis net jou yskasdeur wat self oopgaan. Hier by my spring 'n stuk kaas uit en in my mond, njannies!
4 jaar 8 maande 2 weke 9 ure oud


Dankie!
Ek gaan dit beslis ook probeer! Dankie!
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


Ietsie soet
Karmenaadjie
Jy is nie 'n pellie sa alie nie . . .!

Vir wat die vertellery van jou Buite oond ?

Ek is nie groen nie
Ek is gras groen van Jaloesie

Sies vir jou !
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


sjoe
Hi ou Wolfie, hoeka nie geweet wat om vir my man vir sy verjaardag te gee nie, die resep met die foto daarby, is net die antwoord.

Miskien kom syne nog beter uit as joue, ons het mos 'n buite miershoopoond. En lekker gesond ook so met al die eiers en mielies en alles.

Dankie man, Jy's 'n pel-duisend!
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


hmmm
lyk en klink baie lekker.. manlief het mos n 1000 soettande en loop altyd en soek na ietsie soets... ek gaan dit beslis probeer
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar