Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die verdediging van oosterse vegkuns:

Ek het lekker gelees aan Harry1 se artikel. Ek het gedink ek sal 'n artikel plaas wat bietjie teenvoeter gee.

Die enigste gevaar wat Oosterse krygskuns inhou is dat jy miskien 2'de sal kom teen iemand wat dit wel beoefen.

Dis dit.

.
.
.
.
.
Ok ok. Ek joke net. Staal Burger was nie 'n karateka nie, en hy kan enigiemand platslaan.

Kom ons stel voor. Jy is 'n Buddis. Jou pêl kom na jou toe en sê "Pêl pêl! Ek be-oefen 'n baie goeie gevegkuns.

Elke Saterdag gaan ek klas toe, en ek het 'n baie mooi "zweehander" en ek beoefen 'n swaard kuns. Is dit nie nice nie?"

Die pel word ondervra, en dit blyk hy beoefen die gevegkuns van die ridder.

"Nee! Nee! dit is absoluut bog! Jy moet dit nie beoefen nie! Dit sal lei tot Christenskap!"

"Hoekom nie?" vra die pêl.

(Ctrl-C en Ctrl-V die artikel "Die Gevare van Oosterse Krygskuns." in die spasie)

Al die gevare kan net so omgegooi word.

Jy maak jou oop vir "Christelike" idees. Soos moed en dapperheid, eer en trou. En nee, dit is nie goed nie, want Ridders kry hulle krag van God af, wat glad nie is waarvandaan Buddiste hulle krag vanaf kry nie.

Ja! Voor hulle veg bid hulle gewoonlik eers dat hulle god vir hulle krag gee. Die krag kom van die god af, en stel hulle in staat om ongelooflike dinge te doen. Ja! hulle helde was in die Bybel, en as jy dink aan Simson, Dawid en die lot wat groot dade gepleeg het.

As jy tot ridder geslaan wil word moet jy jou godsdiens afsweer en 'n nuwe godsdiens beoefen, want jy maak 'n eed tot hulle god.

En kyk hoe lyk hulle swaarde! Dit lyk dan soos 'n kruis! En nee nee nee... Kyk hulle krete wat hulle gee tydens hulle gevegte! Ek bedoel..."Cry 'God for Harry, England and Saint George!' Nee wat. As jy net in hulle klas is dan is alreeds 'n absolute verraaier, en enigiemand wat dit wil goedpraat is absoluut teen ons geloof.

Klink dit bekend?

Nog net so paar punte.

Oor die algemeen kan ek sien dat Harry goed gaan lees het. Ek sal graag net wil praat oor sekere goed.

Jy praat van die kata's en dan gooi jy 'n vers in. Die een het te doen met 'n krisis om jouself te verdedig teen aanvallers met stappe uit 'n patroon. Jy stel voor ons slaan net ons hande saam en bid, en God sal ons red. Ek dink dit is al genoeg keer op die proef gestel, en ek persoonlik stel voor jy hol weg, of jy probeer die stappe. Maar hol liewers weg, jy kan as jy wil bid (vir watterookal god jy dink sal antwoord, persoonlike keuse) terwyl jy hardloop, maar dit is opsioneel.

Aanhaling uit die bogenoemde artikel:"Wat hiermee bedoel word, is dat, behalwe die fisiese bekwaamheid, daar ook geestelike magte betrokke is." Sal ek verkeerd wees om te sê elke vegkuns wat in die Bybel gebruik is (wat gelowiges beoefen het) sal dit ook vir hulle geld? Jy het net 'n probleem daarmee omdat dit nie jou geloof is nie?

Jy skryf ook: Die meester neem ‘n bamboes swaard en na konsentrasie slaan hy in die rigting van die hangende bamboes, maar stop ‘n haarbreedte daarvan af. Skielik knak die hangende bamboes en val. Die ki-energie het die bamboes gebreek sonder dat die swaard dit geraak het."

Ek sal persoonlik iewers demonstrasies wil sien waar dit gebeur. Want as hy dit kan doen dan basies het hy telekinese demonstreer, en dit is wonderlik. Maar miskien het Daniël en sy pêlle in die vuur dieselfde metode gebruik? Hulle het fisies die vlamme van hulle af weggehou. Miskien was dit 'n manier van telekinese? Ek probeer dink waar telekinese in die Bybel gebruik was, maar dit val my nou by. Maar weereens. Al die wonderlike goed wat die beoefenaars doen, ek is seker ons kan hulle eweknie kry in die Bybel? En weereens die Bybelse ouens is orraait want hulle is van jou geloof?

O ja, en ek sal graag die metodes wil sien. Dit klink 'n bietjie te dik vir 'n daalder, en het nog nooit iemand gesien in my.... 7 jaar van vegkuns nie. HetiIemand anders wat dit beoefen so iets al gesien? Skryf in die kommentaar!

Alles wat jy skryf oor Ki. hulle glo hulle krag kom daarvandaan. Simson se krag was in sy hare. Is dit nie ewe absurd nie? Wat ek van Ki geleer het, was alles oor fokus. G'n duiwelse aanbidding nie. My "ki" was net konsentrasie. En het jy al 'n bokser gesien? Waar kom 'n bokser se krag vandaan? Van hulle voete af en dit is wetenskaplik al bewys. Vegkuns leer jou om vanuit jou heupe "te slaan" Jy kan 2 keer harder slaan as jy krag (lees spiere asseblief!) vanuit jou heupe, skouers en ewewig haal. Basiese Skeinat. Ek het die tegnieke geleer. Ek was nog nooit geforseerd om 'n mistieke krag aan te gryp om basiese bewegings uit te voer nie.

Al die meesters wat jy aangryp en aanhaal. Ek dink hulle is verkeerd as hulle sê "jy moet die "ki" aangryp om 'n meester te word". Jy kan die dinge doen wat ongelooflik is. Kyk maar na die agthoekige ringe waar hulle vol kontak gevegte hou. Ek is seker 3/4 van hulle het net die tegnieke geleer. En hulle wetter mekaar na hartelus. Inteendeel, karatekas word volgens my uitmekaar gehaal in sulke ringe. (Ek was, maar miskien suig ek net)

Weereens gee jy voorbeelde: “All forms of budo, are an application of this energy”. Die karate meester wat hierdie stelling maak voeg by: “Some masters are able to paralyze a bird on a branch, to make it fall at their feet even”, deur hierdie kreet te uiter. “The kiai is a way that projects mental, and physical energy”.

Nice. Jy kan 'n budgie uit 'n boom bomskok. Klink ook nie lekker waar nie. Maar ok, ek kom weereens terug. Ek dink nie dis waar nie. Hy kan wel 30 cm van die voëltjie gestaan het ('n ou voëltjie op 'n winterdag met 'n hartsiekte) en hom dood geskrou het. Maar dit klink te goed om waar te wees en ek sal dit waag om te sê dit kan nie waar wees nie.

Miskien kan iemand uithelp met voorbeelde en demonstrasies? Maar weereens kan ek dit Bybel toe gooi. As 1 persoon 'n voëltjie kan doodskreeu, kan 'n menigte seker 'n stad se mure laat val? Weereens, dit krag kom nie van jou god af nie, so dit is boos/verkeerd/hel toe met jou.

Ook: "Wie die kuns van boogskiet, swaard-kuns, karate en ander vorms van Oosterse krygskuns wil baasraak, moet leer om hierdie energie van die hara vry te stel." Bog. Ek doen boogskiet ook. Konsentrasie konsentrasie. Daar is veelvuldige maniere waarop talle nasies op aarde boogskiet doen, en baie van hulle gebruik dit nie. Ek wil nog 'n Olimpiese atleet sien dit gebruik byvoorbeeld. Miskien doen hulle. As hulle dan beter skiet as ander skutters wat Christen is, dan bring dit baie ander vrae na vore vir my. Ek dink nie jy het hara nodig nie (as dit wel bestaan). Jy moet net wilskrag, konsentrasie en uithouvermoë hê. Soos enigiets anders in die lewe.

Vrae en antwoorde oor Karate:

1. Kan ‘n Christen karate propageer as die beste manier om jouself en jou geliefdes ongewapen te beskerm?

Ja.

Of die alternatief is om te bid en glo God sal koeëls stop, die boewe se hande vasmaak alla Daniel se leeus, of hulle blind te maak soos die klomp ouens wat Lot se engele wou verkrag.

"On the other hand Darryl" (soos Naas altyd gesê het) skryf jy: "Karate is die duiwel se antwoord op die oeroue sondige soeke van die mens na mag" Wow... Die duiwel is nogal spesifiek. Weereens uit 'n Christen se oogpunt is alles wat nie christen is nie duiwels. Dit gaan my te bowe hoe die duiwel absoluut agter alles sit. Ek bedoel, die uitroei van stede, pestilensies en aardbewings, kindermoord, en als. Verskoon my, dit was God gewees, my fout.

Ek dog alles kom van God af? So mag moet ook van God af kom en die soeke na mag sal jou na God toe lei? Hoeveel keer lees ons nie van God se almag nie? Almag is mag plus! Ok skies, terug na die ander storie...

2. Kan ‘n Christen karate propageer as ‘n tegniek om jou uithouvermoë , selfbeheersing, selfbeeld, wil en karakter te verbeter?

Ja.

Net so ook Yoga, atletiek, skermkuns en netbal. Miskien nie rugby nie, want soos party ouens wat ek ken is dit vir hulle heilig en Loftus is hulle kerk. Miskien is dit hoekom ons gewen het teen die Leeus. Die god van Ra-gha-boes was bly met ons offers van heilige eiertjies in die oond van die skrum. (Iemand het 'n lang joke hieroor, ek dink dit is Casper de Vries.) Anyway, enige sport is goed vir 'n mens. En karate en dies meers is almal sport. TeaKwanDo en Karate en Judo is dan Olimpiese sports. Ek dink nie 'n sport kan kwalifiseer as hulle geloofsbelydenisse het nie. Dit sal nie werk nie. So ja, dit is 'n sport. BEHALWE! as jy na 'n klub toe gaan wat definitief 'n boeddhistiese klub is, en jy dit so wil hê. Skop voort.

3. Kan karate gepropageer word as ‘n blote tegniek? ’n Uitstekende vorm van liggaamlike oefening wat die liggaam versterk?

Ja.

Ek het dit gedoen. En daai tyd was ek CSV kringleier, kategese gehad, Sondag kerk toe gegaan (altwee dienste) en het glad nie met my kerkgeld swiets gekoop nie, al kon ek 'n vyfsent so hard soos 'n rand laat klink het as ek by die deur vir die ouderling smaail en kerk tax betaal. Maar miskien kan 'n Christen hier meer raad gee? Maar ja, dit is 'n sport. En ek het selfs 'n sixpack gehad toe. Ek moes net brawer wees dan het ek baie meer meisies beïndruk met my gespierde lyf.

... live and learn. Maar ja, dis 'n sport, en enige sport kan jou oefening gee. En ja, die tegniek kan gepropageer word.

Dink maar weereens aan ns polisie. Hulle doen Judo (op 'n manier) want sommige Judo tegnieke is in hulle hand-to-hand sillabus. (Kan 'n polisieman vir ons help en 'n ja /nee antwoord gee?) So as dit die geval is, dan is ons eie polisie deurtrek met die duiwel. Ok miskien 'n paar, maar wragtag nie as gevolg van die nie.

Ook: “Wat gebeur is dat jy eintlik voor Boeddha buig. Die meeste instrukteurs weet dit nie eens...”, vertel ‘n voormalige instrukteur."

Dis hoekom ons nie gebuig het nie. My instrukteur was 'n pastoor... "Shock! Horror!" ... Nee hy was. Dit was vir 'n klein gemeente iewers in die middel van nêrens, maar hy was 'n pastoor. Miskien nie van die "Groot 5" gelowe nie, maar hy het die buigery afgestel. Ons het nie geweet hoekom nie, maar dit was miskien omdat sommige ouers soos Harry dink.

"Dit is die manier hoe die Oosterling kontak maak met sy god."

Bog. Hulle buig omdat hulle hallo sê en dankie sê en respek betoon teenoor mekaar. Ons skud blad. Of dink jy as militêre personeel salueer hulle iets anders doen? Dit kom van ridders af wat mekaar se helmet visiere opgeslaan het sodat hulle kon agterkom wie was agter die panser wat na hulle toe kom. Dit is in die oosterse kultuur. Die Italianers het nogsteeds die lekkerste manier van groet. Daai pik pik soentjies is lekker want dan kry jy 2 soene van 'n meisie... of miskien nie want die mans se baarde kielie my. Maar dis maar hoe hulle groet. Of as ons kopknik vir mekaar as ons verby mekaar in ons bakkies ry, maak ons dan kontak met God omdat dit dieselfde is as "sak jou hoof in aanbidding"?

Net so druppeltjie hier... jy skryf "Die Boeddhis weier om Christelike verwante terminologie of tegnieke van die Christendom te leen, maar die Christen leen van die Ooste."

Soos Bruce Lee gesê het "Use only that which works, and take it from any place you can find it." Dit klink amper baie naby aan 1 Tess 5 "Toets alles en behou die goeie"?

5. Kan ‘n Christen buig na die “dojo” (Karate lokaal) waarin die stylteken teen een van die mure aangebring is?

Die "kookie" is die landsvlag van Korea. Dit het die yingyang in rooi en blou op. So ook is die vlag van Skotland 'n godsdienstige vlag dan? So ook die Britse vlag? So as ek 'n sekere spinbouler is wat openlik Moslems is en vir die nationale span speel, dan moet ek die vlag verwerp want ek is nie 'n Christen nie? En die draak... Ai tog. Die draak is so oosters soos noedels, Jackie Chan en die Groot Muur. Asseblief. Alles wat 'n draak op het is nie openbaring einde-van-die-wêreld-ai-tog-ai-tog nie. En ook moet die Walliese mense begin vlae verbrand want St George's draak is op hulle landsvlag?

Die Yin Yang simbool is vir ons soos die westerse kruis. Dit is hulle kultuur. Ek sal sover gaan om te sê dit is ouer as die christelike kruis? Wat van ons landslied? Dit verwys na 'n God. As ek ystervuis is sal ek my springbokkleure moet teruggee wat ek verower het want dit is nie my god nie.

So as Christen sal jy ook nooit op Korean Airways vlieg nie. Want dit het 'n yinyang op. so ook sal jy niks kan gebruik wat "made in Korea" is nie. Want hulle is onder die ying yang. Of enigiets van die ooste nie sou ek dink. Vrek dit gaan moeilik wees, want "made in China" is orals my china.

ook net weer... "Dit is dus ooglopend dat hierdie simbole direk vanuit die koninkryk van die duisternis kom."

Ai tog. Dis hoekom ek dink party christene kannie wag vir Jesus om weer te kom nie, want die hoekie waarin die christelike psige hom/haarself in vasverf word net kleiner en kleiner want alles en nog wat kom al hoe meer en meer uit die duisternis uit... volgens hulle. Ooglopend? Ooglopend het jy 'n afsku vir alles wat nie in die klein hoekie pas wat die Bybel toelaat nie. Die wêreld is groot. Die wêreld is wyd en om so in 'n klein jaart te staan jou hele lewe. Ek... ek weet nie mooi wat om te sê nie. Rêrig. Want enigiets wat ek gaan sê gaan outomaties verkeerd opgevat word. Maar alles is nie altyd sleg nie.

Ons het geen van daardie bewoording gehad nie. Ons s'n het net gesê Naam, rang, geteken. Sticker van sertifikasie. En klomp mannetjies wat fight om die rand. Die mannetjies was die coolste van als. As jy klomp sertifikate vinnig flap soos 'n boek lyk dit partykeer of hulle slow motion fight.

So een ou se sertifikaat maak nie die hele kuns duiwels nie. Of sal een gelowige wat sonde pleeg die hele kerk in duie laat stort? Komaan. Ek het omies en anties geken in die kerk wat sal ons maar sê so bietjie gerek het aan die gebooie. En alles het nie in duie gestort nie. En inteendeel, so what as hulle watookal op hulle sertifikate het. Jy beoefen dit nie, so daar sal nie 'n probleem wees nie?

Ek lees ook "Die sertifikaat verwys verder ook daarna dat hierdie gevegkuns DAAGLIKS bestudeer en geoefen moet word." ... ehh.... is dit nie hoe jy goed raak nie? Ek dink as Bafana Bafana elke dag oefen sal hulle beter word! Hulle speel al baie beter as laas. En ek dink toewyding aan hulle sport maak dat hulle elke dag oefen? En Francois Pienaar het seker ook elke dag geoefen vir die '96 Werelbeker. Maar sou jy sê hy was 'n swakker Christen? Jy kan seker oefen en jou geloof beoefen ook as jy wil? Is dit onmoontlik sou jy sê?

Daar staan geskryf: "Wie buig vir die karate teken, betoon eerbied aan Taoïstiese en Boeddhistiese afgode."

Bog.

As ek hart op die hand staan vir my volkslied en ek is van 'n ander geloof, glad nie gelowig nie, is ek minder deel van die asemrowende skouspel van 'n internasionale geveg? Is ek nie daar vir my land, ouers, vriende en myself nie?

As jy 'n Sjinese persoon groet, sal jy nooit buig nie? Nie eers uit net doodgewone maniere nie? As jy voor jy in 'n Joodse huis ingaan eers kyk of daar nie 'n mezuzah is, en as daar wel een is, nie sal ingaan nie want dit is iets wat jy nie mee saamstem nie? As daar 'n Walliese persoon by jou kom kuier en hy het 'n t-hemp met 'n Walliese vlag op, sal hy seker gevra word om uit jou huis uit te gaan?

Jy word nie gevra om dit aan te bid nie. Partykeer is dit net goeie maniere om respek te toon. Miskien kan iemand anders ons hier uithelp? Ek was nog nooit gevra om die kookie te aanbid nie. Nooit. Maar die land het my 'n moers lekker sport gegee. Net so ook die kapoera studente. Hulle het die lekkerste musiek want dit kom van Suid Amerika af.

Moet ons nou ons jungle beats verruil met boeremusiek want dit mag miskien nie christelik nie? Haha... boeremusiek kapoera... dit moet moers funny wees actually. :-D

6. Kan ‘n Christen die Karate kreet (Kiai!) gee?

Ja.

Ek dink die kiai wat ons gegee is in tang so do is letterlik die Koreaanse woord vir skree. Ek onthou hoe toe ons party ouens van Korea af gekry het om mee te help, hoe hulle gelag het. Dink net. As jy in Afrikaans elke keer as jy skree "Skree!" gil. en dit was presies dit. Hulle het ons toe reg geleer. Dit is net 'n fokus klank uit die buik uit (niks sukke dinge met ki nie voordat mense begin sê a! a!) Net 'n geluid. Ons het toe elkeen ons eie style begin gebruik. Ek het soos 'n bees gebulk en die girls het glas gebreek (nie met Ki nie, dit is net vir vermaak geskryf) met hulle hogere stemme. Dit is net "Skreeee!"

Soos geskryf: "Die kreet “Kiai” is niks anders as ‘n aanroep of betrokke maak van die Boeddhistiese gees genoem “ki”." Okaaayyy... So ons loop almal op en af en roep in Koreaans "God!" "God!" "God!" "God!" "God!" "God!" draaaiiii.... "God!" "God!" "God!" "God!" "God!".

Neewat. Dink nie so nie. Of! Wat van as jy 'n Christelike dojo het, jy jou studente leer om die christelike god op te roep? Hoe sal dit klink as klomp studente op en af gaan "Jesus!" "Jesus!" "Jesus!" "Jesus!" "Jesus!" ...draaaiii... "Jesus!" "Jesus!" "Jesus!" "Jesus!" "Jesus!" . Dit is net so absurd.

Ek haal aan:" Omdat ‘n afgod se hulp op die manier ingeroep word, daarom is daar bonatuurlike manifestasies soos die breek van hope teëls , planke of stene sonder enige pyn."

Skies... maar dit is flippin seer. Ek het nou nog 'n 5 steke letsel. Dit maak seer. Hulle se moere... hulle steek dit net weg. Soos rugbyspelers. Lyk nie of dit seer is nie maar dit maak seer! Hope planke? Ek het dit gedoen. Teëls ook. En vir 'n lag het een van my pêlle dit ook gedoen. Sonder enige formele afrigting. So as gewigopteller gewigte optel wat 2 keer hulle eie gewig is... is daai krag ook dan duiwels? Ok atlete wat ver spring? Of Beast wat Saterdag 5 leeus op hom gehad het en hy het not te damn gestop? (Go bokke!) Nee, almal kry seer, kyk maar na die youtube video...

http://www.youtube.com/watch?v=dmJkNoL-kEQ&feature=related

Ook op die ding wat daar karatekas is wat deur die demone gebind is. Ek sal wil sien presentasie gewys hoeveel hulle daar is. Praat ons van honderde? Daar moet duisende... tienduisende mense wees wat gevegskunste doen? Van die getal sal ons seker praat van hoeveel persent? En is dit verskillend van ander groepe se demoniese besittings? Dit sal interessant wees om te sien of dit maar die normale persentasie is. Dit is as jy wel glo dat demone jou in besit kan neem wat ek nog nie lekker voor feite gekry het nie.

8. Kan Karate losgemaak word van sy Boeddhistiese oorsprong?

Ja!

Jy kan die tegnieke leer. Sonder enige buddisme. Jy weet wel dat die oorsprong het daarin. Want jy leer van die geskiedenis. Maar ek het nie in 'n buddis verander nie. En leser ek dink nie jy sal nie. Dit is 'n sport. As jy die doopwater onder die baba gaan uitruk sal jy definitief 863.45 foute kry as jy uit enige godsdienstige hoek kyk. Maar ek sal sover gaan om te sê dat nee, jy sal nie bekeer word nie en ja, jy kan dit beoefen. Ek is seker jy kry christelike karateklasse, soos bv ek was onder 'n pastoor geleer. Harry sal sê hy was verkeerd en duiwels, ek sê hy was streng en het my nasionale kleure laat bekom. En ek is seker ons almal kort die oefening. Judo is baie baie goed en veral vir dames. Ek is eenkeer soos 'n vrot lap rondgegooi vir 5 minute, en het baie respek gekry vir Judo ouens. En hulle was die niceste mense, net so nice soos ons en ons was nie almal duiwelsbesete nie.

Nommer 9 is nie 'n vraag nie, net 'n stelling van een afrigter wat seker was dat hy deur demone gegryp was. Dit het gemaak dat hy sy lewe en kuns alles verbrand het op 'n hoop omdat 'n dominee so gesê het. Hy sê hy was ook aangeval uit Karatekringe. Mmm. Miskien was dit net absolute skok dat hy op 'n ander mens se woord alles opgegee het?

Miskien het hy net 'n sielkundige nodig gehad wat miskien meer perspektief kon gee op die probleem? Was daar ander dinge in sy lewe wat hom kon ongelukkig maak? Hoekom net nie opgee? Hoekom alles verbrand? Omdat 'n ander persoon so sê? Dit was nie malkoeisiekte of een of ander pes nie, hy het net probleme gehad wat opgelos kon word sonder om sy harde werk voor hom te verbrand. Maar as ons nie die persoon se volle storie kan hoor nie sal ons seker nie weet wat dieper as dit gelê het nie.

So om alles op te som...

Karate is nie van die duiwel nie.

Moet nie dat mense jou 'n gat in die kop praat nie.

Doen self ondersoek in en gebruik jou eie verstand. Glo bietjie in jouself om vir jouself te dink en maak 'n besluit

gegrond op jou eie denke. Gaan na 'n klas toe. Kyk hoe lyk dit, ondervra studente, die sensei of watookal die ou se titel is wat voor in 'n vreemde taal tel en ouens laat pushups doen.

Ek plaas sommer 'n paar van Bruce Lee se sêgoed neer. Sommer vir die sommer, want party van hulle is nogal waar.

* "Be formless... shapeless, like water. If you put water into a cup, it becomes the cup. You put water into a bottle; it becomes the bottle. You put it into a teapot; it becomes the teapot. Water can flow, or it can crash. Be water, my friend..."

* "All kind of knowledge, eventually becomes self knowledge"

* "Do not deny the classical approach, simply as a reaction, or you will have created another pattern and trapped yourself there."

* "A quick temper will make a fool of you soon enough."

* "Always be yourself, express yourself, have faith in yourself, do not go out and look for a successful personality and duplicate it."

* "It's not the daily increase but daily decrease. Hack away at the unessential."

Klink na skerp observasies. Waar is die duiwel in dit?

Al die mense wat gevegkunste be-oefen, skryf gerus of julle besete is of nie, of julle geloof beinvloed word of nie. Ek sal graag wil weet.

Lekker aand daar,

Aap.













Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

AardigeAfrikaner, jy is in goeie geselskap: die vorige Pous het ook langs dieselfde lyne geredeneer.
10 jaar 8 maande 4 dae 13 ure oud


Hallo!!! Ek wil ok 'n eier lê!! Ek het vir 6 jaar karate beoefen. Als is nou al gesê wat ek graag wou sê! Hoekom daar 'n 'label' aan jou gehang word? Dit het beslis nie van my 'n heiden gemaak nie, as dit iets gedoen het, dan was dit net goed. Die oefening, die absolute 'skoonheid' van gemoed! A, ek staan viervoet saam met jou! Dit het van my net 'n beter en sterker mens gemaak. As ek kon sou ek dit nou nog doen!! Goed gedoen!! Ek like jou sommer!
10 jaar 8 maande 5 dae 1 uur oud


Ek gaan nou hier 'n ding of twee kwytraak wat mense maklik uit verband kan ruk maar aangesien jy en Harri1 na Buddhisme verwys, net dit: Kyk na die eienskappe van 'n Boddhisatva en kyk na die eienskappe van Jesus en jy sal sien dat Hy die perfekte Boddhisatva is, wat homself prysgegee het ter wille van almal se verlossing van delusie. Mens moet natuurlik die kulturele konteks van tyd en plek in ag neem om dit in te sien.

Jy het dit natuurlik reg dat mens nie 'n Buddhis hoef te word om 'n goeie karateka te wees nie net soos mens ook nie 'n Christen hoef te wees om die 100m te wen nie en ook nie 'n ware navolger van Jesus hoef te wees om jouself 'n Christen te noem nie.

Ek wens meer mense wil begin agterkom dat etikette nie die ding self is nie maar dat dit altyd na iets verwys en dat daar baie maal na presies dieselfde "iets" verwys word vanuit verskillende kulture en tale met verskillende woorde in verskillende kulturele geure. As almal net dit besef sal ons vrede op aarde hê maar verknogtheid aan eie opinie en gebrek aan empatie met kultureel vreemde mense en die gepaardgaande onkunde bly maar vir ons 'n probleem.
10 jaar 8 maande 5 dae 3 ure oud


Baie moeite vir niks
Moenie die leerstelling van Jesus meet aan die woorde en dade van mense wat, soos die Skrifgeleerdes en Fariseers van Jesus se tyd, gedurig met die toepassing van die wette en die aanval van enigiets of iemand wat naastenby in stryd met die wette voorkom doenig is, nie. Kyk na die mense wat die vrugte van die Heilige Gees openbaar en na die leerstelling van Jesus self. As mens die res van die Bybel in die konteks van liefde vir die waarheid en liefde vir jou medemens lees kom daar 'n geheel ander en dikwels baie onpopulêr in gevestigde kerke leerstelling wat so oud soos die mens self is na vore. Ek wou op 'n stadium elke wanindruk en wanvoorstelling van enigiets bekamp maar ek het nou begin agterkom dat mense wat valshede verspry die sade vir hulle eie ondergang plant en ek wil nie ook soos hulle word nie. Dieselfde kritiek wat Jesus teen die tipe mense geuiter het geld vandag nog maar wee jou as jy dieselfde woorde as Hy wat gebruik het want dan wil hulle jou ook van die kranse afgooi of aan 'n paal vasspyker of sommer verbrand soos al eeue lank die geval met baie van ons eie voorsate was.
10 jaar 8 maande 5 dae 4 ure oud


oss
Oss Aap San

Jy weet duidelik waarvan jy praat. Ek is 'n Christen Karateka al vir meer as 20 jaar.

Onlangs opgetree as skeidsregter waar die 'championship' geopen is met skriflesing en gebed deur 'n 5de Dan pastoor.

Die 5 beginsels van Dojo Kun is:
1. Seek perfection of character;
2. Be faithful;
3. Endeavour;
4. Respect others;
5. Refrain from violent behaviour.
(som die 10 gebooie nogal goed op - Karateka have the gift of brevity).

In my Karate Academy Boek staan: 2 Corinthians 10:17 - Whoever wants to boast, must boast about what the Lord has done. Bring mens nogal af aarde toe!

harry een het duidelik GEEN direkte kennis/insig van MA nie. Dalk moet hy die Bybel lees oor unarmed/armed conflict. Moses/Simpson/David as vertrekpunt. Sommer Petrus ook.

Stel voor hy lees ook Bubishi deur Patrick McCarthy. En ja, Stan Schmidt Sensei is 'n Christen. Gaan harry hom nou sommer ter Helle laat neerdaal?

Mokso yame!
Len Sensei

10 jaar 8 maande 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar