Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Stoetsleiers, is die naam wat ek en my seun vir motoriste gegee het wat aspris baie stadig ry en 'n intense plesier daaruit kry om ander motoriste te irriteer. Sodra hulle sien dat daar 'n verskriklike string motors agter hulle opgehoop het, kruie hulle nog stadiger aan.

Ons is maar nog net 'n paar maande in die stad en kom van die Vrystaatse platteland af. Daar het almal 'n doel in die lewe en is hulle op pad iewers heen en toe ontdek ons in hierdie grote stad mense wat baie goeie stoetleiers sou kon wees.

Hoeveel keer sien ons nie hierdie tipe motoriste raak nie. Hulle is die voorste motors, met 'n ry verskriklike kwaai motoriste wat agter hulle aanvleg. Hulle is die oorsaak vir ongelukke, want mense vat later onverskillige kanse, bloot om net agter hulle uit te kom.

Jy herken hulle maklik. Hulle hou jou dop en weet dat jy uiters gefrustreerd is, en dan ry hulle nog stadiger; net om jou te pes. Sodra jy waag om verby te gaan, ry hulle effens oor jou baan. Hulle gee jou vernietigende kyke as jy wel verbykom, en jaag 'n rukkie op jou boude, maar net totdat hulle 'n nuwe slagoffer agter hulle gewaar: dan word daar vinnig spoed verminder en hulle hou die arme slagoffer agter hulle weer in 'n slangetjie vas. Ek is seker hulle is die soort wat by troues nog die slangetjiedans dans -en ek is seker dit id dan ook die enigste tyd wat iemand darem wel met hulle dans. Dis nou as mens die slangetjiedans 'n dans kan noem.

Hulle ry al hoe stadiger as hulle 'n groen robot nader en dan kan hulle mos stop as dit lyk of hy oranje gaan word. Arme mense, dit voel dan seker vir hulle of hulle die kwaai motoris agter hulle al op die naam ken.

Ek sal graag wil wed dat hulle die soort kinders op skool was, wat enige iets sou doen om aandag te kry, al is dit negatiewe aandag?

Gelukkig het ek nou ompaadjies leer ken, wat blykbaar deur hierdie sadiste vermy word omdat daar te min slagoffers is. Ek geniet dit nou weer om te gaan inkopies doen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar