Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In Kol. 1:18 staan die volgende: “Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.”

Dit is God die Vader se hart dat alles net oor Jesus Christus sal gaan. Dat die belangrikste kenmerk van ons lewe en alles waarmee ons as Christene besig is, sal wees dat alles net oor Jesus Christus sal gaan. Dat Hy die Hart en Middelpunt en Fokus van alles sal wees.

Om dit te illustreer, luister na hierdie storie (en dit is net 'n storie ter illustrasie van die punt wat ek besig is om te maak):

Elke jaar kom Maria, die Heilige Gees en die Bybel vir 'n dag byeen en huil saam. Terwyl hulle so sit en huil, sê Maria: “Ek het net geboorte aan Hom geskenk. Ek was net die Ma en Moeder wat die menslike instrument was sodat Hy gebore kon word op aarde. Maar wat doen die mense? Hulle begin my aanbid en steel so die Seun se eer oor wie dit eintlik gaan!”

Dan begin die Heilige Gees praat: “Ek het nie gekom om met mense oor Myself te praat nie. Ek het nie gekom om op My te fokus nie. Ek het gekom om heeltyd net die kollig op Hom te hou. Om Hom groot te maak en Hom te verheerlik. Maar nou maak baie mense asof My werk sentraal staan en fokus daarop!”

Dan sê die Bybel: “Ek het gekom om die skerm te wees om mense Hom te wys en oor Hom te getuig. Sodat mense Hom sal leer ken. Maar nou maak baie mense amper van my 'n god. Party van hulle wil nie eers op my bladsye skryf of strepe trek nie!”

Die punt wat ek met die storie wil maak is die volgende:

Wanneer 'n groep gelowiges Jesus sentraal laat staan en Hom die hart van alles laat wees, sal dit reflekteer in hulle saam-wees; hulle gesels en kuier onder mekaar; die bediening wat plaasvind; die liedere wat gesing word; ja, en natuurlik in hulle hele lewe 24 uur van elke dag, 7 dae 'n week.

In hoeveel gemeentes draai dinge nie rondom 'n sekere klompie kerklike leerstukke of 'n klompie teologie of selfs rondom 'n bepaalde prediker of charismatiese persoonlikheid of bediening nie.

Dit is vir my en jou so belangrik om onsself net weer daaraan te herinner dat die herkenbare eienskap van ons as nuwe mense-spesie in Christus moet wees dat alles oor Jesus Christus en Hom as Persoon sal gaan.

Ja, dat as ons bymekaar is, sy dit in 'n klein byeenkoms, soos in 'n huis of restaurant, of in 'n groter byeenkoms, soos in 'n erediens of leringsgeleentheid, of selfs waar ons besig is met 'n uitreik- of liefdesdiensprojek van die een of ander aard, dat alles, alles net oor Jesus Christus sal gaan. Dat almal betrokke sal weet en doelbewus daarop sal fokus dat die kollig op Jesus Christus moet wees. Dit moet oor Hom gaan. Mense moet van Hom bewus word. Dat Hyself daar is. Dat Hy daar is om self mense te bedien en met hulle te praat.

Maar ook dat Hy daar is om bedien te word. Sy dit deur ons lof of ons aanbidding, of ons liefde en verwondering.

Maar ons moet ook onthou dat Hy daar is as 'n deel van Sy Liggaam. Om self mense deur ons hande en ons mond te bedien. Om daar tussen ons, deur ons, wonders te doen en mense te verander en heel te maak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

diename is bedrog en die kerk is vals
KERK IS ONBYBELS
Die word 'KERK' of 'kuriakon' in Grieks, kom nooit in die BYBEL voor nie en bestaan glad nie in Hebreeus nie. Die eerste kerk is eers in 325 deur Konstantyn die Grote begin. Geen mens op Aarde kan dit anders bewys nie, so . . . . die KLETSKERK is 'n FORUM om een van 4,200 godsdienste te bespreek Daar is vandag 33,909, verskillende Christelike Kerk Denominasies wat meer as 1,769,920,000 lede het wat aanbid in meer as 3,826,000 Protestantse Kerke in 238 lande en omtrent 1,142,968,000 Roomse Katolieke wat gesamentlik 2,912,888,000 omtrent 41,6% van die wêreldbevolking is. Die 7 belangrikste godsdienste, as 'koppe op die dier' in Op 13 is, Spiritisme, Ishmaelisme, Hinduïsme, Buddhisme, Judaïsme, Romanisme en Protestantisme. Net een as Protestantisme lyk reg net soos 'n 'lam' maar praat soos die 'draak'. Op 13 verklaar dat die kerk die Hebreeuse Bybel onwettig in Grieksvertaal het en Antinomianisme verkondig en die Jesus Beeld geskep het in die Kerk. In die kerk doktrine word die Naam en die Huis en die Wese gelaster. Die kerk het ook die kruis as teken aanvaar om te oorwin en die merk op die voorkop en op die hand begin. Die kerk het nog altyd die getal 666 en 616 verswyg. Die kerk steel ook die tiendes van die mense en word skatryk. Die woord 'kerk' kom glad nie in die oorspronklike teks voor nie. Dit is ingesmokkel deur die Bybelvertalers! geskryf deur Chris Nel

www,kletskerk.co.za

KERK is ONBYBELS
8 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar