Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

      My Calvinistiese/nasionale agtergrond het geleer/gepreek dat selfmoord sonde is. Is dit? Die onlangse verhoor oor Greg Kebble se 'assisted suicide' het my weer laat dink.
     
      Die Bybel bied mi twee voorbeelde tot die teendeel: Christus en Simson.
     
      Rigters 16 vertel ons van Simson wat gevange geneem is, sy oe is uitgesteek en hy moes maal in die gevangenis.Hy bid dat God hom 'nog een maal versterk' en hom 'laat sterwe'. Hy trek die twee pilare om en met sy dood 'was die dooies meer as die wat hy in sy lewe gedood het'.
     
      Ek lees drie lewensfeite hier raak: Simson kon sy omstandighede nie meer verduur nie, hy bid om krag om selfmoord (moord??) te pleeg en kry dit, en in die proses verslaan hy sy vyand. Depressie lyers pleeg gereeld selfmoord. Ook hulle kan hul omstandighede nie meer verduur nie, oorwin die Swart Hond deur selfmoord te pleeg EN met God se hulp!
     
      Christus het geweet wat kom: dit was immers sy doel op aarde. Hy het die Romeinse Ryk, synde die regering van die dag, gebruik (misbruik?) in 'n 'assisted suicide'. Mattheus, Markus, Lukas en Johannes vertel dieselfde verhaal:Sy siel is bedroef en hy is benoud, Hy weet die uur is naby, Hy vra sy vader om eerder die beker verby te laat gaan,Hy vertel sy dissipels dat dat heidene Hom gaan doodmaak en dat hy dan drie dae later na die Vader sal gaan. Moral of this story? As die kern van die Christelike Kerk/Geloof op 'n beplande selfmoord gebou is, hoe kan dit sonde wees?
     
      Vra maar net...
     
      VERWYSINGS:
      Rigters 16;
      Mattheus 26: 21,28,30;
      Markus 14:33,41;
      Lukas 18:33 & 22:42;
      Johannes 16: 10, 11.
       



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dwaas
Dink jy nie as ons verby die letter kyk kan ons miskien ook verder kyk ....Simson het besef hy was dwaas, hy het besef hy het sy volk in die steek gelaat en ten einde sy verantwoordelikheid opgeneem om die vyand te verslaan. Hy was nutteloos en hy was gebore om sy volk te red, hy het sy nutteloosheid waardeloos geag en tog sy sosiale verantwoordelik nagekom. Ek dink hy is 'n held(dwaas was hy wel, maar so is ons almal)
Jesus se storie ken jy ook nie lekker, gaan lees asseblief hoe elke simbool van Sy dood geprofeteer was, jy moet dieper as feite lees. Daar is ongelooflik baie simboliek verskuil. Jy is reg, hy het Homself oorgegee aan die dood...Hy het Homself geoffer, Hy was gemartel, Hy was soos 'n lam geslag terwyl Hy volle beheer gehad het. Volgens die letter is jy reg, maar jy mis ongelukkig die punt.
Jou argument is sterk, maar jou dwaasheid groot.
6 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


.
Sterk argument en definitief stof tot na(maals)denke.

"The only difference between martyrdom and suicide is press coverage."
— Chuck Palahniuk
9 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


LL
Selfmoord
Weldeurdagte argument. En ek bly maar net altyd volstaan by my een vaste beginsel - wie is ons nou eintlik om te besluit oor ander se sonde? En kan ons ooit weet wat in 'n ander se gemoed omgaan?
9 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Selfmoord
Die werklikheid is dat selfmoord in twee kategoriee geplaas word: Aan die een kant gulsigheid, aan die anderkant ontvlugting. Aan die een kant slapgatgeit, aan die ander kant, guts. Aan die een kant finale oppervlakkige ondeurdagte kataklisme, aan die anderkant deurdagte berekende besluitneming. Intussen kyk ons wat agter bly deur 'n spieel in 'n raaisel. Nie alles wat met die eerste oogopslag sonde is, is sonde nie. Nie alles wat met die eerste oogopslag geoorloof is , is geoorloof nie. Die wee van die Here wat lewe gee en naelstringe laat knip is soms onverstaanbaar. Wee diegene wat sondermeer alles afmaak as sonde. Elkeen van ons het 'n eie voltydse job om ons eie godsdiens te verstaan. JV
9 jaar 3 maande 4 weke 14 ure oud


Z
Met die Genade en vergifnis word enige sogenaamde sonde vrygeskeld. En dié wat vashaak by gruwel van sonde in plaas van die vergifnis van sondes lees al die instumente mis in die dele aangehaal en 'n magdom ander verwysings in die Bybel. Ek glo voor mens sterf, as jy selfmoord pleeg, kry jy wel die geleentheid om jou sake reg te maak. Hoekom dan daarna verwys as ewige sonde? Puik geskryf!
9 jaar 3 maande 4 weke 19 ure oud


Selfmoord
Goed nagevors en standpunt goed gestel. Jy moes 'n prokureur geword het.
9 jaar 3 maande 4 weke 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar