Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

SEKSONDERRIG AAN DIE TIENER

Inleiding

Seks is ‘n geskenk (‘n gawe) van God af.
Seks was God se idee en niemand anders s’n nie.
God gee liefde – Dis ‘n geskenk vol vreugde maar ons kan hierdie geskenk van God misbruik.

Almal weet tog wat liefde is – skakel die TV aan en ons sien wat liefde is. Jy sien hoe sterk hierdie ding – die liefde – is.

Liefde is die beste woord wat God gebruik wanneer Hy sê hoe Hy oor jou voel.

Meer nog, dis die Woord wat die Bybel gebruik om te sê hoe God is – God is Liefde.

Dis deur die liefde dat ons hier is – waarmee God die wêreld regeer. 1 Joh 4:7-8; 1 Kor 13

GOD SE PLAN MET SEKS

Seks het reg aan die begin van die skepping begin – Gen 1 – Adam en Eva
God het mense gemaak – ‘n man en ‘n vrou. (Gen 1:31). Dis nie goed dat die mense alleen is nie. En toe het God vir sy man sy hulp sy gelyke gemaak.
God het ons verskillende gemaak maar die verskille van man en vrou is gemaak sodat hulle een kan word tydens ‘n verhouding en huwelik.

‘n Bevel van God af is dat ons nie moet rondslaap nie. Dit is dinge soos egbreuk en “los seks”.

Wat is egbreuk? Wanneer jy getroud is en jy het ‘n liefdesverhouding seks met ‘n ander persoon wat jy nie mee getroud is nie.

Wat is losbandigheid? Om seks te hê met iemand met wie jy nie getroud is nie. Volgens die Bybel is dit sonde. Die Bybel sê ons moet pad gee, weg vlug van sulke dinge af!

Losbandigheid as jy meer as een seksuele maat het. Ons moet ons liggame gebruik tot eer van God.

Die Huwelik:
Baie van ons of julle ding nie eens aan trou nie – Jy kan nie nou al tyd mors om oor eendag se Huwelik te dink nie. Die Huwelik is ‘n instelling van God.

Riglyne vir ‘n regte maat – Hoe weet ons of jou kêrel / meisie die regte een is?
Riglyne van God af is:
V staan vir verloste: Hy / sy moet ‘n kind van God wees – Die persoon moet sy lewe aan die Here oorgee.
R staan vir reinheid: Rein in die Bybel beteken iemand wat God se vergifnis ken, iemand wat skoongewas is. Maar dit beteken nie dat die persoon nog nooit gesondig het nie. Dis eerder iemand wat nie toelaat dat sondige begeertes soos losbandige seks sy lewe oorheers nie. Die Heilige Gees kan jou lewe beheer sodat jy ten alle tye rein voor God kan wees.
Y staan vir ywerig – Iemand wat bereid is om lekker hard te werk in die jeug, kerk, skool maar ook met ander mense en met haarself. Dis nie een wat niks self kan doen nie en dan verwag dat ander mense alles vir haar moet doen nie. (Van Rensburg: 1995)
E staan vir eerlik: Die Here is nie tevrede met iemand wat nie met die waarheid besig is nie. ‘n Mens moenie nog wonder of jou kêrel / meisie lieg nie. Eerlikheid vorm ‘n integrale deel van ‘n verhouding.
R staan vir regtig: Ons moet opreg wees. Hy / sy moenie vals wees nie. Dit moet iemand wees vir wie jy vertrou. Die iemand wie se ja, ja is en sy nee, nee is. Albei persone moet gereed wees vir seks. Ons moet deur alles wat ons doen of ons nou vry – vir God dien met ons lewe en liggame. (Van Rensburg: 1995).

Baie mense wil duidelike riglyne in hulle lewe hê. Ons moet / kan self besluit oor wat reg is of wat verkeerd is. En as jy verkeerde dinge doen moet jy die gevolge daarvan dra. Maak die regte keuses in jou lewe – dan sal jy nie spyt wees nie.

Te ver gaan:
Al sê die Bybel nie hoe ver jy moet gaan nie het God vir jou ‘n verstand gegee om mee uit te werk wat reg / verkeerd is.

Waar begin seks?
Enige optrede wat maak dat jou natuurlike drange voor die huwelik die oorhand kry – beteken dat jy te ver gegaan het met die vryery. ‘n Verhouding is om julleself en mekaar voor te berei vir die uiteindelike verhouding in die huwelik – ‘n kontrak met mekaar en God. As jy nie getroud is nie en doen die huwelikse dinge soos seks verbreek jy die kontrak tussen jou en God.

Versoekings
Ons kom partykeer in situasies wat ons nie kan hanteer nie.
Ons glo die verhoudings waarin ons is, is reg. Niemand moet ons vertel nie.
Omdat ons dalk so grootgemaak is en omdat die Bybel sterk vir reinheid en teen onsedelikheid staan voel ons skuldig, sleg en sondig.
Ons voel soms verward omdat ons drange so sterk is (soos seks) dat ons skuldig voel – “Is ek nog ‘n kind van God as ek so sterk oor seks voel?” Ja, jy is. Drange is normal deur God gegee. Ons moet leer om ons begeertes te beheer. Moet jouself nie in situasies plaas waar jy weet dat jy verseker nie ten volle in beheer gaan wees nie.
Begeertes / drange raak al hoe moeiliker om te beheer veral as jy drink, dwelms gebruik. Hierdie dinge maak jou kop dof sodat jy nie meer “oopkop” kan dink nie.
Drange is ‘n werklikheid in jou, maar hulle is nie jou baas nie. Jy is baas oor jou drange en jy kan dit beheer. (Van Rensburg: 1995)

Beplanning
‘n Tiener het baie dinge in sy gedagtes en baie planne daarvoor. Ons beplan wat ons wil word bv. Dokter, ons daaglikse taak.
Maar ons beplan nie ons seksuele en verhoudingslewe nie. Ons storm sommer halsoorkop in ‘n verhouding of seks in. Elkeen van ons moet tyd maak om vir die gawe of geskenk van seks in sy of haar lewe te beplan. (Van Rensburg: 1995:54)



‘n Manier om jou te help om oor die doel van jou liefdeslewe te besluit

Vraag 1: Wat beteken seks vir die tiener?

Hoe sien die tiener seks? Is seks net ‘n behoefte wat gaan oor die daad wat jy met jou liggaam doen of is seks vir jou iets meer as dit?

Vraag 2: Waar pas seks in vir die tiener?

Is seks vir die huwelik of is dit iets wat jy maar kan vat of gee as jy lus is? Is dit belangrike dat seks in die huwelik ‘n fees moet wees waar jy jou ten volle kan oorgee? Wil jy graag ‘n seksuele verhouding ervaar wat sonder skuld gevoelens en siektes is? Wil jy tevrede wees om by ander rond te slap?

Vraag 3: Wanneer wil jy seks hê?

Wanneer moet dit gebeur? Moet dit na my troue wees, moet dit op my wittebrood plaasvind? Moet dit tydens ‘n romantiese sessie wees met ‘n romantiese vreemdeling, iemand wat jy nie weer gaan sien nie (vakansie romance)? Moet jou eerste keer laatnag na ‘n movie of op die agter sitplek van ‘n kar wees of na middag as julle van skool af kom in jou kamer of op die bank in julle sitkamer? Wanneer?

Vraag 4: Met wie?

Moet dit iemand wees wat alles gee vir ‘n lewenslange verbintenis of iemand wat net vir die oomblik ‘n bietjie plesier soek? Gaan dit die een wees met wie ek die res van my lewe wil verbind of sal dit een wees in die groep met wie ek wil “in” wees. (Van Rensburg 1995:56)
Jy sê self wie, wat, wanneer en waar. Niemand moet dit vir jou doen nie.

“Ek is net jammer dat ek nou eers by die Here uitgekom het. Dink net hoeveel ek al in die lewe gemis het.”




WELLUS / LUS / SMAAK

Wat is wellus / lus? Dit begin wanneer jy besluit om jouself in ‘n lekker seks situasie in te leef. ‘n Ou sien ‘n mooi meisie in sy gedagtes en hy is besig om haar uit te trek.

Grappe: Ons is geneig om grappe (jokes) te maak oor seks (meisie hoe lyk dit ek en jy vanaand naked), maar Jesus voel anders daaroor (vgl. Matt 5:28) Wellus / lus is ‘n stil sonde – Jou kleur verander nie – niemand sien dat jy iemand smaak nie.

Voorkoming van wellus: Jesus se standaarde is hoog. Jy kan nie self probeer om volgens daardie standaarde te leef nie. ‘n Christen het hulp. Die Heilige Gees help ons om te doen wat onmoontlik was. Moet bid, Bybel lees en Heilige Gees vra vir hulp. Jy moet ook jou kant bring. Lees Fil 4:8

“Dink aan iets anders! (Fil 4:13) (Rom 12:1-2)
“Brake”. Trek die noodrem; STOP

Druk om seks te hê: Jou vriende glo “almal doen dit!” Jy doen dit om ook in groep te wees om “in” te wees! Ons soek somtyds liefde en aanvaarding. Glo enige ding wat kêrel vir ons sê. Ons wil somtyds deur seks, voel dat ons vir iemand belangrike is en iewers behoort.

Elke seksverhouding raak jou diep en oral: As jy sommer so in die verbygaan selfs met net een persoon seks gehad het kan jy dikwels gevoelens van spyt ervaar.

Ware liefde??
Meisies voel dat hulle ‘n ewige liefde gevind het – raak gouer verlief – en nou verwag hulle om met daardie ou te trou.
“Eerste liefde is die begin van nog ander liefde” - Ouens dink dat om seks met ‘n meisie te hê, sy manlikheid sal bewys. Baie keer luister die ou na sy vriende se lieg stories oor hoeveel meisies sy vriende gehad het, en wil dan ook so wees. (Van Rensburg 1995)

Vandag se media (TV, tydskrifte) wil hê die jeug moet open minded (open) oor seks wees. Jy moenie so outyds oor seks wees nie. Ons dink dis reg om gereeld met jou kêrel / meisie in die bed te spring – soos wat hulle op TV doen.
Die TV sê somtyds dat die eerste keer voel asof jy in die hemel is, maar die werklikheid is anders. Tieners wat daardeur is vertel ‘n ander storie van pyn, ongemak, teleurstelling (die ou het haar gedrop).

Skade en gevolge van seks raak miskien nie jou lyf nie – wat jy kan sien en voel nie. Skades sluit in swangerskappe (wat somtyds lei tot aborsies), VIGS, Seksuele oordraagbare siektes.

Verhoudings wat op seks uitloop, haal twee mense uit die samelewing uit. Hulle leer nie regtig om soos ander van hulle ouderdom in die samelewing aan te pas en met ander mense kontak te hê nie (Vroeg ryp, Vroeg vrot)

Hormone het nie breins nie – Jy moet vir hulle dink.

As jy betrokke is by iemand – seksuele – beteken die seksuele verhouding dieselfde vir julle altwee – of is die een van julle daarop uit om vir ‘n kort tydjie ‘n lekker tyd te hê?
Hoe sal jy voel as jy swanger raak of jou meisie swanger raak?
Hoe sal jy voel as jy MIV Positief is?
Lees Efs 5 (grootste langtermyn skade van seks)
Spr. 6:27-28 (Bybelse houding teenoor seks wat net gebeur)

‘n Mens se gedagtes kan ‘n ding aan die lewe hou wat eintlik lankal reeds dood is.

Matt 5:27-30 praat van seksbegeertes en wat jy daarmee moet maak.
Jy moet dit vir die deel wat sondig onmoontlik maak om dieselfde sonde weer te doen.
Die afkap en uitdruk maak baie seer! Enigste pad na ‘n nuwe begin.

Jy mag NEE sê
Nie altyd maklik om NEE te sê nie.
Alles wat ‘n mens vir die eerste keer doen voel snaaks, onseker, anders. Nadat jy dit ‘n paar keer gedoen het gaan dit al hoe makliker en raak jy selfs goed daarin.
Redes hoekom jy moet nee sê: Godsdienstige redes, bangheid, kennis oor jouself.


DRUKHANTEER


As jy my regtig liefhet sal jy dit doen.As jy my regtig liefhet sal jy my nie druk nie.

Ek wil net vir jou wys dat ek jou liefhet.Daar is ander maniere om ons liefde te kan
Bewys.

Almal doen dit.As almal dit doen is daar ander wat dit sal gee.

Jy maak my mal.Ek dink nie so nie. Lyk my jy is klaar mal.

(Van Rensburg : 1995)
Praat oor seks

Baie jongmense raak by seks betrokke omdat hulle nie daaroor kan praat nie. Praat daaroor en doen dit nie. Moenie bang wees nie. Praat met die Here oor seks – vertel Hom van jou begeertes / drange. 1 Kor 10:13

Seks het wel ‘n reverse (trurat). “Onthouding” beteken dat jy kies om nie langer intieme seksuele verhoudings te hê nie.

Onthouding = trurat = afskakel

Dit is moeilik.
Dit kos selfdissipline (staan sterk by besluit en dwing jouself om nie weer daarvoor te val nie)
Die rede tot onthouding – God gee die regte rede “die beste plan vir jou lewe.”






Hoe om op te hou:

Jy moet beheer van jou sekslewe oorneem en nie langer toelaat dat seks jou beheer nie.
Vra jouself eers vier (4) paar Praktiese vrae af:
Waar het seks gewoonlik plaasgevind? (bv. my kamer)
Watter tyd van die dag het seks plaasgevind?
Waarmee was julle besig of nie besig nie? (bv. huiswerk)
Wat het tot seks gelei? (vry??)

Hoe gaan jy hierdie gevaarsituasies vermy?
Wanneer ‘n mens baie aktief is skei jou lyf hormone of testoroon by seuns en estrogeen by meisies wat seksdrange opjaag!
Leer mekaar van nuuts af.
Konsentreer op wat is vir julle spesiaal, laat mekaar spesiaal voel.
Fokus op die dinge wat in die begin van julle verhouding vir julle beide na mekaar getrek het, en wat julle weet vir mekaar spesiaal was en bou verder daarop.

As jy deur jou liefdeslewe oortree het kan jy opstaan uit die omgekrapte bed wat jy vir jou self opgemaak het. Die Bybel sê as jy jou sonde bely sal God dit wegvat en jou skoon en nuut maak.
Jy kan weer voor begin. Word sterk en ryper en leer van die lewe en moenie weer dieselfde fout maak nie. Rig Here se pad met julle en julle seksskuld.

Hoekom wag

Seks kan nie liefde maak nie (love making)

Voorhuwelikse seks lei baie makliker tot buite egtelike seks – seks word goedkoop gemaak.
Skuldgevoelens oor seksuele aktiwiteite maak dat jy negatiewe gevoelens oor seks kan hê.
Eerste keer van seks steek jy ‘n grens oor, en kan jy nie meer terug draai nie.
Sonder om seksuele betrokke te raak kan jy ook vir jou ‘n vriendekring opbou. Vriende is wonderlike gawes van God. Vriendekring is vir jou ‘n verlengstuk van jou gesin. (Van Rensburg: 1995)
SELFAANVAARDING

1. Aanvaar jouself

Verskil is tussen hoe jy in jou eie oë is en hoe ander mense jou sien.
As jy aanhou dink dat mense nie van jou hou nie kan jou optrede teenoor mense so wees dat jy dit later hulle houding teenoor jou sleg beinvloed.
As jy nie met jouself tevrede is nie, is jy eintlik so besig met jouself dat jy nie voluit met ander kan saamleef nie – Jy moet dan ‘n vertoning opsit.

2. Aanvaar jou drange

Jy moet nie sleg / ongelukkig / skuldig voel oor die drange wat jou so vasvat nie.
Die Here het die drange in jou geskep.
Aanvaar dat die Here jou as Christen so ‘n manier en hulp gegee het om die drange te beheer (Gal 5:25).

Radikale optrede tot verandering

Breek die siek kringloop
Hou op! (Matt 5: 29-30)
Briek jou kop.
Stop wat jy doen.
Blaas jou kop skoon
Moenie net nuwe gedagtes probeer uitdink om die siek gedagtes uit te jaag nie – Jy moet die manier waarop jy oor jouself en liefdeslewe dink skoon kry.

Vriendekring
Goeie vriende – Goeie lewe.

Vertroueling
Kry iemand wat jy kan vertrou.

Vrees om te gee
Mense is bang om hulleself aan ander mense oor te gee, want dan beteken dit die ander een moet iets teruggee, en dan skuld hulle mekaar.

Aanvaar jouself voor God
Sien jouself as iemand wat nuutgemaak is. (1 Kor 5:7)

Verteenwoordiger
Jou lewe is nie vir jouself nie. Jy het werk in hierdie wêreld om names God te lewe. Jy is die Here se teenwoordiger.

Verantwoordelikheid
Kies optrede. Neem verantwoordelikheid vir optrede.


Vryheid
Die Here het jou lief en gee vir jou die vryheid om self keuses te maak oor liefde.

God het die mens geskep om as ligdraer in hierdie wêreld te wees. Seks is ‘n gawe van God aan die mens. Wanneer seks in die konteks van liefde beoefen word sal beide partye seks geniet en nie skuldig oor die daad wees nie. Skuldgevoelens ontstaan slegs wanneer die daad verkeerdelik plaasvind en waar geen liefde is nie en geen Beplanning gedoen is nie. Die jeug moet gedurig bewus wees van die gevare van voorhuwelikse seks omdat die jeug die volwassenes van more sal wees.


Dr Christo Karelse



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar