Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wie was Jopie Fourie?

Was hy ’n rugbyheld? Nee, hy was nie. Hy’t nie vir die Bulls of selfs vir die Springbokke rugby gespeel nie. Ek glo nie hy’t eers geweet wat rugby is nie.

Was hy ’n Afrikaanse sanger? Nee, dit was hy ook nie.

Baie toevallig lees ek oor die naweek ’n boek met die titel, Jopie Fourie. Die boek is in 1940 her-uitgegee deur Voortrekkerpers Beperk (eerste uitgawe 1915). Die skrywer was ’n ene J. M. De Wet. Maar, wie was hierdie man en hoekom sou iemand ’n boek oor hom wou skryf?

Was hy slegs ’n vergete held uit ’n vergete verlede.

Jopie Fourie is op Sondagoggend 20 Desember 1914 doodgeskiet, agt ure nadat hy tydens ’n baie twyfelagtige veldkrygsraadverhoor skuldig bevind is aan hoogverraad. Hy was nie eers toegelaat om sy vrou of sy ouers te groet nie. Eers op 27 Oktober 1915 was hulle toegelaat om sy lyk te gaan herbegrawe. Hierdie skuldigbevinding het plaasgevind met die volle medewete van Genls. Louis Botha en J. C. Smuts in ’n poging om ’n einde te probeer bring aan die Rebellie van 1914. Volgens die Volkstem van 21 Desember 1914 het Generaal Smuts geweier om verskeie petisies vir begenadiging te ontvang voor eers na die teregstelling. Jopie Fourie se teregstelling volg kort na die tragiese dood van Generaal Koos de la Rey op die 15e September (per ongeluk of bepland?) en daarna Generaal Christiaan Beyers se “verdrinking“ in die Vaalrivier op 8 Desember 1914.

Jopie Fourie se “sonde“ was dat hy Generaals Botha en Smuts se besluit om Duits-Suidwes Afrika (huidige Namibië) binne te val, aktief teëgestaan het. In sy betoog tydens sy “verhoor“ sê hy die volgende: “Ek kan nie insien waarom ons jong Afrikaners vir Engeland se eer moet veg nie.“ En, met die wonde nog rou na die Tweede Vryheidsoorlog waaraan hy self deelgeneem en ernstig verwond is, “... wanneer ek dink aan die 30,000 vrouens en kinders wat vermoor is, sien ek nie waarom ek Engeland moet help om sy eer omhoog te hou nie. Nogmaals daag ek enige man uit om die vinger na my te wys en te sê: ’Jy’t ’n fout begaan!’. Ek weet dat die regering my as ’n rebel beskou en in my terleurgesteld is. Ook is ek terleurgesteld in die regering wat ek gehelp op die been bring het en waarvoor ek my bloed opgeoffer het.“

Wat my egter laat nadink het, was die voorwoord van die 1915-uitgawe. Ek haal aan: “Die toekoms sal ons leer of die ontwaking wat by die Boerevolk ontstaan het van blywende aard is. Moontlik is dit maar ’n verbygaande verskynsel.“

En ook Kommandant Josef (Jopie) se eie woorde: “Ek glo dat die Godheid ’n bepaalde doel beoog met die nuwe volksplanting in Suid Afrika; ek glo dat Hy die volk wat onder verdrukking gebore is, wil sien groei en bloei tot eer van Sy naam; ek glo stellig en vas dat Sy bedoeling nie is om hier (in Suid Afrika) ’n tweede „“Groot-Brittanje“ te laat ontwikkel nie. Vir hierdie oortuiging is ek bereid om my lewe te gee.“

Jopie Fourie se laaste woorde was gerig aan sy volk in ’n eenvoudige brief. Ek haal net ‚’n gedeelte aan. “Getroue Afrikaner, Vriende en Vriendinne. Teen die tyd dat u hierdie brief lees sal ek reeds by my Hemelse Vader wees. Die Afrikanerboom wat geplant is en met my bloed benat word, sal groei en heugelike vrugte dra.

....ek vra nie trane of rou oor my nie. Wees net getrou aan julle tradisies; wees getrou aan julle volk; wees getrou aan julle godsdiens en aan julle God. Vaarwel my volk, vaarwel my land.“

Jan F. E. Celliers skryf in sy gedig, ’n Wekroep tot die Volk ,

Vriend en vyand en renegaat,
luister toe! Dis ’n man wat praat –
Jopie Fourie

’n Vergete held uit ’n vergete verlede. Maar, dit laat mens nogal dink, né?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nee oom Kaspaas: die Engelse het nie gekom om te verengels nie, hulle het gekom om te steel. Amen.

Die "beskawings taak" "ver- Christeleking" en "ver Engelsing" was mmar net die dekmantel waaronder hulle dit wou doen: In plus minus 1840 wou hulle so gou moontlik van die kolonies ontslae raak want dit was 'n drein op die 'exchequer" (lees Phillip Gon se boek). Toe steenkool, diamante en goud ontdek is, maar veral steenkool (dit was toe soos ons olie vandag) het die beleid net so omgeswaai en wou hulle skielik die land onder federasie kom "beskaaf" - ergo, hulle het doodeenvoudig kom steel en moenie die kak glo wat hulle as wenners al die jare in die boeke geskryf het nie.

en Nico:

Wat het die Engelse vir ons gegee wat ons nie by, bv. Duitsland of Frankryk kon kry het nie? Ek sal jou se: 'n besonders bitsige form van apartheid!

Die boere het grootliks die swart stamme uitgelos en saam met bv. griekwas of swazi's geveg in grensgeskille - hulle soewereiniteit is grootliks hoewel nie deurgans nie, erken. Dit word bv ook gese dat daar amper soveel gekleurdes in die gevegslaer by bloedrivier was as witmense.

Die engelse darenteen het die enigste swart nasie wat hoegenaamd beskaafd en gevorderd was, nl. die Zulu, ontman en onderwerp en oornag van 'n goeie buurman verander in 'n vyand en in 1913 vir ons onomkeerlik in 'n verkeerde rigting gestuur waarvan ons nou baie suur vrugte pluk.

En in elk geval, die engelse het soos gebruiklik, geveg "to the very last scotsman"

Nee nico, moenie dat hulle jou bluf nie...
10 jaar 6 maande 2 weke oud


Agterlikheid
Ek is geneig om te verskil met die argument dat die ou klomp Boere net wou boer. Die ou Zuid Afrikaanse Republiek het 'n hele paar goed geleerde en bekwame manne in sy regering gehad met visie en wat juis voorstaanders was van ontwikkeling (Let op die, vir die tyd gevorderde, ZASM spoorlyn na Mosambiek). Kyk ook gerus na die hoë standaard van die paaie en bouwerk in Pretoria en Bloemfontein net voor die ABO. Die Republiek van die Oranje Vrystaat was in heelwat bronne bestempel as 'n Modelstaat waarvan die skole veral op 'n baie hoë standaard was. Ja, Paul Kruger was tot 'n mate selfsugtig, maar die ZAR het juis tot stand gekom om onder Brittanje se hiel uit te kom. Die goud was toevallig in Jhb ontdek maar juis dit het Rhodes se oë laat glinster.

Brittanje het nie gekom om te ontwikkel nie, hulle't gekom om te melk wat hulle kon en wat oorbly te verengels.
10 jaar 6 maande 2 weke 2 ure oud


Nico:

nog net twee dinge:

die britse soldate was as 'n reel nie lafaards nie en het gedoen wat hulle beveel was - baie van hulle met geweldige teensin: dit was (deel van) die engelse regering, rhodes, milner en kitchener in daardie volgorde wat die skurke van die mees laakbare soort in die verhaal was.

as daar 'n volkstemming oor oorgawe was sou ek toegee dat alle burgers getrou moes wees aan die kroon en verplig was om Bobs se proklamasies te eerbied. dit wil my egter voorkom of oorgawe van die 'formele miltere magte' as daar so iets was geen uitgemaakte saak was nie en dat elke burger vry was om sy gewete te volg - dit was immers in elk geval hoe die kommando sisteem tot 'n groot mate gewerk het - en kon bobs dus proklamsies uitriek tot hy blou in die gesig was - hulle had gewoon geen krag nie
10 jaar 6 maande 2 weke 6 ure oud


sorrie, vir burger oorlog lees asb guerilla oorlog
10 jaar 6 maande 2 weke 6 ure oud


Nico

ek wil my nie uitlaat of die voortgesette burgeroorlog reg was aldan nie... dit maak immers nie veel saak as die inval waarteen dit gegaan het 'n vekragting van die boere republieke se regte was nie en wat verby is is verby

maar verkroeide aarde as 'n erkende taktiek moet jy asb. mooi verstaan: dis grond en bates wat 'n land vrywillig opoffer om sy grondgebied aan die vyand te ontken - soos wat die russe dit in wereldoorlg 2 gebruik het.

die boere plase was nie die engelse sn om op te offer nie en die internering van non-combatants deur milner en kitchener was misdade teen die mensdom op presies dieselfde wyse as wat die algemeine SS dit gepleeg het en kruger se onnoselheid aldan nie kan nooit dit regverdig nie

lees gerus my "ant raaitjie"...


10 jaar 6 maande 2 weke 6 ure oud


Nico:

die Engelse het nie gewag nie - hulle het probeer doen wat amerika in texas gedoen het - dws om 'n bevolking te plant wat dan regte kon opeis - dit was goedkoper as oorlog - en onthou amper die totaal van engeland se militere begroting is in sy vloot bele nie sy klein weermag nie, so hulle was i.e.g. nie gereed voor die laat 90's om te probeer (na hulle katastrofes in sudan en afghanistan) doen wat die amerikaners met santa anna gedoen het nie

hulle het op 'n ander wyse te werk gegaan as met koning Cetshwayo, maar hulle het hulle weer presies dieselfde misreken as met hom en tot hulle skok by kraaipan reeds begin agterkom dat dit geen piekniek sou wees

die uitlanders was nooit nie 'n ware bevolkings planting nie, hulle was dieselfde groep enkellopende mans wat van gold strike na gold stike getrek het en as sulks had hulle geen belang by die land gehad anders as om sy rykdom te stroop nie en was hul dus per definisie nie op bugerregte geregtig nie

ek stem egter saam dat kruger hulle na de la rey moes geluister het (hy was teen die oorlog maar uiteindelik toe ook die beste veggeneraal onder die lot)
10 jaar 6 maande 2 weke 6 ure oud


'n Vergeefse Ideaal
Jopie Fourie was, anders as die grootste meerderheid van sy tydgenote, 'n hoog- geleerde man. Sy ideaal was eenvoudig, vryheid weg van die onderdrukkende en vernietigende Britse Imperialisme. Smuts en Botha het hulle heil en voorspoed by die Britte gesien en hulle sou nie toelaat dat rebelle daardie strewe van hulle kom saboteur nie. Fourie was 'n klein genoeg vissie in die internasionale arena om op te offer. Al daardie strewes en ideale was in elkgeval 'n mors van tyd. Dit was maar net vir my mooi om te lees dat daar wel mense was wat na beter gestreef het omdat hulle in iets groter geglo het.
10 jaar 6 maande 2 weke 7 ure oud


'n woordeboek oppie net se:

"...honour (n)
1. personal integrity; allegiance to moral principles..."

Fourie, Smuts en die res het natuurlik dit pot misgesit. Die Ingelse het wereld oorlog een gewen (hier in 1915 reeds) en ons weet nou reeds dat die wenners altyd die geskiedenis skryf. Aldus is in alle weergawes seker maar gereken hoe dat daar dan vir Engeland se "eer" geveg sou word.

Dis natuurlik die grootste spul stront, want soos die Ingelse die Zulu oorlog baklei het om daardie volk se swart goud (steenkool) te steel; en soos hulle in 1899 baklei het om om Transvaal se goud goud te steel, so het hulle in 1914 baklei om die Keiser se diamante in Duitswes en sy kolonies en wereldmarkte elders te steel. Dit had absoluut niks met enige vorm van eer (hetsy integrity or allegiance to moral principles) te doene gehad nie: ek wil stout wees en se dat Fourie dit wel heel moontlik besef het en dat sy werklike woorde deur die uitgewers verdraai is na "eer" toe, hoewel ek dit uiteraard nooit sal kan bewys nie... "but I wouldn't be surprised".

Die enigstes met integriteit in die hele transaksie was dies soos Fourie, wat bereid was om op te offer vir waarin hulle geglo het naamlik dat hulle nie bereid was om vir Engeland se "eer" of dan eerder sy geldgierigheid, ander mense te loop dood maak nie.

Maar ek se maar net
10 jaar 6 maande 2 weke 19 ure oud


Jopie Fourie was 'n dapper man met 'n great van.
10 jaar 6 maande 2 weke 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar