Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek beskou myself as ’n redelik intelligente mens wat rasioneel oor gebeure, uitlatings , skrywes en stellings kan dink.
Ek aanvaar ook sekere uitlatings en beskuldigings.
Ek aanvaar dat dit die lugdiens personeel is wat HIV die land ingebring het.
Ek aanvaar dat Apartheid tornado’s veroorsaak wat slegs informele nedersettings tref; Ficksburg en die Oos-Rand tans.
Ek aanvaar dat die moordenaar(s) honger was en toe maar die huismense gemartel en vermoor het.

Ek aanvaar baie dinge.
’n Ander aanvaarding is die rede waarom slegs jongmense as soldate gekies word.
Jongmense glo in hulle self.
Die jongman glo hy sal onder al daai koeëls kan uithardloop. Hy glo hy sal vir daai koeël kan weghardloop.

Ek aanvaar ook dat ek by veranderinge moet aanpas.
Dinge verander deesdae baie vinnig. Ek sukkel bietjie om te aanvaar.

Luister na hierdie een:
Dit is laatnag. Eintlik is dit vroegoggend; 01h20.
Die jongmense kom rustig in hulle motortjie aangery. Baie rustig so teen ongeveer, net, die spoed van klank, in die beboude area.
Die bestuurder sien die kruising en onthou hy wil graag 90 grade draai by die kruising.
Hy draai 90 grade.
Op dieselfde oomblik gebeur nog iets.
Die 100 jaar oue Eikeboom is moeg van staan en niks doen. Hy besluit op bietjie aksie met ’n moorddadige ondertoon.
Die ou Eikeboom sien die rustige aankomende motortjie met die vrolike, lewenslustige jongmense en besluit:
Hier staan ek en niks doen vir ’n honderd jaar en daar ry die vrolike mense rustig in hulle motortjie en geniet hulle self; Dit is sommer twak.
Watch my!

Die vrolike bestuurder wil rustig sy draai, draai toe beweeg die boom en die mannetjie skrik en wil meer uitdraai om die boom te mis, maar die ou Eik het sy moord plan mooi uitgewerk.
Hy verkreukel die karretjie met sy 100 jaar oud stam.

Die getuienis is oorweldigend. Die boom se meesterplan ontbloot.
Groot opskrif met foto:
“MY KIND WAS FISIES DOOD,” Sê HOOPVOLLE MA.

Onderaan die groot foto bevestig die skrywer met:
Die akkerboom wat byna Gerrie de Jager se lewe geëis het. Gerrie, ’n uitblinker op akademiese gebied kan, moontlik verlam wees.

Ek het nog altyd die Natuur as liefdevol en ‘doen net sy eie ding’ gesien.

Nou moet ek verander. Ek moet rondkyk en opkyk.
Ek gaan dit dadelik doen.
Ek gaan met die Soetdoring praat. Hy moet asseblief nie griewe vertroetel nie.

Hoekom gaan daar ’n rilling deur my as ek naby die boom staan?


Ek verwys:
Potchefstroom Herald; 30 September 2011
Bls. 3



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jou moordenaar
Sou die 'boom' kon systap, na jare van geanker wees op daardie spesifieke stukkie grond? Ek het so 'n familielid wat, toe hy jonk was, dieselfde uitdagende houding gehad het...onverskillig teenoor die lewe en gelukkig dat hy vandag nog leef om daarop terug te kyk en dankbaar kan weess, dat hy vir daardie onverskillige jare nie 'iets' moes inboet nie...mooi skrywe hierdie, Willem, net jammer dat die jeug nie besef hoeveel seer hulle gedrag soms veroorsaak deur sulke optredes nie, dat hulle nie weet die lewe is 'n landmyn-gebied nie!
8 jaar 1 week 5 dae 14 ure oud


Eikeboom
Ag, dalk het die ou boom maar net besluit dat dit sy beurt is om die 'hugging' te doen, en toe glad nie aan die gevolgde van sy liefdevolle daad gedink nie.

Bly maar oopoog vir liefdevolle dinge. Dit kan katastrofies wees.
8 jaar 2 weke 15 ure oud


Die boom
Ai toggie, as bome darem kon praat ne. Dankie vir nog lekker storie
8 jaar 2 weke 19 ure oud


O jinne...
Nou is ek bang. Dink jy die bome hier in Oz het Suid-afrikaner-boom-brein-potensiaal, of is hulle breindood soos Oz-skape? Daar staan hoeka twee GROOT bome in my voortuin neffens my oprit... Dink ek moet van nou af liewer in die straat parkeer. Die beste verduideliking van hedendaagse verwarring wat ek gehoor het is dat dit Verwoerd was wat die wiskunde so moeilik gemaak het. Geen wonder ek het my as af gesukkel daarmee nie. Simpel ou imbesiel!
8 jaar 2 weke 1 dag 3 ure oud


Tornado's
Hoe lag ek nou vir die apartheidstornado's!!
8 jaar 2 weke 1 dag 4 ure oud


Eikeboom
Dis wat ek nog altyd sê. Mens moet goeie verhoudinge met jou bome handhaaf. Hier is juis so baie daarvan hier oppie plaas.
8 jaar 2 weke 1 dag 16 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar