Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op haar sterfbed het my moeder aan my gesê dat sy hoop dat God haar vir al haar sondes sal vergewe.
As haar kind, het ek nooit my ma se geloof in God in twyfel getrek nie, tot aan haar einde was haar laaste gedagte aan haar God.
Dit was eers later dat ek ‘n duisend gedagtes probeer deurwerk het oor geloof, maar op daardie oomblik het ek haar met vrae geantwoord:
Ek hoop nie daar is iets wat Mamma teen mý hou nie. Het Mamma my vergewe vir wat ek alles teen Mamma gesondig het?
Haar antwoord was dat sy my lief het en dat sy niks teen my hou nie en my vraag aan haar was:
As Mamma se liefde vir u kinders so groot is, hoeveel groter is God, ons Vader, se liefde nie vir Mamma nie? Hy sal niks teen Mamma hou nie.
Sy het rustig in ‘n diepe slaap verval en ‘n rukkie later haar laaste asem uitgeblaas.

Daar het baie dinge in my lewe gebeur wat ‘n groot invloed op my geloof gehad het maar een ding kan ek nog nie kleinkry nie. Hoe kan iemand die idee in ‘n Godskind se hart plant, dat sy God, ‘n god van vergelding is? ‘n God wat hom blootstel aan gevare en siektes en swaarkry en hartseer, om hom te beproef? Om hom sterker te maak? Sal jy dit aan jóú kind doen?

Jou kind is uit jou gebore en jy ken sy beperkings, hoekom op aarde sal jy hom toets en treiter en volter? Vir watter rede? As jou kind in ‘n ongelukkige huwelik is waarin sy menswees afgetakel word, of hy/sy word aangerand soos ‘n dier, liggaamlik of sielkundig, of jou kind is bitter ongelukkig, sal jy as ouer maar net terug sit en sê: “Dit is my as ouer se wil dat jy swaarkry. Jy het mos ‘n gelofte gemaak en jy het self jou bed opgemaak, nou moet jy maar daarin slaap”? Waar lê die liefde? Maak dit sin? Is dit wat God vir sy kinders wil hê?

Vandag is my hart bitter seer. Ek sien soveel Godskinders wat deur diep waters gaan en dit maar gedweë aanvaar dat dit God se Wil is. Ek wil vir daardie mense vandag vra, gaan lees Psalm 23. Die Here is my Herder,
Niks sal my ontbreek nie...

Staan op en verander jou lewe. Ek is oortuig daarvan dat jou God nie van jou verwag om soos ‘n natgereënde hoender in sak en as te sit nie. Dít kom nie van Gód af nie. Jý is ‘n Godskind en verdien dit om gelukkig te wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dit is so waar. Ek stem met jou saam. Dit is nie God wat ons kasty en seermaak nie, maar eie keuses en menslike omstandighede. Dankie vir jou pragtige artikel.
11 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 2 ure oud


Mooi en lekker positief geskryf...en waar. Dankie!
11 jaar 2 maande 5 dae 8 ure oud


Godsdiens!
Hi PM!

Ja nee... Die vrae wat almal vra. Ons wil almal in die hemel wees, maar ons is almla bang om dood te gaan...

Dit is verseker nie God wat ons in die dinge plaas nie, dit is nie Hy wat die dinge oor ons pad stuur nie en dit is nie die Vader wat in die aande sit terwyl ons slaap en dink wat gaan hy nou more met ons doen nie.

Ek glo ook nie dat dit die duiwel is wat die goed aan ons doen of oor ons pad stuur nie. Sekerlik speel hy 'n rol in die gebeurtenisse, maar ek glo nie dat dit gemanipuleer word nie.

sonder sleg kan daar nie goed wees nie, en sonder goed kan daar nie sleg wees nie. Die een is net so belangrik soos die ander. Was die duiwel nie deur God geskape om die rol van die sleg in te neem nie? Was dit nie Satan se doel van die begin af nie?

Al wat ek kan se is dat daar baie is wat ons nie sien nie, en dit wat ons nie kan sien nie, kan ons nie verstaan nie. Ons kan maar net glo... dit is wat dit beteken...
Doen wat jy glo is reg en se wat jy glo is goed. Baklei vir die wat nie kannie en staap op vir die wat die beskerming nodig het. Daar is baie goed wat ons op die aarde kan doen, en ons almal het 'n doel om te vervul, wat sal ons anders met ons tyd doen...? Eet, werk en slaap...? Ek dink nie so nie...

As jy in die aande kan gaan slaap en met eerlikheid kan se: "Vandag was 'n goeie dag, ek het vir iemand iets beteken en ek maak die wereld 'n beter plek." dan sal jy okay wees. God sal sorg vir die res, Hy soek nie jou liggaam nie, Hy soek daai wat mens nie kan sien nie...
11 jaar 2 maande 2 weke 14 ure oud


Jy is 'n Godskind
Dankie vir die deel hiervan. Jy spreek ware woorde. God bring nie die swaar dinge oor ons nie maar is altyd daar om ons te dra en ondersteun. Sy moes 'n besonderse mens gewees het. Jou antwoord aan haar is net so besonders. Sterkte.
11 jaar 3 maande 6 dae 17 ure oud


vriendin, hierdie skrywe van jou het my diep aan die dink gesit, en jou deernis is treffend. dankie baie.
11 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


Wonderlike getuienis
Piet Magriet ek het ook die voorreg gehad om by die sterfbed van my skoonpa te wees. Die ongelooflike troos om te weet dat hul as gelowiges sterf maak die verlies soveel minder. Die verlange en hartseer bly baie sterkte vir julle.

Wat 'n wonderlike stukkie waarheid en ongelooflike geloofs getuienis.

Dit is sowaar God het ons nie op die aarde geplaas vir beproewings nie. Hy is daar om ons te dra wanneer Satan hierdie slegte dinge oor ons pad bring om ons geloof te beproef.

Die sterker mens wat jy na jou beproewinge ander kant uitkom is die wonderlike krag waarmee Jesus ons troos. Sterkte
11 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar