Artikels

Titel: Kampvlug
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Doudat die somer aangebreek het, is wintersdrag uit. Daar’s nie salf aan die somer te smeer nie! Ons mense wat univorms moet dra, moet alles net aanvaar. Veral in die skoolvakansies. Dan maak almal tyd vir ontspanning en wegbreek van die besige werkerslewe.

Wie sien nou nie uit daarna om te gaan kamp nie? Ons stadsjapies, miskien, ja. Veral as jy net vyftien minute se ry van jy kampterrein is. Dit was ’n lekker lui beplande vakansie. Net op opstaan, aantrek en ry. Daarsy!

Buite het Henri solank die Audi gaan uittrek. Hek met slot en grendel toegesluit. Boonop alles ook gekyk of ander hekke toe is. Geduldig wag hy vir ons laatslapers by die motor.

Toe ek eindelik buite is, brul die enjin al. Haastig loop ek na die motor en klim in. Dadelik draai ek my vensterruit af, maak my oë bottoe. Die son is skerp, maar lekker warm vir kamp. Dan is my oë weer oop en op en wakker. Vlugtig gluur ek in die truspeëltjie. Die seuntjie slaap soet in die agterste sitplek. Maar Henri bestuur die stuurwiel en kry die wiele op die teerpad.

Nie lank nie, skakel ek die musiek aan. Dis mos deel van kamp! Is dit nie waar nie? Ek voel lus om vrolik te wees, want dis ’n Donderdagoggend. En daar is redelik voertuie op die pad. Motors ry werk toe, terwyl ander jaag om eerste by hul bestemmings uit te kom. “Sjoe!” kom my woorde uit. “Maar die mense is besig vanoggend!”

Henri het net gegrom. “Jy praat van die kampeerders, skat,” laat hy my verstaan, dis nie almal werkers nie. “Ja, maar die paaie is maar altyd so besig in die oggende.”

Ek frons en hou die rigtingaanwyser stip dop. Ons is skaars vyf minute op die pad. En ek begin al klaar opwarm. Is dit die opwinding of net die hitte, vra ek myself ingedagte af. Verby ons ry ’n 4x4 donkerblou motor. Op die motor se dak vasgemaak is lang visstokke en iets wat lyk soos “howling moon” tentgereedskap. Skielik draai Henri skuins op die pad; my bruinhare kry vars buitelug. Die bestuurder langs my koes net-net vir die waaiende hare.

Ons begin te lag in die motor, verpas die groenlig en draai regs. “Uiteindelik!” gil ek opgewonde uit. “Ons is hier by die die kampplek.” By die groot woudgroen hek, betaal Henri die ingangsfooie en bring ’n pamflet saam. Verbaas-bly knik ek my kop, toe hy weer inklim en inry. “Dis bekostigbaar en veilig om te kom kamp.”

Nou word ek snaaks aangelguur. Want dis nie nie plek waar ons eindelik wou kamp nie. Maar nou, ja, dis naby en bekostigbaar! So wat meer wil ’n slaptjip, stadsjapie voor vra. Binne sekondes stop Henri by die eendagbesoekers kampterrein. Ons al drie klim uit, verras oor die stilswye hier. Hier en daar swem ganse; skape wy lekker. Te oulik.

Nabyheid van beskawing was vir ons ’n belangrike punt gewees. Nie net die veiligheid, warm buitelug of ontspanne antmosfeer nie. Alles was net belangrik!


Die seuntjie haal eerste sy krat speelgoed uit. Terwyl Henri die piekniekgoed uithaal, dan die kombers oor die grasperk gooi. Ek stap gemaklik na die damwal; staar uit oor die stinklose donkergroen dam. Nie wat ek verwag het nie. My skouers val teleurgesteld, toe roep Henri my. “Kom help my met die piekniekmandjies goed!” breek hy haar gedagtegang. “Ek gaan die motor in die koelte trek, okei.”

Ek skud my kop en glimlag; stap na die mandjie toe. Smeer sonsbeskermer aan, maar hoe meer ek aansmeer, hoe meer verbrand ek. Ai tog. Henri klim in die motor, skakel die enjin aan en parkeer onder ’n koelteboom. Sugtend kyk ek na Güte. Dan dwaal my oë oor die kamp. Gelukkig is daar ’n speelparkie vir Güte. Miskien moet ek hom aanmoedig om te gaan speel. Ek loop na hom toe, glimlag liefie. “Kom ek en jy gaan speelparkie toe,” moedig ek hom aan. Hy gee een kindervriendelike glimlaggie. Staan op van die kombers, sleep my saam trampoline toe.

Verlangs sien ek Henri uitklim; begin die braaivuur aan die gang kry. O, aarde! Hier kom toe groter moeilikheid as die laatslapery! Op die dam swem ’n groep gaanse. Nie ver van ons kampeerplek af nie. Vet, rond en gesond. Ek en Güte spring van die trampoline af. Arme Henri word oorval deur die ganse. Ons hardloop – hou hoede vas – om hom te gaan help.

Uitasem, probeer ons die gaanse weg te kry. Wat ’n storie! Want net toe die gaanse weer ons verlaat, kom die geblêr! O gats, nog moeilikheid op pad. Uitgeput vee Henri sweet weg, en ek is volgende. Ek draai om en sien skape nader aangeloop kom. “Bêre die brood terug in die mandjie, demmit!” skree ek hard. Maar dink jy my vrouestem laat skape afskrik. O, nee! Die skape glo in hulle natuurlike instikte. Waar kos, is moet geëet word.

Henri besluit op my bevel. So ook bêre hy die koelerboks, want dié word ook aangeval. Alles word beruik, gesnuffel en krimmels opgevreet. Nie dat ek die skape kwalik neem die. Dis hul goeie reg – hul dam – hul grasperk! “Nou wat’s volgende!” skree Henri terug. Dan gil die kind; die skape wil sy speelgoed wegdra. Dit kon die erger gewees het nie!

Ingedagte gluur ek na my polshorlosie: eenuur. “Kom ons vat die pad!” brom ek. Vlugtig kyk ek om my rond. Verdomp! Die ganse het teruggekeer. Nou is hulle hier om te bly; meer skape het ook bygekom. Ons spuit hulle met water... gooi brood eenkant, maar niks werk nie. Naderhand het ons alles opgepak wat rondlê. Die dam vriendelik gegroet. Haastig in die motor geklip, kommentaar by die kantoor gelewer oor die ganse en skape. Die kantoorman was self verbaas oor die hardewas diere. Hy het sy hulp aangebied, maar dis klaar te laat. Ons is sak en pak daar uit die kamp.

Om te dink ons het gegaan om te rus. Maar het meer gewerk, nie dat ek iets teen die diere gehad het nie. Maar, asseblief tog, kry vir hul ander wyvelde. Dis kamppeerders se grond daai!

Met seer, werkende lywe daag ons by Wimpy op. Drink verlig melkskommels. Lag lekker oor die hele gedoente. “Ons kon net so wel gaan swem het,” blaker ek somer uit.
Henri stem beslis saam. “Volgende keer gaan swem ons, wat sê jy.” Hy knik net. Dit klink na ’n uitstekende plan. Net te jammer, ek het nie beter sonbeskermer saamgevat nie. Ai, maar ek mis die swembad. Seer lyf en al.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar