Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Timothy De Vos Botha- As n mens wat n ouer verloor het weens kanker is dit vir my n eer en n voorreg om hieroor te skryf Feite oor kanker
- twaalf miljoen mense wereld wyd hoor jaarliks hulle het kanker
- negentig persent van kankers word veroorsaak deur
omgewingsfaktore en lewenstylle soos rook.
- meer as honderd duisend mense in S.A word jaarliks
gediagnoseer met kanker
- een uit vier S.A burgers word geraak deur n kanker
diagnose wat familie verwant is
- kanker maak jaarliks meer mense dood wereldwyd as
TB,VIGS en MALARIA
- maar slegs tien persent is oorerflik

- daar is meer as twee honderd verskillende soorte kankers

Meer as dertig persent van kankersterftes kan voorkom word deur:
- eet minstens vyf porsies verskillende groente en vrugte
daagliks
- niks meer as twee standaard glase alkohol vir mans
daagliks,vrouens net een.
- geen tabak
- baie water inname
- geen roovleis eerder vis,groentes en soja
- suiker koeldranke,lekkers en vetterige kos kan jou risiko
vir kanker verhoog
- te veel sout kan jou risiko verhoog vir maagkanker nie
meer as 5g per dag nie
- vermy sonbeddens en direkte sonstrale tussen 10:00 en
15:00 daagliks


Algemeenste kankers onder die mans en vroue
Vroue
- borskanker
- kanker van die baarmoeder
- kolorektale kanker
- longkanker
Mans
- prostaatkanker
- longkanker
- beenmurg kanker ook bekend as leukemie
Borskanker
Simptome

- Daar sal n ongewone knop in die bors wees,en die grote/vorm van die bors verander
- Afskeiding vanuit die tepel
- Onnatuurlike rimpeling en verandering in kleur van vel(bors)
- Skubagtigheid van die vel op die tepel
- Swelling in die bo-arm of armholte bo die bors
- Pyn,ongemaklikheid,swelling en warm gloed gevoel in bors

Behandeling
Borskanker in enige stadium

Die kliere onder die arm word verwyder en gestuur vir pathologies ontleding om vas te stel of die kanker enigsins al versprei het, as dit negatief wys het dit nie versprei nie en n rigtingwyser sal vasstel of verdere behandeling nodig is.
Vroee borskanker

Knop in die bors word verwyder en die limfkliere onder die arm en dit word behoudende chirurgie genoem, dan volg n kursus bestraling maar vroue wat menopouse bereik het moer verder behandeling kry wat Tamoksifeen(middel wat hormone blok) genoem word.


Gevorderde borskanker(wat reeds versprei het)

Kan nie soseer op genesing gerig word nie,net beheer van die siekte en lewensgehalte,n chirurgie(masektomie/knopuitsnyding) sal plaas vind wat volg met chemoterapie(middels wat selle vernietig) wat keer dat die kanker weer opvlam en dan bestraling wat ook help om die selle te krimp en te vernietig. Daar kan n moontlikheid wees van Eksterne terapie ook na die behandeling wat die oorblywende kanker selle sal vernietig.

Daar word tans kliniese proewe gedoen vir n nuwe sort(miskien beter) behandeling
Prostaatkanker(uitsluitend longkanker)

Die kanker kan genees word as dit vroeg ontdek word,maar vir ouer mans is die kanse groter om die kanker te kry, dis ook oorerflik en Vitamien D speel n groot rol om prostaatkanker te veroorsaak.

Simptome

- daar sal n afname in die urine hoeveelheid wees
- ongewone onderbrekings gedurede urinering
- behoefte om dikwels te urnineer
- pyn gedurende urinering/saadstorting
- bloed in urine

Behandeling

Geneesheer moet eers volgende dinge in ag neem voor die behadeling proses kan begin:
-of die kanker versprei het
- die pasient se gesondheidstoestand
- die pasient se ouderdom

Snykunde kan gedoen word as die kanker netjies beperk word, dan word die prostaatklier verwyder wat dan gevolg word is die bestralingsterapie/hormoonbehandeling en dan is bestraling nodig om die gewas te vernietig. As alternatief kan radioaktiewe material in prostaat klier geplant word om oor n tydperk die kwaadaardige gewas te vernietig, chemoterapie vind net plaas as die kanker al ver gevorder het.

Dit was n plesier om oor hierdie onderwerp n artikel te skryf.

Timothy De Vos Botha.. (Bronne:http/cansa.co.za,wikipedia.org)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kanker
dankie vir n interessante rubriek ..

ek kan getuig van kanker.. Chemo en bestraling behandeling is nie van die aangenaamste ondervindings in die wereld nie... MAAR ek glo nie aan sny van kanker nie.. die oomblik wat mens aan kliere begin torring maak jy die helse deure oop .... Een ding wat ek geleer het met al die navorsing wat ek oor hierdie gevreesde siekte gedoen het is dat WITSUIKER kanker voed.. Eet soveel rou groente en vrugte met pitte en skil as wat jy kan en beperk jou rooivleis tot n minimum.

Bo alles.... HOU VAS AAN GOD SE GENADE en bly positief want positiewe denke is baie belangrik, MOET NOOIT moed opgee nie!!!
5 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud


Regstelling
" Leukemia (American English) or leukaemia (British English) is a type of cancer of the blood or bone marrow characterized by an abnormal increase of immature white blood cells called "blasts". Leukemia is a broad term covering a spectrum of diseases. In turn, it is part of the even broader group of diseases affecting the blood, bone marrow, and lymphoid system, which are all known as hematological neoplasms. "

Ekke is verkeerd so moet jy nie jammer sê nie!
Hoop dit help x
5 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Ano
kanker
Sjoe. Ja, beslis een van die siektes van ons tyd. Ek glo ook nie daar loop 'n enkele persoon rond wat nie iemand ken wat aan kanker ly of reeds as gevolg daarvan gesterf het nie. Baie insiggewend en leersaam, dankie :-)
5 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Fout
Regstelling

Leukemia= Bloedkanker..

ek vra innig onverskoning...

dankie aan almal wat lees

Groete
Timmie
5 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


K
Dankie vir die deel. Ek vereenselwig my want het my moeder ook so moes afstaan.
5 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Kanker
Dankie Tim vir hierdie baie interessante artiekel. Mens is nooit te oud om te leer nie.
5 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


.
Hi.

" - beenmurg kanker ook bekend as leukemie "

My pa is oorlede aan leukemia, dit is bloedkanker. Mens kry twee verskillende soorte bloedkanker, 'n vinnige een en 'n stadige een. Die vinnige een is leukemia.

Sover ek weet het beenmurg kanker en leukemia baie van die selfde simptome, maar dit is nie dieselfde kanker nie.

Dog maar net ek sê jou.

As jy leukemia het, dan bloei jy basies dood van binne af, want jou bloed stol nie meer nie ... so in kort.
5 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


Kanker
Dankie Timmie vir 'n baie leersame artikel. Albei my ouers is oorlede aan kanker.
5 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud


Timmie
Baie interessant en leersaam. Ek het nie geweet dat daar soveel verskillende soorte is nie. Dis waar, hoe meer natuurlik mens eet en leef, hoe beter en gesonder, nie waar nie? :)
5 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar