Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag het ek die wonderlike nuus dat die KANSA – WOES bundel na die drukkers versend is. Ek het reeds ‘n epos aan almal betrokke gestuur vir bestellings.

Die reaksie op die projek was ongelooflik!! Ek kon 'n spogbundel van 300 bladsye saamstel met die mooiste bydraes. Ek wil aan elkeen betrokke ‘n GROOT dankie sê vir die positiewe samewerking vir hierdie groot saak. Ek hoop werklik dat ons in die toekoms sommer nog baie sulke projekte sal aanpak.

Indien daar dalk ander WOES lede is wat bundels wil bestel kontak my asb per epos by anzebez@gmail.com sodat ek 'n bestelvorm vir jou kan aanstuur. Die sperdatum vir die bestellings is 20 Julie 2015. Sodra ons die betalingsbewys saam met die bestelvorm ontvang word jou bundel versend.

Die prys per bundel is R200 wat ook posgeld insluit, ek hoop om sommer baie bestellings (Smous sommer aan soveel van jou vriende ook asb.) te kry Groep 7 gaan die druk en versending hanteer en ALLE fondse gaan direk in KANSA se rekening inbetaal word.

Weereens baie dankie, dis projekte soos hierdie wat my trots maak om deel van die WOES familie te wees.

Wees ALTYD geseënd

Anzé Bezuidenhout
PROJEKBESTUURDER

NS
Lys van Digters / Skrywers wat betrokke is by die bundel:

Anzé Bezuidenhout
Adele Louw     
Adele Theron     
Alec Carte     
Amanda Boucher
Ané Niem
Annatjie Sandrock     
Ann-Marie van Wyk     
Anria Breed     
Arnold van Zyl
Barbara Geldenhuys     
Bets Bronkhorst     
Carin Marais     
Casper du Plessis     
Charles Skeen     
Cornelia van Emmenis     
Corina Becker     
dierdre van Wyk     
Dirk Boshoff     
Driekie Grobler     
Dries Auret     
Elizabeth Kendall     
Elmi Minnaar     
Estia Riekert     
Francois de Kock     
Henk Viljoen     
Ida Greef-Le Roux     
Ida van Vuuren     
Jacques de Villiers     
Jan Snyder     
JB Bekker     
Johan van der Westhuizen
Karien Nortje     
Loretta Szikra     
Lynette McMillan
Magda Jacobs     
Magdaleen Goosen     
Manie Jackson     
Marie Lensly
Mariette Stoker     
Marisa Labuschagne
Maritha Koortzen     
Naomi Smit     
Nita Kearney     
Petro Maartens     
Phillip Nel
Philna Buys
Pieter van Rooyen     
Ronel janse van vuuren
Sarita Fouche     
Sophia Lambrechts     
Suzette Strydom     
Tertius Fourie     
Tommy van Staden     
Vic Viviers
Wicus Jacobs     
Yolandi Gouws     



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kansa
Hi,
Baie dankie vir die vooreg om ook deel te neem aan hierdie projek,
net iets klein - my naam work Wikus gespel en nie Wicus soos op die lys nie.
(Ek neem aan dit is te laat om dit reg te stel, dus los dit maar so)
Groetnis
4 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


kansa
Baie geluk aan al die deelnemers, hoop dit gaan 'n groot sukses wees.
4 jaar 4 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


Bundel
Baie geluk en baie dankie dat ek ook deel van hierdie projek kon wees! Seënwense vorentoe!
4 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


.
Dankie Anze en ALMAL wat betrokke is. Dit is 'n voorreg en ek sien ook uit na nog sulke projekte!!!

♥♥♥♥
4 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


kansa
Dit is awesome. Pragtig. En hoop ek om van nou af meer in te sit ook hierby. Sal graag self ook so n boek wil he. Sal jou email.
4 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud


Kansa
Baie dankie vir die harde werk wat gedoen is om hierdie bundel saamgestel te kry!
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


Kansa
Dit bly 'n vreugde om deel te wees van hierdie projek. Baie dankie vir die harde werk en insette deur die betrokkenes. Dit sal net 'n voorreg wees om so 'n bundel te besit.
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


kansa
Dit is jammer om te sien dat daar alweer binnegevete aan die gang is volgens Leon botes se kommentaar. ek het al n paar boeke geskryf en deur groep 7 laat druk en hulle werk is van hoogstaande gehalte. Ek vind hulle diens proffesioneel en Ilette en haar span is altyd bereid om uit hulle pad te gaan om te help
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae oud


Sperdatum vir bestellings
Dit is 'n groot voorreg om ook deel van hierdie reuse KANSA projek te wees.

Voorspoed met die verkoop van hierdie bundel.
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud


Kansa
Ek sal graag 'n digbundel wil bestel
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


***
Amaspoke Spoke sê alles wat ek ook wil sê.

Dankie vir almal wat deelgeneem het en ook vir Woes se inisiatief en by uitstek vir die harde werk ingesit deur Anzé Bezuidenhout.

Laat die bestellings nou instroom...
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


Kansa
Ek is regtig bevoorreg om deel te wees van die projek. Ek hoop dat die bundel goed sal doen want dit is maar moeilik om fondse te vind deesdae. Baie dankie aan almal wat betrokke is.
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


Kansa
Dit klink vir my of dit 'n uithaler bundel gaan wees. Wat die prys behels, dit gaan vir 'n goeie doel. 'n BAIE goeie doel! Vir dieselfde goeie doel het almal ingespring en saam gewerk. Nee-wat hierdie Woes familie van my maak my net elke dag meer trots om deel hiervan te wees.
Dalk kan hierdie bundel ook goeie geskenk uitmaak vir mense wat verjaar of vir Kersfees wat maar oor 175dae gebeur.
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


Bestellings
Bestel asb per interne epos by Anze Besuidenhout of by anzebez@gmail.com

Baie dankie :)))
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


KANSA Bundel
Baie sterkte met die verkope van die bundel. Die fondse gaan immers direk na Kansa. Baie geluk aan al die digters en skrywers wat aan hierdie projek deelgeneem het. Dit beloof om 'n spogbundel te wees.


PLB
Woes maak jare lank reeds gebruik van Groep 7 en is ook betrokke by die Woes Skryf Woes projek.
Indien daar verdere navrae oor hierdie aangeleentheid is, kontak my asb per interne e-pos of kb@woes.co.za.
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Kansa
Aangesien Groep 7 slegs drukkoste verhaal en GEEN wins op die bundel maak nie is n kwotasie vir die drukkoste ontvang. Die kwotasie is aan KANSA deurgegee en daar is deur hulle vir verdere kwotasies gevra van ander drukkers. Al die kwotasies is weer aan KANSA voorgele vir n besluit. Aangesien 3 Julie die sperdatum was om die bundel drukkers toe te stuur is die opdrag vanoggend ontvang om Groep 7 se kwotasie te aanvaar en deur te voer aangesien KANSA n borg vir die drukkoste gaan probeer kry sodat ALLE fondse direk in KANSA se rekening (wat op die bestelvorm voorkom) betaal kan word.

Ek hoop dit skakel enige verwarring uit. Hierdie is n KANSA Bundel in samewerking met WOES.

Ek was slegs die samesteller van die bundel en het die bladuitleg en redigering gedoen soos die opdrag aan my was.

Hierdie is n spogbundel vol HOOP en gaan vir n baie goeie doel
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar