Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is 28, single, werkloos en ‘n bietjie bekommerd. My vriendinne is of suksesvol in hulle loopbane óf in pragtige verhoudings – getroud of sprake van. En oral waar ek loop sien ek babas. My vriendinne ry almal nuwe karre en betaal af op huise.

Ek is geen Carrie of Bridget nie, want ek is nog nie 30 nie, het nie ‘n cool job nie en hou nie vreeslik van hoë hakke en stywe skirts nie. Ek is ook nie op tv nie. En ek is vars terug na drie jaar in die buiteland.

Ek is verby my mid-twenties crises, maar nog lank nie buite gevaar nie.
Ek trek binnekort Kaap toe en ek is bang. Ek voel rigtingloos– wat wil ek wees as en eendag groot is? Shit, ek ís nou grootl! Ek ly aan fear of career commitment. Ek hou my besig met crafts en skryf, maar wat as niemand my goed koop nie? Wat as niemand my goed wil lees nie? Wat as ek honger ly innie Kaap? Of erger nog, vir ‘n kak baas werk? Ek luister met jaloerse ore na my vriendinne se suksesse, maar watter tipe sukes soek ek eintlik?

Een doel vir hierdie jaar was om ‘n rubriek te skryf. so indulge my asseblief, want ten minste probeer ek myself minder jaloers maak. My persent aan julle is my vordering. Die loflied aan my doelloosheid sal ek later vir julle speel. Maar vir eers, die treurmare van my EENsaamheid.

Na meer as ‘n jaar van rou oor die dood van ‘n vier jaar lange verhouding, is ek soos ‘n teef op hitte.

Ek check actually ouens uit!

Ek!

Ek moet ten minste begin date of dit uit my gestel uit vry, voor ek iets onverantwoordeliks doen. ‘n Week of wat na my period is dinge op hul ergste – ek dink elke tweede ou op tv is verskriklik cute, even Dozi lyk nie te bad nie. Hemele help my, ek joke!

Maar dis die nabyheid wat ek die ergste begeer, en ek begin nou grens aan desperasie.

Om die wiegie te beroof is nie benede my nie – ek is die creep waaroor jou ma jou gewaarsku het.

Kom ek kleur vir julle die agtergrond, by numbers, in:

1. Hierdie staaltjie speel by die KKNK af.
2. Ek en my vriendinne het hierdie game waar ons losers vir mekaar kies as ‘boyfriends’ . Byvoorbeeld, as ons ‘n ou sien wat kots, sal ons kompeteer om eerste te sê “daar’s jou boyfriend!” Die game kan dan ‘n siek draai loop wanneer die verloorder sê “wel, sy kots is jou boyfriend.” Ja, ons is baie volwasse. (En, ek het dalk nou onbewustelik geillustreer waarom ek nog single is.)
3. Wel anyway, terug by die KKNK: na Kaktus was ek lekker dronk, so dis hier waar ek oor die lyne begin kleur, so ek gaan nou terug na gewone paragrawe toe.

By een van die tafels, by die plek waar ons gaan uithang het, het daar ‘n outjie op sy arms uitgepass gelê. My vriendin het hierdie kans met albei hande aangegryp en, wag vir dit, gesê: “hier’s jou boyfriend!”

Op die ingewing van die oomblik, skud ek toe aan die outjie en sê: ”Hey! Jy kannie nou slaap nie, word wakker!” Ag, en toe kyk hy op na my met sulke weerlose oë en sê “asseblief moenie nou gaan nie. Ek Kannie nou alleen wees nie.”

Wat sou jy doen?

Kom ons pause net gou ‘n bietjie: In geval jy so lekker reg geskuif het vir ‘n juicy storie gaan jy bitterlik teleurgesteld wees.

Dit was net nice.

En terwyl ons so gepraat het, het hy liggies my hand gevat en vasgehou. Ek het dit amper nie eers agter gekom nie. Sy hand was sag en warm. It’s been so long. Daar was geen bullshit nie. En daar was geen tong nie. Daar was net twee vreemdelinge wat mekaar vir ‘n rukkie so nodig gehad het.

Dit was net nice. O ja, die outjie is 22, hence die verwysing oor myself as creep.

As straf omdat hy so jonk was, het ek nie na sy gesig gekyk nie. Ek het eers die volgende dag besef wat hy doen vir ‘n lewe, toe ek sy naam op ‘n CD cover lees. So ek sal hom weer sien, maar hy sal my moet erken. Ek wonder wat sal gebeur? Ek kannie wag om julle te vertel nie. So wat doen ek nou? Ek dagdroom en kyk nie waar ek loop nie.

Wat was die punt nou weer van die hele skrywe nou weer?

Ek is bang is maak die verkeerde besluit omdat ek desperaat is vir nabyheid. Ek is bang ek kry weer seer. Ek is bang ek is nie mooi genoeg of suksesvol genoeg om gelukkig te wees in ‘n verhouding nie.

Die punt is: ek gebruik die woord ‘bang’ te veel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kardoesie ...
Hello! Jou naam het my aangetrek want my oorle' Tannie het my altyd kardoesie genoem. Maar meer was my verstomming toe ek jou dinge lees en besef ek was presies in dieselfe 'space' as joy - laat 20's. Nou is ek al oor 40!!! Moenie worry - dinge gebeur - en die daar word tog na jou gekyk. Ek het op 32 eers die man ontmoet, op 34 getrou en op 35 my popsie dopsie blondekop prinsessie gehad. As die tyd reg is, gebeur dit. Het net so voor 30 geskryf oor 'expiry dates' - gaan dit uitgrou en aanstuur!
13 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


Kardoesie Bieg
Het jou confession baie geniet... Ek het ook met 'n 28 jarige uitgegaan (5 jaar my senior) en dit was great fun. Jonger ouens is soos om jou kerspersent al in November te kry; nie sosiaal-aanvaarbaar nie, maar hel dit is die moeite werd!!
14 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


Kommandant
Hi nice dat jy jou hart so uitpraat. Jy klink nes al die "when whe wher in Brittain's" wat teruggekom het en besef hulle weet nie 'n moer watter kultuur hulle nou eintlik aan behoort nie. Ek voel eintlik jammer vir jou. My raad, sluit aan by die Jeug Vir Oorlog bewbeweging en help ons om intelektuele oorlog te maak teen alles wat ons afrikaanse kultuur bedreig. Dalk voel dit dan weer vir jou of jou lewe 'n doel het.
Coenraad
14 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar