Artikels

Bladsye:
Titel: Kersfees
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kon nooit huil nie. Ek onthou ek het in standerd sewe gehuil. Kan nie onthou waaroor nie. Ek weet net ek het langs die kanaal gesit, alleen, en ek het gehuil. En opgedroog.

Hoe ouer mens word, hoe kleiner word jou hartjie. Toe my pa dood is kon ek nie huil nie. Toe twee kinders vir wie ek bitter lief was vermoor is deur hul pa kon ek nie huil nie. Ek het geskree van frustrasie en my bakkie se stuurwiel geslaan, maar ek kon nie huil nie. My keel het gebrand. Dit en my hart was seer, maar ddie trane wou nie kom nie.

Maandag tydens die Kersdiens het ons twee keer Stille Nag gesing en een keer is dit op blokfluite gespeel. Die tweede keer, aan die einde van die diens in 'n stampvol kerk waar elkeen uit volle bors sing het ek my dogtertjie styf teen my vasgedruk... en toe loop die trane.

Vanoggend, 'n dag na Kersdag, was ek besig om gras te sny toe 'n swartman by die hekkie vra:"Baas, kan ek nie asseblief twee snytjies droë brood kry nie? Ek is baie honger." Ek dink terug aan die Kersdiens toe Sakkie hartseer geraak het toe hy vertel van die blikkieskos wat vir die ou mense gegee is en hoe dankbaar hulle was. Ek verwonder my aan die swartman se versoek. Honger? 'n dag na Kersfees? Ek het meer as droë brood gegee.

Ek sal seker nie daaroor huil nie, maar ek sal ook nie maklik aan die slaap raak vanaand nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Na 2 jaar

waar is hy?
waar is jy?


11 jaar 1 maand 1 week 4 dae 10 ure oud


Gee my 'n man wat emosioneel kan raak! Gee my 'n man wat omgee! Jy is 'n man so na my hart!
My Duitser vee dikwels saam met my trane af en ek vind dit so manlik!
13 jaar 3 weke 6 dae 5 ure oud


Dankie Fikkels
Dit was dalk jou "Jesus" wat kom vra het vir brood - en gelukkig het jy nie 'n klip gegee nie
Geseend is jy in die nuwe jaar
13 jaar 1 maand 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

    deur stefan s

    Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar