Artikels

Bladsye:
Titel: Kersfees.
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is ’n koorsagtigheid in die lug en ek skryf nie van die hitte nie! Nee, ’n Vrolike, opgewonde afwagting… Ons almal wil iets klaarmaak voor die einde van die jaar. Maak nie saak of jy met verlof gaan of nie. Miskien ’n kersmaal saam met famielie en vriende of ’n afskeidsfunkie beplan nie. In die winkelvenster hang pragtige kersversierings en die liggies flikker vrolik. Hierdie is ‘n tyd van velwillendheid en die koorsagtigheid is vereers hier om te bly!

Ek verwonder my altyd aan mense se kersbome. Die sterre, engeltjies, kerkklokke ens. die goed wat my laat onthou hoekom ons kersfees vier. Maar daar is dinge omtrend die feesseisoen wat my dwars in die krop steek. Waarom hang mense goed soos kerskouse kersvaders en sneeumanne aan hulle bome? Eintlik het kersfees niks met ‘n boom, sneeumanne of ‘n kersvader te doen nie. Ek sien in die een kettingwinkel sjokolade kersvaders toegedraai net soos die paashaas, is dit nou kersfees of sukkel ek nou weer met paasfees? Hierdie manier om Kersfees te vier het oorgewaai van oorsee en nou wil ons in wees en dit ook so doen. Hierdie goed trek die aandag van God af, dis niks anders as die duiwel se manier om nou weer ’n vinger in die paai te hê nie. Waarom laat mense toe dat die duiwel hulle so aan die neus lei. Baie praat ook nou al van “Xmas” i.p.v “Christmas” tot “Christ” het nou al verlore gegaan. Waarom kan ons ou volkie nie net een Kersfees vier vir die regte redes nie. wat’s so moeilik daaraan? Kom ons weier om enige Kersfees aankope soos bv. versierings, kaartjies, geskenkpapier ens. te koop wat jou nie vir die regte redes aan Kersfees laat dink nie. Gou sal die vervaardigers weer in lyn kom, met wat ons volk wil hê. Meeste van ons Suid Afrikaaners sê ons is Christene, nou hoekom leef ons nie so nie?

Sal weer vanjaar dit ophang wat my simboliek is en herinner hoekom onse Almagtige God Sy Seun aarde toe gestuur het. Om vir ons sondes aan die kruis te sterf! Nie ‘n vet waggelende witbaard omie wat op ’n slee ry en deur takbokke getrek of liewer aan gevlieg word nie. Dan klim hy nog in ons kaggels af en bring vir soet kinders geskenke. En die sneeuman het seker gesmelt in die warm Afrika son. Ons wat weet om goed te doen aan ons kinders, hoeveel temeer weet ons Hemelse Vader, maar doen ons regtig goed? “Ek die Here jou God is ‘n jaloerse God” die staan in 7 verse in die bybel! Jy hoef jou nie te laat beinvloed deur die res van die wêreld nie. Dink voor jy koop watter God jy dien! Jy kan nie God en mammon gelyktydig dien nie. (Lukas 16:13)

A3
10 November 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nikolaïete



. . . . So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat. Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang. [Openbaring 2:15-17]

Ek onthou goed dat Ou Niek die Duiwel was in my Ouma se tyd.

Dat Sinterklaas, maar net ou Nikolaas,
met rooi baadjie van die draak,
die krismisvader is wat in elke kind se kamer deur die ouer verwelkom word. Verbeel jou! Jy laat jou kinders briefies skryf aan die duiwel om in jou kind se kamer te kom kuier?

Kersfees skuif die Vader van die Hemel uit,
en nooi die Vader van die onrein geeste,
as gas in jou huis in.

http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/119472-kersvader
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


Kersfees is 'n Fees van Lig
Hoewel ons meer onlangse voorouers Kersfees as 'n Christelike fees vertolk het sedert die Romeine hulle gedwing het om Christene te word en dennebome in pleks van eikebome te gebruik vir hulle feestyd rondom die tyd wat die son weer meer Noord begin skyn (in die Noordelike halfrond) het Kersfees oorspronklik niks met Jesus te doene gehad nie.

Ek skat dit is elkeen se persoonlike keuse of jy die geboorte van Jesus op verkeerde datum wil vier of op 'n ander dag.

Ek stem wel saam dat die meerderheid nie die oorspronklike of die latere Christelike weergawe van Kersfees in gedagte het tydens Kersfees nie. Dis nogal jammer want geld en presentjies gee nie ewige lewe nie en kan ook nie innerlike geluk teweegbring nie. Too bad vir die wat net in die gierige aspek van Kersfees vaskyk. Dit bly 'n lekker tyd vir mense om in vriende en familie se geselskap feestelik te verkeer, nevermind die "props" soos ou Nic en Rudolph en die kaboutertjies.
8 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die Besoeking

    deur Kobus van Eden

    DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar