Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kersfees is en was nog altyd n feestyd waarin die Verlosser en Messias van ons sondige mense se geboorte herdenk word.oor die wëreld heen

As mens kyk na die miljoene Christene oor die wêreld heen kom die vraag by mens op hoeveel van hulle gedenk nog werklik die geboorte van Christus soos dit hoort.

Daar is wel die huisgesinne wat dit gedenk soos dit hoort en ons paaie is baie besig met families wat na mekaar toe reis om die tyd saam deur te bring en dit is wonderlik.

Daar is egter ook die tragise kant van hordes vir wie dit n tyd van suip en brassery is. Ek wonder baie keer as Christus skielik in hulle midde moet staan waar hulle sal gaan wegkruip want daar gaan nie wegkruipplek weees nie.

Dat Kersfeestyd egter op almal se lewe n invloed het kan niemand betwis nie en dan begin mens besef hoe kragtig die Kersboodskap werklik is.

Om dit te illustreer wil ek u terugneem na 1942 in Stalingrad, in die hart van Rusland. Hierdie verhaal kom uit Heinz Konsalik se boek: “Die Hart van die Sesde leër”.

Stalingrad was die omdraaipunt vir die Duitse sesde leër in die tweede wêreld oorlog en om by ons Kersverhaal te kom is dit noodsaaklik dat ons bietjie agtergrond kry.

Stalingrad was op daardie stadium verwoe en is daar in straatblokke en tussen ruines geveg. Die Duitse leer was egter besig om die stryd om Stalingrad te verloor omdat die Russiese winter hulle gevang het.

Die troepe was nie van wintersklerasie voorsien nie omdat daar nooit gedink is dat die sesde leër so sou vasval nie

Die bittere Russiese winter was egter te erg en in die bittere koue kon die Duitse lugmag ook nie meer die nodige voorrade inbring nie. Die onbegaanbare paaie het dit per pad net onmoontlik gemaak want die voertuie het in modder moerasse vasgeval Die stadium was bereik wat meer soldate as gevolg van die koue gesterf het as wat daar gesneuwel het.

In die hoofkartier van die Duitse bevelvoerder. Kolonel-generaal Friederich von Paulus, is die hopeloosheid van die situasie deeglik besef. Toestemmig tot oorgawe, nadat n Iltumatim van die Russiese bevelvoerder, luitenant generaal Igor Rokkosofski ontvang is is summer deur Adolf Hitler se hoofkwartier geweier.
“Die sede leër sal veg tot die laaste man en koeël” was die botaf antwoord terwyl Joseph Goebbles, die Duitse propoganda minister, oor radio Zeesen die Duitse volk bedrieg ooe wat werklik in Stalingrad aan die gang is.

Dit bring ons by die Kersverhaal van 1942 in Stalingrad.

In die Duitse stellings is dit maer uitgeteerde vervlenterde troepe wat die bitter koue trotseer en ten spyte van hulle haglike omstandighede, Kersfees te vier.

Hulle kersmaal bestaan uit hout wat opgekook word vir n sop en perdevleis van die perde wat van die koue omgekom het.

In die hoofkwartier van von Paulus gaan dit ne veel beter nie voedsel voorsiening is lankal nie meer moontlik nie.

Ten spyte van hulle haglike omstandighede kom hulle bietjie tot stilstand om Kersfees te vier en huis toe te verlang. Die paar kapelane verkondig die blye boodskap aan hierdie verflenterde manne. Uit die loopgrawe en bunkers styg die tone van Stlle Nag op soos hierdie manne dit sing.

In die hoofkwartier van Rokosofski heers n stilte. Vir hulle maak kersfees nie saak nie. hulle is besig om die ty af gte wag om n offesief te begin om die sesde leër finaal te verpletter. Vir die Russiese Don leër is voorrade geen probleem nie. Sy soldate is beskut en beskerm teen die bittere koue met dik klerasie om die koue te weerstaan en voedsel is nie n probleem nie. In hulle stellings lê hulle gereed en wag op die bevel om die finale aanslag te begin om die duise sesde leër te verpletter. Vir hulle bestaan Kersfees nie.

In sy hoofkwartier staan Luitenant-generaal Igor rokssofski vir die horlosie en kyk. Hy wat net dat die uur aanbreek wat hy beplan het om die Don leer op die Duitsers los te laat.

Die winde huil om sy bevelspos en dan is dit of hy dofweg die klanke van Stille Nag op die winde hoor aankom.

Iets roer in Rokkosofski en gaan sy gedagtes terug na sy kinderdae. Die beeld wat by hom opkom is die van sy ou moeder wat een maal n jaar n ikoon uit sy veilige bêreplek gehaal het. Dan het sy die ikoon op haar bed neergesit waar sy op haar knieë voor die bed gaan staan het. met die ikoon in haar hande. Dit was wanneer sy vir haar man en haar kinders gbid het dat God hulle mag bewaar.

Dan gebeur die bykans onmoontlike. Rokkosofski draai om en kyk vir sy generale stafhoof: “Stel die aanval 24 uur uit. Kom ons gun hulle hulle Kersfees want vir baie van daardie arme drommels sal dit hulle laaste Kersfees op aarde wees”.

Vir bai was dit hulle laaste Kersfees. Die volgende aand het die Don leër met sy offensief begin wat die sesde leër uiteindelik eers op 2 februarie 1943 tot oorgawe gedwing het

Mag hierdie verhaal ons lmal onder diepe besef bring at n wonderlike voorreg ons het om Kersfees te kan vier. Laat ons Kersfees in die regte gesibdheid vier hierdie jaar want dit mag dalk vir van ons ook die laaste Kersfees wees.

Mag almal wat hierdie bydrae lees n wonderlike Kersfees hê




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kersfees
Dankie vir hierdie prag vertelling. Selfs in die slegste is daar ook altyd iets goeds.
2 jaar 3 weke 5 dae 23 ure oud


Gesegnete Wihnacht
Ja, dis 'n wonder dat UIT DIE HART VAN DIE BOSE iets goeds kom.
Al is dit net die vertraging van die bloedige slagting.
Die manne het minstens een laaste ,stille Nacht' kon beleef.
Vir jou en alle lesers: Vredevolle dae en nagte oor die kerstyd!
GvT
2 jaar 1 maand 11 ure oud


Geseënde Kersfees
Ja, dis so 'n geweldige troos dat al probeer die bose hoe hard om Kersfees en sy boodskap dood te maak ~ hy sal/kan nie slaag nie. Hier wil hulle dit doodmaak met "Happy Holidays" instede van "Merry Christmas". Dommies. 'holidays' beteken 'holy days'!

Dankie Neels en geseënde Kersfees vir julle ook!
2 jaar 1 maand 15 ure oud


kersfees
Dankie vir die deel Heel interessant
2 jaar 1 maand 17 ure oud


Stallingrad
Dankie vir jou pragtige bydrae tot die Kersfees projek
2 jaar 1 maand 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar