Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So baie word gepraat en bespiegel oor watter fase van jou kind se groei en ontwikkeling die moelikste is. ( vir die ouers en in besonder vir die ma's natuurlik). Baie keer hoor jy die woorde "as my kind net deur die staduim is, sal dit beter gaan". Sal dit ooit?
Gaan die aanpassings, die keuses, die besluite, gevare, probleme, en bekommernisse ooit verby? Die eerste tandekry, die deursettingsvermoë om te begin loop en na elke mislukte treetjie, weer op te staan, die nerfaf knieë, as hul die eerste keer die kuns van fietsry probeer bemeester, eerste speelgroepie of dagmoeder, eerste skooldag, eerste van elke skoolaktiwiteit ... die eerste van alles, en dis nie waar dit ophou nie. Die vrees of jou kind afgeknou of geboelie gaan  word, of die juffrou of meneer oor die weg gaan kom met jou kind, of hy gelukkig gaan wees.

Die spanning en duimvashou wat met nature maar saam met gebed 'n eenheid vorm met elke eksamenvraestel, elke keer as 'n sportspan gekies word. Die geloof wat jy moet hê dat jou kind die regte maatjies gaan kies. en dan as hul ouer word, saam met hul die pad stap van gebroke harte en platgetrapte eerste liefdes. Om maar stilletjies ook in jou hart te wens, daar beland 'n valentyn kaarjie in jou kind se tas, om haar hartjie te beskerm teen valse hoop en terleurstelling.

En dan kom daar 'n punt waar jy nie meer beheer kan hê en die nodige beskerming en hulp kan bied nie. Waar jou kind soms sonder keuse toevertrou moet word aan ander. Skielik is dit skooltoere, uitstappies, skoolbusse, skooldanse en partytjies. Waar ander in beheer is, en jy alle verantwoordelikheid moet oorskuif na hulle, sjoe, en dis moeilik!  Want tot waartoe, kan 'n mens hul regtig beskerm?

Dit maak 'n mens bang, dit veroorsaak 'n knop in jou keel, 'n naarkol op jou maag. Dit lei tot slapelose nagte, vinnige sms'e na jou beste vriendinne, net om die woorde "ek verstaan" te hoor.  Dis genoeg, dis al wat jy wou hoor.

Dan is daar al die vreugdes van ouerskap, wat jou hart vul met danbaarheid, 'n glimlag na jou mond dwing en ook jou oë vul met trane. (gewoonlik, net die ma's wat dit verstaan). As 'n mens net vlerke kon hê om oor jou kinders te sprei, hulle kon beskerm teen hartseeer, trane, onregverdigheid, die wreedheid van mense en die wêreld, en die lewe self. Maar omdat hul net vir ons geleen is, is seker die rede dat ons nie vlerke het nie. En ook seker die rede dat ons hul een of ander tyd moet laat gaan. Maar laat gaan onder die beskerming van ons gebede en liefde. Hul in 'n Hoër Hand plaas om hul te dra en toe te vou elke dag van hul lewe. Hul is die kosbaarste besitting wat 'n mens kan hê, al besit 'n mens hul nooit regtig nie, en is hul maar net vir ons geleen, is dit die grootste vreugde waarmee ons geseën is. Dit maak al die emosies wat jy met ouerskap ervaar die moeite werd.

Want daar is nie 'n staduim wat verby gaan nie. Hulle hele bestaan is 'n stadium in ons lewe. 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kinders van ons....
Jy praat so waar!
Koekoe
10 jaar 3 maande 6 dae 14 ure oud


Ek het dit so geniet en weer onthou as mens se kinders in die staduim is dink ons dit is die moeilikste tot jy die know how het dan begin die volgende mag ek asb die artikel in my klas gebruik net vir hul lees
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


Wyse woorde. Die dag wat kinders self moet begin besluite neem is die dag waar 'n ouer se kommer werklik begin, dat mens vertroue moet hê in die opvoeding wat jy gegee het. Dit bly maar moeilik om die naelstring te knip. Jy verwoord dit baie mooi.
10 jaar 9 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


ek
dink ons kinders se veiligste plek is om hulle voor die Troon neer te le vir Sy wil in hulle lewens, puik artikel..m
10 jaar 9 maande 1 week 2 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar