Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


EK EN my vrou is diep in die 60, afgetree
en bly by die see. Nou het ons
iets wonderliks uit die oude doos ontdek.
Ons besoek lank reeds antiek- en tweedehandswinkels, maar
nou het ons die welsynwinkels ontdek. Dit was die begin van ’n
groot verandering in ons lewens.
Ons dra nou die mooiste klere wat ander nie meer wil hê nie.
Ons spog met klerekaste vol ontwerpersetikette. Die klere word
gewas en gestryk, dis lekker sag, dra lekker en kos ’n tiende van
wat nuwe klere kos.
Daarby koop ons sakke vol klere vir behoeftiges, was en stryk
dit en bring groot vreugde in hul lewens. Huiswerkers se kinders
word uitgerus met alles wat hulle nodig het – klere, truie (met die
hand gebrei), skoene, T-hemde, kortbroeke . . .
Die beste van alles? Ek het nou al vier paar jeans, sag en drabaar
en sonder ’n merkie, en die duurste een kos R10!
Vir almal wat ons komplimenteer met ons pragtige, moderne
klere, sê ons ewe skaam ons het die Lotto gewen!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oudedoos
Daar is mos niks soos lekker sagte jeans nie!Julle is baie oulik hoor!
6 jaar 11 maande 1 week 6 dae 2 ure oud


Oudedoos
Hallo Johnie, Ons kom ook van Gauteng af en daar is nie so iets soos goeie ou klere-winkels nie. Toe ek hier kom, het my vriendin my ook na die "Hospice" geneem en daar ontdek ek weer die pragtigste boeke. Ek is lief vir lees. Daar is meubels en baie goeie klere. Ek stem saam, lewe in die Kaap is baie meer gemaklik vir ons armer mense. Ek kan nie meer by duur winkels koop nie, ek kan maar net droom...

Ek verstaan waarom jy gewen het. Pragtig!!!
7 jaar 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar