Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die feite sny deur my verstand, pak bakstene op my bors, druk 'n mes deur my hart. Hoe het hulle verby haar hou-my-vas-ek-glo-in-jou ogies gekyk? Wat het deur hulle gedagtes gegaan toe hulle die dogtertjie-sag lyfie gegryp het? Vier jaar is dan nog tussen baba-en-kleuter-wees. Kyk na jou eie kind, jou kleinkind, iemand anders se kind ... besef jy hoe klein, petite en weerloos 'n vierjarige kindjie is? Hoe gryp hande so lyfie en ry weg met haar? Hoe kyk hulle in die ogies wat altyddeur so vertrouend en goedgelowig op grootmense gerig is en nou seker met vrees en onsekerheid gevul was? Hoe skend jy so liggaampie, so 'n klein wees-net-lief-en-hou-my-vas mensie? Die ooglede kon nie groter as my duim gewees het nie, hoe kon hulle dit afsny? Hoe absoluut stukkend moet haar ouers se harte wees om nie eers hul kleinding se ogies te kan toedruk voor sy in die aarde weggebêre word nie? Haar borsies en geslagdele is nog nie ontwikkel nie, hoe kon hulle dit afsny as dit nie eers groot genoeg was vir 'n begin of einde merk nie? Die vingertjies wat altyd so vol vertroue in grootmense se hande gerus het .. hoe sny jy sulke vingertjies af? Die oortjies wat elke woord ingedrink het van Pappa se vertelling oor die verjaarsdaggeskenk wat hy gaan koop .. hoe kon hul sulke pikante fyn oortjies skade aandoen? Jy hoor van hierdie dinge ... jy lees die opskrifte en kyk dan eerder verby die detail. Dit voel vêr, gebeur net met ander mense, is net vir sekere kultuurgroepe bedoel, jou omgewing is te veilig. Dan gebeur dit skielik met iemand ná aan jou en jy word met die realiteit gekonfronteer soos 'n ontydige klop aan die deur ... HIERDIE DINGE GEBEUR ... dit het met my kollega, 'n Kind van die Here, die afgelope week gebeur ...

Ek glo altyd alles gebeur met 'n doel, maar met sulke goed weet ek nie of daar werklik 'n doel is nie .. ek glo nie daar kán wees nie. Wat ek wel WIL glo is dat ons Liewenheer gegee het dat hierdie klein dogtertjie haar bewussyn verloor het voordat alles plaasgevind het. Ek wil nie verder as dit dink nie, ek wil nie eers 'n gedagte skenk daaraan dat haar ogies met vrees gevul kon wees of dat sy by haar positiewe was nie. As ek in Emmanuel se stukkende oë kyk, dan voel ek die opstand in my binneste woel maar terselfdertyd breek my hart in duisend stukkies.

Ek en jy gaan meestal blind en doof deur die lewe!! Net soos vele van my kollegas en vriende het ek ook nog net GEHOOR van sulke dinge, maar ons as blankes (en ek diskrimineer nie nou nie) voel altyd afgesonder van sulke gebeurtenisse omdat ons nooit hoor van blanke kinders wat gebruik word vir moetie nie. Party mense GLO nie eers daar bestaan sulke dinge soos moetie nie!! Word wakker, dis realiteit!!! Vandag besef ek die volle implikasie van sulke dinge, die vrees en hartseer wat daarmee gepaard gaan om te weet daar is sulke faktore wat in ag geneem moet word in die omgewing waar jy jou bevind of in die kultuur waarin jy jou kind grootmaak en opbring. Vir my sou dit net nóg 'n vreeslike harsteer storie gewees het as ek dit moes lees, maar nou het iemand ná aan my dit oorgekom, en sjoe, my voete is onder my uit. Dit is net ons Genadige Vader wat hierdie gesin kan dra, wat vir hulle weer vrede kan gee, want die vet weet, ons as mens sal nooit met die wete kan saamleef dat jy nie eers jou dogtertjie se geskende liggaampie se ogies kan toedruk nie.

Emmanuel, my hart breek vir jou, vir júlle en ook vir al die ouers wat al in dieselfde bootjie as jy was! Ek wens ek kon die flenter-stukkies-seerkry in jou oë vervang met die lag en trots wat jou oë laat skitter het as jy van jou dogtertjie gepraat het, maar ek kan nie my vriend. Wat ek en al die ander Godvresende mense rondom jou en regoor die wêreld doen, is om dwarsdeur die dag vir jou, die mamma en die hele gesin aan ons Dierbare Vader op te dra. Ons kan jul herinneringe nie mooier maak nie, ons kan die vieslike skirminkels nie vang of doodmaak nie, ons kan jul gebroke harte ook nie heelmaak nie ... maar ons plaas jul elke dag opnuut aan Sy Voete neer want dis net Hý, die Groot Geneesheer, wat jul gebrokenheid kan verander in oorwinning.

God Bless
Elize Botes

______________________________________



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

WAT VOLGENDE?
Gee asb my innige simpatie vir daardie vriend van jou,dis dae soos die wat ek my geloof in ons Almagtige God betwyfel,hoe kon hy toelaat dat dit gebuer? Wat is die doel daaraan? Jy's reg elke dag lees ons dit maar verkies om ons blind te staar daar teen maar waneer is genoeg genoeg??Ons moet begin saam staan as volk en die wrede diere wat ons kinders moor en verkrag agter tralies sit! Dis mos lekker in RSA verkrag gister,word vandag toegesluit,more loop jy vry want die tronke is te vol.Ek voel so hartseer op die oomblik en wonder of dit ooit die moeite werd is om as 'n trotse suid afrikaner gebrand merk te word dis dae soos die wat die Here ons op ons kniee dwing.My gebede is met daardie gesin en ek hoop die monster wat dit gedoen het moet 'n stadige wrede dood sterf maar tot dit is nog te lig gese!

MAG GOD SE GENADE LANGS ONS WAAK!
13 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar