Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons almal ken die kleuter rympie van die ganse wat dam toe stap en die een oor die dapper muis wat eintlik vir alles bang is.

‘n Engels sprekende vriend van my wat eintlik nog sukkel om Afrikaans te praat onthou gedurig die gedig “muskiete jag” (1) en dra dit altyd vir my voor wanneer hy my iewers raak loop en dis ‘n gedig wat hy geleer het toe hy nog ‘n kleuter was en ek het al gewonder waarom hierdie vers soveel betekenis vir hom dra.

Ek en my vriend die digter generaal Jan Lourens, is van mening dat rymende gedigte by kinders bly aangesien hulle die ryme kan onthou eerder as verse wat geen rym het nie.

Dis ‘n ander ding om ‘n gedig uit die oog van ‘n blote kind te beskou en in daardie wêreld na ‘n gedig te kyk en dit te skryf en miskien moet mens in hierdie tipe gedigte iets inbou wat ‘n kind leer oor die wêreld, oor God en Sy liefde en genade en grootheid of ‘n storie of ‘n prentjie skets wat ‘n kind amuseer en by ‘n klein kind bly.

‘n Kleuter versbundel moet sekerlik ook pragtige prente en illustrasies hê om die kind se aandag te behou, aangesien menigte van daardie kinders nog nie kan lees nie en gedigte vir hulle voorgelees moet word.

Maar wat maak ‘n gedig, ‘n gedig en nie net ‘n blote rympie nie? Na my mening moet mens diepte, beelde en ritme inbou wat veel meer as net klank assimilasie is en iets skryf wat ‘n eie lewe het.

Ek het die nabootsing van klanke van byvoorbeeld die reën, voëls en diere in my eie kleuter gedigte vermei aangesien sulke dinge wat in verse voorkom die vermoë het om ‘n gedig te reduseer tot net nog ‘n blote rympie soos wat mens met ‘n liefdes vers moet waak dat dit nie net nog ‘n soetsappige groete kaartjie word nie en alle verse moet betekenis inhou aan wie dit ook al lees.

In die Afrikaanse digkuns is daar baie gedigte en verse vir kinders en mens kan maar aan die “Mensvreter” (2), “Sustertjies” (3), “Wie is ek” (4), “Paddas op skool (4), “Die skilpad” (5), “Die vinger familie” (6) en “Lied van die kokke-wiet” (7) dink as mens na kinder verse in die sestigs kyk. Die versbundel “Versies vir Suikerklontjies” (8) het my ook nogal beïndruk met verse vir kleuters wat daarin opgevat is en deur die pragtige illustrasies wat deur Wendy Britnell gedoen is.

Daar is menigte kleuter en kinderverse waarvan ek nie eens kennis dra en wat ek nie hier eens noem nie wat seer sekerlik groot gewig dra.

Hier is my eie poging tot kleuter gedigte:


Snags is ek soms bang

Snags is ek soms bang
en ook vir ‘n spinnekop en ‘n slang
maar as God by my is
is daar niks wat my kan vang

en die luiperd wat oor die kas hang
is ‘n kombers in die kamerlig
en as ek in die nag lê en verlang
en al voel ek ook soms bewerig

weet ek dat ‘n engel
met ‘n vlammende swaard by my staan,
dat niks by hom verby kan gaan
en na elke aandgebed
lê ek rustig in my bed.


Sommige kinders

Sommige kinders is sterk
en ander is slim
maar jy my kind is wonderlik
en vir my iemand uitsonderlik.

Sommige ouers spog met hulle werk
en ander kan uit die mooiste karre klim
maar ek weet dat God als
net aan iedereen leen.


Ek hoor die reën buite

Ek hoor die reën buite
kletter teen die dak en ruite
en ruik die geur wat opslaan uit die stof
terwyl die druppels al vinniger neerplof

en as ek ‘n donderslag sien
word dit in my binne oog ingebrand
en weet ek dat ons ‘n God dien
met magtige dinge in sy hand

en wonder vanwaar die kleure kom
as die onweerswolke verdwyn
en ‘n reënboog skielik verskyn?
Is dit nie ook van Hom?


Vanoggend is ek siek met verkoue

Vanoggend is ek siek met verkoue
en dis Jakkals en Wolf se troue
want terwyl die son skyn is daar reën wat val,
blouwit donders wat een na die ander knal
en ek sien die reën in strepe blink
en wonder wat God van die skouspel dink?


Soms hoor ek ons kat spin

Soms hoor ek ons kat spin,
hoe ons hond hom naby neerplof
en wonder of ‘n wêreld wye vrede nie kan begin
as selfs honde en katte
mekaar met tyd kan bemin.


Toe mamma terugkom van die hospitaal

Toe mamma terugkom van die hospitaal
moes pappa baie duur betaal
en ek wonder wat dit alles kos
om ‘n boetie en sussie daar te gaan haal
en toe hoor ek van die predikant
dat elke mens vir God prysloos is.


My baba boetie

My baba boetie
wil nie praat of lag
of selfs sit of loop nie
en hy huil en skreeu net
die hele tyd
waar hy lê
en ek wonder
wat jy wil hê?
En of God dalk verstaan
wat met hom aangaan?


Een aand het ek iets vreeslik ondervind

Een aand het ek iets vreeslik ondervind
as net ‘n vierjarige kind
toe ‘n skool meneer die gordyne oop skeur
en my op my bedjie vind.

Hy skryf op die muur
en sê dat ek moet lees
terwyl hy my aangluur
en vol van vrees

kyk ek na die lat
wat op my karretjies afkom
dat hulle eenkant toe spat
en ek is skielik heeltemal stom

maar toe ek my oë oopmaak
staan my mamma naby:
“Opstaan, my seun,
ons moet jou vir jou
eerste kleuterskool dag regkry.”


Toe trapsoetjies vir vlieg sien

Toe trapsoetjies vir vlieg sien
word hy noukeurig beskou
waar verkleurmannetjie gekamoefleer
aan sy tak vashou

en skielik skiet sy tong reguit uit
en waarheen vlieg is
kan julle maar raai.


Ek is heeltemal verstom

Ek is heeltemal verstom
oor dinge wat self
uit die grond uitkom
oor elke pragtige boonjtie
en elke pragtige blom

en ek wonder hoe het als
aan die lewe geraak,
of het God blomme en plante
self so wonderlik gemaak?


Vanoggend het ‘n hoendereier oopgebreek

Vanoggend het ‘n hoendereier oopgebreek
en ‘n klein kuiken sy koppie by die dop uitgesteek
en ek was heeltemal verstom
op dit piepend te sien uitkom
en toe ek hoor dat hoenders eiers lê
kon niemand my sê
wie eerste daar was
tussen die hoender en die eier
maar ek weet dat mense
van God as die skepper vergeet.


Donderweer

Ek het gedink dat net vuur uit die bekke van drake kom
en toe iemand my sê dat daar ‘n draak in die wolke is
was ek heeltemal verstom
en ek wonder het hy hom dalk misgis
want daar is ‘n elektriese blits
wat uit die wolke spring
en geen draak of ‘n aardige ding.


Hael

Een oggend het harde wit nat korrels op my geval
terwyl die donderweer in die verte knal
en ek wonder of ‘n reus se hael kanon
daar hoog bo in die wolke afgaan
toe die korrels my tref
en oral om my neerslaan

maar my pa het my later vertel
dat die reën en hael in God se skatkamer is
en groeikrag na die aarde bring.


Die mol

Ek sien ‘n diertjie wat snoesig lyk
wat by ‘n molshoop uitkyk
en toe dit verdwyn onder die grond
wonder ek waarheen sluip dit rond

maar oupa sê dat dit grond met mis vermy
en dat hy geen neukery met die molle kry
en ek wonder wat molle wat onder grond wegraak
daar diep in hulle tonnels maak?


Die valk

Daar is ‘n stippel wat hoog in die lug draai
en ek wonder is dit dalk ‘n kraai
terwyl ek die ding daar hoog in die blou
aandagtig bly dophou
en toe ‘n valk blitssnel uit die lug neerkom
hoor ek die hoenders benoud skreeu
en sommiges val sommer onderstebo om
en die honde wil die voël uit die lug verskeur en vang
waar dit vir net nog ‘n oomblik hang.


Muskiete

Dis ‘n eienaardige gevoel
as ‘n swerm muskiete
soos ‘n eskader stuka bomwerpers
bo jou bly draai
en dit voel dan of dit oorlog is
as jy na hulle klap en hulle mis
as jy die hele spul af wil maai
voor hulle op jou land
en ‘n teiken van jou maak
en jy al klappend met hulle betrokke raak.

My mamma sê dat mens hulle ook dood kan druk
maar ek vind dit veel moeiliker as hulle soos blits versnel
en net hulle gezoem my bly skel
en ek die spul goed op en af jaag
en in hulle vernietiging amper my eie lewe waag
en hulle in die niet in probeer klap
met donderende slag op donderende slag
en as ek die simpel goed met gif wil bespuit
asem ek dalk later self die gifdampe in

en dan is daar die ding dat hulle
soos enige iets anders in die natuur
‘n noodsaaklikheid is
vir die lewens van ‘n organisme
of dalk vir ‘n vis.


As ek by ouma kom (quintain)

(vir Suné Strydom)

As ek by ouma kom
is daar altyd iets wat ek by haar kry,
draai ek haar om my pinkie om,
terwyl ek op haar rug perdjie ry
want ouma is uiters baie lief vir my.

My ouma raak al stok oud
wil my van liewe Jesus leer
raps partymaal my op my boud,
waar ek met my handjies keer
en daardie kattekwaad sal ek nooit weer probeer!



Voetnotas

(1). Deur A.D. Keet.

(2) Deur A.G. Visser

(3) Deur B. Traas.

(4) Deur H. De V.

(5) Deur E. L.

(6) Deur N. Van Wyk

(7) Deur Albert

(8) Van der Merwe, C.N. “Versies vir Suikerklontjies”, Waterkant uitgtewers, Kaapstad, 1989.

(9) Die gedigte in voetnotas (3) to (7) kom uit

De V Heese, J, Pohl Truida, de Vos, H. “Die silwerkroon reeks. Afrikaanse leesstof vir standerd I. Nasionale Boekhandel Kaapstad.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar