Weergawe:
Aantal woorde: 452
Kere gelees: 1572
Datum gepubliseer: 08 Jul 2007
Die opmerking van my is meer tong in die kies, maar knoffel het baie meer in hom as net ‘n slegte asem die volgende oggend. As jy knoffel nie as voorbehoed middel gebruik het nie, kan jy gedurende jou swangerskap gerus so ‘n teelepel of twee knoffel eet, dit sal sorg dat jy en jou baba gesond bly, want knoffel verlaag jou bloeddruk as jy hoë bloeddruk het en dames wat knoffel op ‘n daaglikse basis eet se babas is ook gesonder en hulle weeg ook ‘n bietjie meer as die ander babas. Hierdie is nie net versinsels nie maar feite wat verkry is met navorsing.
Daar is ook bewyse dat persone met hoë cholesterol ook baat vind by die gereelde eet van knoffel. Hulle slegte cholesterol verlaag drasties binne die bestek van 16 weke. Soos ek ook alreeds gesê het is dat mense wat aan hoë bloeddruk ly baie baat vind by knoffel, want knoffel verlaag ook bloeddruk. Wat ook nog gebeur is dat wanneer jy knoffel eet dit jou bloedsirkulasie verbeter. Daar is ook bewyse dat ‘n mense wat geneig is om bloedklonte te kry ook baat kan vind by die wondermiddel. Knoffel liefhebbers kry ook nie sommer verkoue en griep nie. Ek dink ook dat die stank hulle weghou.
Die stank kom van ‘n ensiem en ‘n suur wat meng sodra die knoffelhuisie gebreek word. Wat nou gedoen as jy knoffel geëet het ? Tyd is maar die beste om jou van ‘n ruikende asem te genees. Daar is tydelike kure en dit is om pepermente te eet asook om pietersielie te kou, maar dit hou nie lank nie. Wat ook blykbaar werk is om suurlemoen tee vroeg in die oggend te drink. Ander mense beweer wat hulle help is om koffiebone of karmodansade te kou.
Met al die voordele is daar ook nadele wat mens in gedagte moet hou wanneer jy baie knoffel eet, en die nadele is omgekrapte maag, gas en in mans se geval ‘n lae sperm telling. Maak nie saak watter kant toe nie, knoffel is en bly maar lekker.
Lees ander artikels deur Frika
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
(2013-06-18 19:00:00 - 2013-06-19 19:59:59 )
