Titel: Koei raakgery in hoofstraat
Weergawe: 1
Aantal woorde: 228
Kere gelees: 91
Datum gepubliseer: 13 Aug 2010
Bly uit die pad! So waarsku Koei die nou reeds bekende DBV Koepeltoer hond nadat sy Saterdag omstreeks 15H30 deur `n motor in Breëstraat raakgery is. Sy het `n gaping gesien om bietjie buite die werf te gaan rondsnuffel wat haar die pad laat neem het. Gelukkig het sy geen breke of inwendige beserings opgedoen nie, en het die flinke optrede van die veearts, Dr. Johan Wessels tot haar redding gekom. Maar na `n nag in die Parys Dierehospitaal en baie steke later het sy nog baie seer wat `n tyd gaan vat om te genees. Daarom dat sy mooi vra dat mense tog liefs moet vermy dat hul honde die pad vat en in die strate beland. Dit kan jou troeteldier se lewe kos.
Koei sal nou vir `n rukkie rustig by die huis aansterk sodat sy weer op die been kan wees voor die sluitingsdatum op 15 Augustus 2010 van die Purina Sterre in Fokus foto-wedstryd waar sy nou al een van die gunstelinge is (sien Gazette – Donderdag 8 Julie 2010.) Indien sy as wenner aangewys word sal sy `n jaar se gratis hondekos ontvang wat sy onderneem om aan die Parys DBV te skenk. Indien jy vir haar stem staan jy `n kans om ‘n Nikon D3000 DSLR kamera ter waarde van R5000.00 te wên.
SMS Purina D9110 na 35688 (R3.00 per SMS) - Parys Gazette - 29 Julie 2010
Lees ander artikels deur Andre Mouton
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur


deur Trixie
'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.
van ons almal
Barberton DBV