Titel: Kolonialisme is nie dood nie
Weergawe:
Aantal woorde: 192
Kere gelees: 1700
Datum gepubliseer: 27 Apr 2006
Kolonialisme is nie dood nie
Die aanbod deur British Sugar vir Ilovo is net nog ‘n teken van Nieu-Kolonialisme. Die tendens waardeur amper al die Suid Afrikaanse maatskappye wat iets werd was sedert 1994 verkoop is aan buitelanders.
Die langtermyn effek wat dit het op Suid Afrika kan duidelik by Mittal, die ex Yskor gesien word waar Indiers rye staan om Suid Afrikaanse bestuurders te vervang. Die gevolg is natuurlik dat daar ‘n enorme verlies is aan bestuursposte wat beskikbaar is vir Suid Afrikaners omdat die buitelanders hulle eie mense aanstel.. Billiton is ook ‘n goeie vooorbeeld waar Kanadese, Australiers ensovoorts die top poste beklee.
Buitelanders gaan ook natuurlik hulle winste uit die land neem op slim maniere soos om hul produk so goedkoop moontlik aan hulle takke in ander lande te verkoop en daar hulle winste te neem.
Ons burgers gaan daarom in die toekoms die slawe van buitelanders wees wat net soos die eertydse kolonialiste, net goedkoop rou materiale hier soek en weet hulle kry dit uit ‘n onopgeleide bevolking. Hulle gaan kleingeld op opheffing spandeer en ons gaan daaronder lei, insluitende Afrikaners wat reeds moet gebuk gaan onder regstellende aksie.
Lees ander artikels deur Coenraad
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Artikels
Algemeen

deur Kobus van Eden
DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'