Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jasmyn ... Katjiepiering ... Yesterday-today-tomorrow ... wiegende koringare, bloekombos en sommer ook die kakiebos!

Die sonnetjie knipoog skaam-skaam al hoe vroeër uit die ooste ... vroegoggend kan ons die deur en vensters oopmaak vir vars lug ... piepklein groen blaartjies huiwer aan die kaal bruin takkies ... voëltjies tjirp opgewonde ... die geur van Jasmyn is oralomheen ... Die natuur is vol afwagting op die nuwe lewe ná die doodsheid en slaap van die winter ...!

Voel jy ook die nuwe sprankel van afwagting in jou binneste? Ervaar jy ook die andersheid in die lug? Is jou hart, lewe en drome nog snoesig en beskermend toegewikkel in 'n winterskombers of het jy alreeds begin om die dik wolkombers te vervang met 'n ligte duvet?

Winter is nodig om nuwe lewe te bring ... om 'n rustyd te gee ... maar winter hou nie onbepaald aan nie want net wanneer mens wil moeg raak van stof en kaal bome, dan verskyn die eerste groenigheid en lentegeure vul die lug. Skielik kan ons nie wag om kortmoue aan te trek en braaivleisvure aan te steek! Ons wil soggens ons longe vol lug trek en sommer saans begin stap! Die oefenfiets word uitgehaal en wintershakke word geskuur en geroom. Die lente kom ... ons kan nie meer wag!

Die sag-Jasmyn-geur treiter my neus en ek is besig om my wolkombers vir 'n ligte duvet te verruil ... ek wil die stof van herinneringe agterlaat en uitvee by die deur, die gordyn van seerkry ooptrek en die son binnelaat, my hand uitsteek na iemand en uitgelate hardloop oor groen gras, ek wil op die naat van my rug lê en wolkeprentjies kyk, die wind deur die blare hoor en my eie melodie vorm, die wolke sien opsteek en die lentedruppels voel, kaalvoet gaan stap in elke waterpoel!

Is ons gereed om die spinnerakke af te stof ... die laaste dooie blaartjies tot op die grond te laat val? Sien ons uit na vernuwing en gaan ons oë oop wees om die uitdagings en geleenthede raak te sien? Het ons takkies en wortels genoeg gerus hierdie winter om nuwe vrugte te kan dra ... om die Augustus-winde en die somer se haelstorms en donderbuie te kan trotseer?

JA, ek is vol afwagting en sien uit na vernuwing want ek weet my Skepper se beloftes bly nooit onbeantwoord nie! Soos die baie bekende liedjie mos lui ... "My Pa is die Koning van die Heelal jy weet en kom wat wil, ek sal dit nooit vergeet nie .. die wind kan maar waai en die berge kan val, Hy't gesê Hy voorsien en Hy SAL ..."

Komaan LENTE, my WINTER was lank genoeg!!!

God Bless

Elize

19/8/2005



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    WELDADE EN MISDADE

    deur Piet Schoombie

    Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar