Weergawe:
Aantal woorde: 543
Kere gelees: 4538
Datum gepubliseer: 11 Sep 2006
Daaruit sou ‘n mens dan kon aflei dat wanneer dinge goed gaan kommunikasie wel in plek is. Ons weet egter almal dat dit nie altyd die geval is nie, want kommunikasie is seer sekerlik nie die enigste rolspeler nie.
Maar wat is kommunikasie werklik? Volgens die woordeboek (The Living Webster Dictionary of the English Language) is kommunikasie die volgende: “die deel van gedagtes, menings en inligting by wyse van spraak, skrif of gebare”.
Elke keer wanneer die woord “kommunikasie” gebruik word as iets groots verkeerd gaan, klink dit na só ‘n ingewikkelde woord, veral as daar ook verlies aan lewens is. Dit klink byna asof ‘n mens spesiale opleiding nodig het om dit te kan of mag gebruik.
Maar as ‘n mens na die definisie van “kommunikasie” hierbo kyk, besef jy eers hoe bitter tragies dit is dat iets wat só doodeenvoudig is sulke tragiese gevolge kan hê. Kommunikasie is tog deel van die Skepping. God het dit gratis aan elke lewende wese geskenk. Om te kommunikeer is byna soos om asem te haal.
Hier is waar die probleem eintlik lê. Asemhaling bestaan uit twee aparte handelinge (inaseming en uitaseming) wat saam die proses van asemhaling vorm. Ons doen dit sonder om daaroor te dink, want dis ‘n natuurlike proses. Net so bestaan kommunikasie ook uit twee aparte handelinge (die gee van die gedagte [praat] en die ontvang van die gedagte [luister]). Dit is so ‘n eenvoudige proses dat elke dier, elke voël, elke insek dit spontaan kan doen.
By die mens is dit egter ‘n heel ander storie. Niemand het skynbaar ‘n probleem met die gee (praat) gedeelte nie, maar met die ontvang (luister) gedeelte het die meeste mense skynbaar ‘n baie groot probleem. God het vir ons 1 mond gegee om mee te praat en 2 ore om mee te luister na dit wat gepraat word. Wanneer die gedagte deur middel van skrif gegee word, word daar van die oë gebruik gemaak om daarna te “luister”. Daarvoor het Hy ook vir ons 2 oë gegee. Miskien beteken dit dat ons tweemaal soveel moet luister as wat ons praat. Ons moet luister na WAT gesê word en nie net na HOE dit gesê word nie.
Daagliks verbrokkel gesinne, sluit maatskappye hul deure en val lande mekaar aan en elke keer hoor jy dat kommunikasie die oorsaak daarvan was. In die meeste van sulke gevalle was dit nie omdat iemand nie gepraat (of geskryf) het nie, maar bloot omdat iemand nie geluister het nie, hetsy met sy ore of met sy oë.
Miskien het dit tyd geword dat ons ‘n slag stil bly en na die wêreld rondom ons kyk. Werklik kyk na wat besig is om daarmee te gebeur. Dan moet ons ook kyk na hoeveel moeite en koste deur blindes en dowes aangegaan word net om die voorreg te mag hê om te kan luister. Daarna kan ons wat die wonderlike gawe van normale gehoor en sig ontvang het maar slegs ons koppe in skaamte laat sak en om vergifnis bid. Is dit nie tragies nie?!
Lees ander artikels deur Louis Basson
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

deur Christo Nel
'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.
Jy het verskeie kante mooi bewoord. Baie dankie.
Ek het opgemerk dat hoe ouer 'n artikel word, hoe minder word die kommetare daaroor. Dit lyk asof Woesers artikels as nuus in diepte lees. As dit so is, is dit baie jammer. Ek wens meer Woesers het jou artikel gelees.
NP van Wyk Louw het sy gedagtes oor doeltreffende kommunikase saam gesnoer met die begrip "oop-gesprek". Baie Afrikaners het maar swaar daaraan gesluk, veral die broers en die prekers. Dit was die jare van "hou jou mond en luister" of "wie het jou verlof gegee om te praat". Dit was 'n euwel wat die Afrikaner se kultuur groot skade besorg het. Hopelik sterf ons dit totaal af.
Mooi loop
At de Lange