Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mangaung Drama & Dance Group (MDG) loods 'n nuwe projek en het gevra of Woes daarmee sal help. Die projek behels die skryf van ‘’n gesinskomedie met 2 akteurs (een manlik en een vroulik). Die opvoering moet ongeveer 50 minute lank wees en alle beoordeling word deur MDG gedoen. Kontak gerus vir Andre indien jy meer vrae het.

Navrae: Andre: www.mdg.co.za

Die MDG wil graag teater in die platteland weer bevorder. Daarom het hulle besluit om ‘n toneelstuk op toer te neem deur die platteland en waar dit vir hulle moontlik is, ‘n vertoning te lewer. Na ‘n lang soektog vir die geskikte teks om op te voer, het hulle vir Woes gekontak en verneem rondom die moontlikheid om ‘n projek te loods sodat julle as skrywers ook ‘n geleentheid kan kry om jou stuk op die planke te kry. Jy mag dalk ‘n briljante skrywer wees, maar het nie ‘n kontak in die dramawêreld nie en daarom kon jou werk nog nooit opgevoer word nie. Wel, nou is dit egter jou kans! Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Augustus 2012 om 12:00. Die wenner sal deur Woes aangekondig word en die MDG sal met hom/haar in verbinding tree vir verdere reëlings. Die volgende punte is van belang:

1. Die belangrikste – dit moet ‘n gesinskomedie wees, met ander woorde – baie snaaks, maar geskik vir elke lid van die gesin in terme van taalgebruik ens.
Dit is aanvaarbaar indien die stuk ‘n klein bietjie suggestief is, solank dit net nie op die man af vilgêr is, vuil taal bevat of op enige persone, gelowe, kulture, sub-kulture of enigiets anders direk of indirek diskrimineer nie.

2. Die stuk is in Afrikaans – “slang” word toegelaat.

3. Daar mag net twee karakters wees – een manlike en een vroulik. Die manlike karakter kan die rol van ‘n homoseksuele persoon ook speel – verwys net asseblief weer na punt een hierbo dat dit in so ‘n geval onder geen omstandighede op iemand moet diskrimineer nie. Indien die rol van ‘n homoseksuele persoon geskryf word, neem asseblief in ag dat as jou werk wen en jou stuk opgevoer word – ons op die platteland veral baie met konserwatiewe mense te doene gaan kry. Dit kan vir jou as skrywer ook slegte publisiteit beteken as jou stuk nie deur die algemene publiek goed ontvang word nie. Ons teikenmark is nie noodwendig die liberale teaterganger nie. Met alle respek gesê.

4. Die stuk moet minimum ‘n uur lank wees. Indien jy verkies om ‘n uur te oorskry, moet jou stuk so geskryf word om op ‘n uur lengte ‘n interval (pouse) te kan hê en dan kan die laaste gedeelte ook nie korter as ‘n halfuur wees nie, maar nie langer as 45-minute nie.

5. Gebruik asseblief minimale rekwisiete (props) – asseblief nie groot goed nie – hierdie stuk gaan in ‘n gewone klein motortjie moet ry deur die land.

6. Jou inskrywing moet begin met die titel, die naam van die outeur, gevolg deur ‘n sinopsis. Daarna ‘n beskrywing van jou karakters gevolg deur die rekwisiete benodig vir die prouksie. Nou kan jy begin deur die stelling (plot) te gee bv. Dit vind plaas in die aand om sewe-uur in die sitkamer van ‘n gegoede huisgesin. Die manlike karakter sit in ‘n rystoel en die vroulike karakter lê in ‘n baaikostuum op die sofa.

7. Gebruik asseblief die volgende styl om jou dialoog in te skryf. Dit is baie belangrik om lyne oop te laat tussen jou spreekbeurte. Die karakter se naam links in vetgedrukte letters en daarna in hakies en kursief gedruk die emosie/bewegings wat van die karakter op die spesifieke tyd verwag word. In dieselfde lyn as die hakies skryf jy die persoon se teks. Bv.

Salomie: (laggend; handbewegings oormatig) Het jy regtigwaar gedink na al die jare sou ‘n jong vrou soos ek… Iemand met selfvertroue en ambisie nie verveeld raak met ‘n ou man in ‘n rolstoel nie?

Karel: (Seergemaak) Salomie ek het gehou by die kanselbelofte en geglo jy sou dieselfde doen.

Salomie: My armsalige ou koekerige man, wat op aarde gaan al hierdie outydse waardes jou help?

8. Maak seker jou werk is oorspronklik. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir werk wat nie oorspronklik is nie. Enige navrae, eise of dagvaardigings vir plagiaat sal na die outeur verwys word.

9. Die beoordelaar(s) se keuse is finaal en geen onderhandelinge sal toegelaat word nie. Die stuk word vir die termyn van twaalf maande in alleenreg vir opvoering aan die MDG gegee. Die MDG sal op sy webtuiste en oral waar daar promosiemateriaal vir die stuk beskikbaar gestel word, die naam van die skrywer noem.

10. Die laaste reël is net so belangrik soos die eerste reël en dit is dat ons op soek is na ‘n baie goeie komedie.

Geniet die projek – hopelik een van vele in sy soort – en ‘n geleentheid vir elkeen om sy droom uit te leef.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kontak Andre by:
E-pos: andre@mdg.co.za
7 jaar 8 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


Ha ha ha
Ek dink ek ly aan skok. My maggies dis nou n geleentheid vir die ouens hier.
7 jaar 8 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


Errata:
(Punt 1, reël 4): vulgêr nie vilgêr nie
(Punt 4, reël 1): maksimum en nie minimum nie


7 jaar 8 maande 1 week 2 dae 14 ure oud



Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar