Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Twee weke gelede het ek ʼn konsert van Stef Bos, die befaamde Nederlandse sanger, by Tukkies bygewoon. Aangesien my vrou ʼn aanhanger is van Stef, en omdat hy so ʼn bietjie van ʼn kultus volgeling in SA het, wou ek graag sien waaroor die hoe-ha is. Na omtrent twee ure het ek tot die gevolgtrekking gekom dat hy ʼn baie goeie waarnemer van die lewe is en dat hy ʼn ongelooflike talent het om word prentjies te skep. Wat my egter gehinder het was dat hy, tussen liedjies, geswets het, ʼn positiewe reaksie daarop gekry het en dit toe meer en meer gedoen het. Vir my was dit uiters onprofessioneel en het dit my met ʼn gevoel gelaat dat die gehoor soms nie die sensitiwiteit van die liedjies gehoor het nie, maar dat die Pretoria se kultuur-diere meer van die kruheid as van die sensitiwiteit gehou het.

Die pas afgelope naweek het ek ʼn konsert, as deel van Tswane se Kuns en Kultuur Fees vir Skole, by die Staatsteater bygewoon. Ek het verwag, as leek, dat die standaard redelik sou wees en sommige was – veral die twee junior kore (al is ek nie ʼn groot koor kenner of aanhanger nie. Ek al is ek glad nie ʼn aanhanger van Boere musiek nie, was die groepie tieners wat dit opgevoer het, sonder twyfel talentvol. Die Revues daarenteen was swak en ons was vergas (wens dit was letterlik) met eindeloos verbeeldinglose danse wat selfs nie =SAUK TV kan klop as dit by vervelig kom nie! Die choreografie was ongeïnspireerd en die kreatiewe denke wat daar in gegaan het , was gelykstaande aan wat mens uit ʼn poel modder kon verwag. Maar dis nie waaroor ek skryf nie – ek wil gesels oor die onvanpaste musiek en klere keuses – iemand moes daarby betrokke wees – selfs nie binne die Chaos teorie en Big Bang filosofie, sou soveel onvanpastheid toevallig kon gebeur nie.

Hoe iemand kon besluit dat ʼn koor van ses-agt jariges, Koos du Plessis se Sprokie van ʼn Stadskind kom laat sing, gaan die verstand te bowe, veral aangesien dit op ʼn vrolike ‘Ek is ʼn kind van Jesus’ volg. En dat kinders, skamel geklee, kan fisiese oefening doen op die maat van Christen Rap, vat die koek. Maar ek kan dalk nog diegene wat betrokke was by die ‘mis-match’ van kunstenaar, die optredes, die wysies en lirieke en die okkasie, vergewe. Maar wat ek moeilik verstaan, is dat daar kinders onder tien jaar was wat, ook skamel gekleed, eksplisiete bewegings, op die maat en onder seksueel eksplisiet woorde, heupe geswaai het en boudjies gewikkel het. En dat die toeskouers dit met groot toejuiging begroet en goedgekeur het! Dieselfde het later in die program gebeur met ander dansgroepe, in progressiewe ouderdomsgroepe tot by sewentien- agtien-jariges.

Omtrent halfpad deur die eerste helfte van die program wou ek opstaan en uitloop maar, met vroulief, skoonma en seun saam my in die gehoor en ʼn seun wat in een van die kore opgetree het, het ek gedink dat ek hulle dalk in die verleentheid sou stel met my eng denke. Tydens die pouse het ek egter uitgevind dat my medeluisteraars, egter dieselfde as ek gevoel het. Vroeg tydens die tweede deel van die program het ek en my vrou wel opgestaan en geloop – dit was baie meer opbouend om buite die gebou te sit en kwaliteit-tyd saam te spandeer, ten spyte van die gevaar daaraan verbonde om in die aand in Pretoria op straat te sit. Na die konsert, toe ons ons jongste spruit gaan oplaai het, was sy eerste woorde ‘ Ek is baie, baie jammer dat julle aan sulke gemors blootgestel moes word’, behalwe hy het nie gesê gemors nie maar ʼn word wat hy dalk by Stef Bos geleer het.

Met kindermolestering aan die toeneem, wonder ek wat se soort boodskap dit stuur as volwassenes liedjies van ʼn seksuele aard kies en jong kinders leer om op so manier te dans? Gegewe dat baie molesteerders familie lede is, kon ek ook nie help om te wonder of daar nie êrens in die gehoor persone was wat onvanpas opgewonde gestimuleer geword het deur die audiovisuele beelde nie. En of daar nie dalk van die jong kinders was wat dalk reeds (of steeds) deur die mense wat hulle so luidrugtig toejuig, gemolesteer word nie. Hoe en wanneer het die morele vesel van ons gemeenskap gelyk geword aan die van ʼn bakkie Jellie? Wanneer het die gebrek aan beskaamdheid kuns geword? En kruheid kultuur? Wanneer het ouers hulle verantwoordelikheid geabdikeer om morele waardes in hulle kinders in te prent en wanneer het hulle opgehou om ander mentors, wat nie dieselfde gedoen het, aan te vat? Het ons, as volwassenes, so gedesensitiseer geraak deur die seksuele eksplisiete musiek DVD’s en Films dat ons nie langer die gevaar daarvan insien nie? Of gee ons net nie om nie? Hoop ons maar dat ons kinders wel die vermoeë sal het om spontaan die aanslag teen die morele af te weer?

Ten slotte..... ek ken ʼn dogtertjie wat op agt jarige ouderdom deur haar oupa en deur die bure se seun gemolesteer is en dit is ʼn jammerlike gebeurtenis. Wat nog meer bejammerenswaardig is, is dat, ten spyte van die molesterings, haar ma vir haar ʼn T-Hemp gekoop het met die woorde ‘If you want me, catch me’ daarop. Wat se boodskap stuur dit vir die oupa en die bure se seun? En vir die meisietjie? Dat ma haar beskerm en haar belange op die hart dra of dat dit wat aan haar gedoen was nie so erg was nie? Wat, indien enigsins, het die ma gedink toe sy die hempie gekoop het?

Kom ouers, ek daag julle/ Laat ons meer betrokke raak by wat ons kinders doen. Laat ons ondersoek instel maar ook ondersteun, laat ons sensor waar nodig maar laat ons ook opvoed om dit self te kan doen. Laat ons motiveer en, bo alles, laat ons ons kinders beskerm – hulle is, na alles, ʼn refleksie van wie en wat ons is.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Opbou of afbreek
Beste Losves,

Ek het jou artikel gelees sowel as die eerste vyf kommentare daarop. Hulle is almal in die kol soos jou artikel self.

Dit maak my innig bly wanneer Woesers so standpunt in neem.

Dit gaan oor die keuse tussen opbou en afbreek. My ervaring is dat wanneer kinders aan opbou bloot gestel word, hulle in die wolke vaar. Die aarde daaronder kan maar vergaan. Maar wanneer kinders aan afbreek bloot gestel word, kan hulle nie anders om as dryfhout mee gesleur te word in die stroom riool van die lewe nie.

Die rede is eenvoudig. Kinders weet nog nie genoeg om te kan opbou en afbreek te vermy nie. Daarom kan hulle ook nie aanvanklik kies nie, tensy die Gees van die Here hulle onderskraag. Mag ouers nie die Gees beproef nie.

Hoe moet hulle leer om te kan opbou en afbreek te vermy? Ondersteun hulle in wat hulle ookal skep. Sou hulle eerder afbreuk as opbou in hulle skep, maan kortweg: "Jy skep vir jouself probleme." Dit is genoeg en dit werk, mits hulle al geleer het hoe om SELF probleme op te los. Begin met dit nog voordat die peuter kan praat!

Mooi loop

At de Lange
10 jaar 4 maande 3 dae 9 ure oud


Absoluut
Ek stem saam met Elmarie oor die puntjie dat 'n volwassene nie opgewonde behoort te raak oor half kaal kinders nie ... MAAR ongelukkig bly ons tussen siek mense wat selfs 'n korrek geklede kind aantreklik vind!!!!!!
Voeg by die probleem die kinder modelle!!!!!!!!
11 jaar 1 maand 5 dae 13 ure oud


Puik artikel, Losves!
Ek stem met jou saam. As 'n mens ongehoorsaam word aan die Woord van God en die beginsels wat daarin neergelê word, onttrek die Heilige Gees en verdwyn die gewete. Hoe meer die mens (ouer) hul verantwoordelikhede op die skool en kerk en staat afskuif ten opsigte van die opvoeding van hulle kinders, hoe groter word die chaos, en dit sien ons duidelik in die verskil wat die afgelope dekade of twee plaasgevind het.
Behoudendheid het mos verkramptheid geword en alle grense word afgebreek. Wat verwag ons dan anders? As daar nie meer grense bestaan nie, sal chaos heers.
Groete
11 jaar 1 maand 3 weke 23 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar