Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is nie 'n kategorie vie gedigte, vers of poësie nie, dus skryf ek maar onder die opskrif kuns. Ek voeg "klas" by, want daar is talle wat jou wil help gedigte skryf, maar vashaak op die uiterlike, die ou, grootliks uitgediende, sistematiese metrum en rym (lg. gewoonlik net manlike eindrym sonder betekeniskoppeling). Vorme word soms gegee (sonnet, villanelle, kwatryn, rondeel, tersine ... tot by minder vastes soos die ballade en ode). Sonder om ooit te raak aan die verskillende betekenisse en effekte wat dit bereik of nie kan bereik nie. En die kwaliteit, intensiteit en belangrikheid wat dit moet hê as dit nie maar 'n groetekaartjievers of olkebolke is nie. Maar 'n kunswerk in eie reg wat 'n nuwe ondervinding bring, stiltes om die woorde skep, resoneer tot in die wordende siel. Vers as proses, geskoei op 'n al beter gedissiplineerde oor vir taalklank, stemtoon en ritme. Ek het besluit om saam met die klasse wat ek Saterdae lewend bied in Pretoria, ook klasgoed op die webwerf te plaas. Tot diens van digters. Google net "versklas" in; kry die jongste lesse, aanhalings en prikkels by "versles". Kyk ook wat gaan by ons in die uitgewery aan, en beplan jou tyd vir DigSange 4 op 23 Oktober by die Groenkloof-Ouditorium. Dit gaan gratis wees, met skrywers daar om hulle boeke te teken.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kuns en klas
Baie dankie, Dr. Raper, vir hierdie waardevolle inligting. Ek wil nie één les mis nie!
8 jaar 7 maande 4 dae 18 ure oud


Kuns en klas
Baie dankie vir hierdie brokkie inligting. Ek vir een sal elke les verslind!
8 jaar 7 maande 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar