Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sportprestasies begin op skolevlak. Ja, selfs op laerskool begin die proses om sportmanne/vroue te kweek. Hier word opleiding gegee, reëls geleer, basiese vaardighede aangeleer,'n liefde vir 'n sportsoort aangekweek en 'n kind se aanleg ontdek en ontwikkel. Dit is ook die plek waar 'n kind sosiale vaardighede aanleer deur sy kontak met ander kinders/leerkragte op 'n heel ander vlak as in skooltyd.

Omdat skolesport so belangrik is in die fisiese en geestelike opleiding van kinders, sou 'n mens dink dat alles moontlik gedoen sal word om kinders van die televisie/ander elektroniese speelgoed af weg te hou en hulle na die sportvelde te lok. Dit kan natuurlik net gedoen word as dit vir die kind lekkerder op die sportveld is as by sy elektroniese vermaak!

Die sportvelde/bane waarop laerskoolkinders moet speel is van dieselfde afmetings as die velde/bane waarop ons nasionale helde ons land verteenwoordig. Neem as voorbeeld 'n laerskooloutjie wat dieselfde veld moet vol speel as wat Victor Matfield en sy maters moet doen! Hoeveel moeilikker moet dit vir so'n kind wees? Is dit nie dalk die rede dat kinders van oefeninge af wegbly nie? Hoeveel talent gaan so verlore?

Dit is net vir my logies dat die kinders op laerskool op gekrimpte velde/bane moet speel. Sê so 60% van die gewone afmetings - rugby, netbal, krieket, tennis, sokker ens.

Op hierdie manier sal daar ook baie kosbare grond besikbaar kom vir die uitbreiding van ander sportsoorte, klaskamers ens.

Daar is natuurlik 'n nadeel aan so'n opset verbonde. Die toeskouers langs die kantlyne gaan nou 40% minder oefening kry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek was maar in 'n klein laerskooltjie en selfs op n groot rugbyveld het ons maar selde n drie gedruk.
12 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar