Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ten tyde van die rypwording van vesel perskes(mango), is daar ’n klein gogga wat die lewe vir ons Laevelders baie moeilik maak, veral wanneer dit by wasdag kom, of nat klere en handdoeke by swembaddens of buite rondlê.

In die meeste tropiese gebiede is daar ’n vlieg genaamd die Mango vlieg, Tumbu vlieg en vele ander name, o.a. die Griekse benaming ANTHROPOPHAGA wat MENS ETER beteken.

Die vlieg is ’n parasiet wat gedurende die larwe stadium op groot soogdier, die mens inkluis, teer.

Die volwasse wyfie vlieg lê haar eiers as ’n reël, in los sand, gewoonlik by ontlasting, waar dit tot twee weke kan wag op die aankoms van ’n gasdraer.

Sodra die eier met die vel van die gasheer in aanraking kom, veroorsaak die hitte van die liggaam dat die eier uitbroei en die larwe dan die vel binnedring.

Suksesvolle penetrasie van die vel sorg dat die larwe oorgaan na die maaier stadium waar dit op die binneweefsel van die gas ontwikkel , groei en leef., tot ‘n massiewe sentimeter lank en die volwasse vlieg weer tevoorskyn kom

Die vlieg besmet die mens deur haar eiers op enige nat artikel, soos wasgoed wat buite hang, te lê – sodoende bespoedig dit die oorplasing van die eiers en die metamorfose gaan gouer. Die proses vind op enige plek van die liggaam plaas.

Tuimeldroërs en die stryk van elke artikel is dus noodsaaklik om die eiers te dood. Jouself te vrywaar van ’n baie slegte koorsigheid, soos griep, hoofpyn en lyfpyne en ‘n pitsweeragtige seer, gewaarborg ‘n erg pynlike ondervinding te wees..

Die wurmpie(maaier) het uitsteeksels aan die kant van sy lyf wat dit onmoontlik maak om sommer daarvan ontslae te raak, deur dit net uit te druk soos ‘n puisie.

Mens moet dit dmv versmoring, eers dood deur Vaseline dik aan die swart kol(die kop) van die seer plek te smeer, so ‘n ruk te wag om te verseker dit is dood, daarna die vel oop te sper met die vingers(nie te druk nie) dan glip dit uit.

Die maaier kan op mens se binneweefsel en sappige bloed teer, tot volwasse vlieg uitbroei, maar die ongemak en seer maak mens reeds van begin bewus dat hier ‘n ‘vreemde gewaarwording’ in jou vel is.

Ek dood tien dode, net by die gedagte dat ‘n maaier binne my vel lewe, het dit tweekeer beleef en dis geen grap nie, glo my, jy word baie siek!

Ek was 5 jaar werksaam by die Malaria Instituut in Tzaneen, wat toe later die Departement van Gesondheid geword het.

Saam met Bakterioloë, Entomoloë en baie buitepersoneel wat verantwoordelik was vir die beheer en vernietiging van broeiplekke van die malariamuskiete, dmv bespuiting en beroking vanaf verskeie malariakampe in verskeie gevaarsones

Dit was ‘n besondere ondervinding waar die Malaria muskiete aangeteel word en aan die lewe gehou word in glashokke, met daaglikse voedingsessies op marmotte wat juis vir hierdie doeleindes ook in buite teelhokke aangehou word.

Week na week, word verskeie marmotte op plekke aan die liggaam geskeer, in die muskiethokke geplaas sodat die wyfiemuskiete die bloed kan drink, om eiers te lê.

Dis ‘n aardigheid om te aanskou, hoe die muskiet daardie kaal kolletjies op die marmotlywe aanval en honderde gelyktydig suig aan die lewegewende bron beskikbaar.

Hierdie marmotte sal dan vir ‘n tydlank goed opgepas en gevoer word, om die bloedverlies weer te normaliseer vir ‘n volgende voedingsessie.

Die marmotte word net vir ‘n beperkte tyd as gas vir die muskiete gebruik, waarna dit dan na die slangpark op Hoedspruit gaan en dien as voedsel vir die slange daar aangehou.

Alle bloedtoetse/urinetoetse van die Laeveldse omgewing word by hierdie Malaria Instituut gedoen, om enige tropiese siekte vas te stel, te ontleed of te bevestig wanneer iemand malaria, bilharzia of slaapsiekte opgedoen het. So ook toetse vir tuberkulose en HIV/Vigs en klinieke word bestuur vir diegene wat van hierdie siektes opgedoen het, deur ons dokter, daagliks aan diens daar .

Die drie Entomoloë, neem op gereeld basis, spanne om in besmette malariagebiede, hutte en pondokke te bespuit of te berook om die malaria muskiete se broeiplekke uit te roei alvorens dit te ‘n groot gevaar vir die samelewing word.

Daar is in verskeie Provinsies, waar die gevaar die grootste is, malariakampe opgerig, waarvandaan hulle werk. Die spanne wat verantwoordelik is vir die uitroei van broeiplekke, daar oorbly om te verseker dat die hele area gedek word en verseker elke area vir ‘n tyd, ten minste, van hierdie gevaar gevrywaar word..

Malaria is ‘n dodelik gevaar vir die mens…daar is verskeie soorte malaria wat opgedoen kan word, waarvan breinmalaria fataal is…geen mens oorleef hierdie een nie, die aanvang is skielik en die dood tree vinnig in.

Die Anopheles muskiet, die dodelike teenstaander en oorsaak vir malaria in elke tropiese gebeid, nog op vrye voet/vlerke???

Na verneem word, sedert die nuwe bedeling in SA, is hierdie program van beroking/bespuiting en beheer van malariamuskiete in die gevaarsones gestaak.

2011/11/14 Joan Lotz.












Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Laeveldse gevare
Dankie vir die bewusmaking op Woes!
8 jaar 3 maande 2 weke 5 dae oud


=0
o koek.. dis 'n ramp! yukkie.. baie interssant om te weet ja.. maar ek sal dit nooit wil beleef nie dankie.
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Do so voort!
Jy het 'n wonderlike gawe om inligting met 'n artikel soos hierdie saaklik en feitlik oor te dra aan die leser. Dit lees nie net lekker en gemaklik nie, jy slaag ook daarin om dit boeiend te hou!

Wat van 'n opvolg met die voorkomings maatreëls t.o.v. die gevare?
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Wildtuin
Joan, ek is oor kersfees in SA en gaan tussen Kersfees en Nuwejaar Wildtuin toe - jy laat my nou behoorlik gril!!
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud


Gevare
Dit was nou baie insiggewend.
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


Laeveld se gevare!
'n Interresante artikel...ek dood ook as so 'n verdomde vlieg in my groei! Goed geskryf en uiteengesit!
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar