Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na die teleurstelling wat die Leeus die afgelope paar seisoene in Super Rugby beleef het en die daarop volgende besluit van SARU om die Kings tot die kompetisie toe te voeg in hulle plek, het die Leeus met 'n alternatiewe reeks vorendag gekom. Die "Lions Challenge".

SARU met hulle gesloer oor die besluit van wie speel en wie speel nie in Super Rugby nie, kon nie die Leeus se geesdrif en kreatiwiteit demp nie. Slegs maande na die besluit om die Leeus uit Super Rugby te verwyder vir die 2013 seisoen het die Leeus 'n reeks wedstryde bewerkstellig teen Europese en internasionale spanne. Iets wat die Kings sedert 2011 nie kon doen nie.

Kevin de Klerk en sy bestuurspan het nie op hulle laat wag nie en het vinnig gespeel en gewys hoekom die GLRU steeds een van die bes bestuurde unies in Suid-Afrika is. Nie net speel hulle opwarmings wedstryde teen die 5 SA spanne in Super Rugby nie, maar hulle het 'n verdere 12 wedstryde teen oorsese spanne speel voor die promosie/relegasie reeks teen die laaste SA span in Super Rugby.

Leeus-ondersteuners en rugby liefhebbers kan uit sien na wedstryde teen Rusland, Franse Barbarians, VSA Uitnodiging XV en Samoa onder andere. Die volledige agenda is as volg:

19 Jan 2013 v Rusland (7pm, Ellis Park)
23 Jan 2013 v Cheetahs (5nm Ellis Park)
2 Feb 2013 v Bulle (3nm, Orlando Stadium)
9 Feb 2013 v Kings (Ellis Park)
23 Feb 2013 v Namibie (Windhoek)
16 Maart 2013 v Mont de Marsan (7.30nm, Ellis Park)
13 April 2013 v VSA Uitnodiging XV (Irvine California)
20 April 2013 v VSA Uitnodiging XV (Vancouver, California)
27 April 2013 v Chicago Lions (Chicago)
11 Mei 2013 v Agen (3nm, Ellis Park)
1 Junie 2013 v Samoa (3nm, Ellis Park)
8 Junie 2013 v Franse Barbarians (2nm, Ellis Park)
15 Junie 2013 v Stormers (2nm Ellis Park)
21 Junie 2013 v Sharks (7nm, Ellis Park)
12 Julie 2013 v Montpellier (7nm, Ellis Park)
20 Julie 2013 v Grenoble (2.30nm, Ellis Park)
27 Julie 2013 Promosie/Relegasie (moet bevestig word)
3 Augustus 2013 Promosie/Relegasie (moet bevestig word)

Na die vervelige Australianse kragmetings en die eentonigheid van dieselfde spelers week in en week uit in Super Rugby, kan hierdie net die regte medisyne wees vir rugby liefhebbers.

In 1993 het Louis Luyt en die destydse bestuur van die GRLU Super Rugby bewerkstellig. Kan die Leeus moontlik weer 'n nuwe reeks begin? Wel dit kan tyd alleen ons leer. Ek vir een sien uit na hierdie nuwe reeks en die nuwe spelers wat hulle talente aan ons gaan blootstel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar