Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoekom moet mense 'n masker dra van leuens? Almal gee voor dat
hul iemand anders is as wie hulle regtig is. Al erken hul dit nie. Jy kan vir almal lieg, maar nie vir jouself nie. Maar vir watter rede op aarde wil jy lieg?

Dalk om ander te beskerm
Dalk om weg te kruip vanaf die wereld
Dalk vir aanvaarding
Dalk vir bejammering en simpatie vanaf ander
Of wat van- om net in te pas by die res van die mense in die maskerbal van lewe

SNERT MAN!!! Jy speel net met die lewens van ander en met jou eie. Die mense naby jou hart wat jy probeer beskerm, die vir wie jy lieg se pyn gaan verdriedubbel as jou waarheid op die lappe kom. Daarna sal jou eie voete onder jou uitval ,want jy gaan aleen wees. Min of geen persoon wil geassosieer word met 'n leuenaar nie ,want die vraag gaan altyd in 'n mens se onderbewusein sit: "lieg hy/sy nie dalk ook vir my nie?"

Om te lewe met leuens is so goed as om op 'n kaktus-bed te slaap. As jy beweeg word jy gesteek. As jy wegbeweeg vanaf die lueuns gaan jy seerkry. Voorkoming is beter as geneesing- cliche-maar dit is die waarheid. Vermy dit om te lieg jy gaan pyn veroorsaak aan almal, jouself inkluis. Selfs 'n witleuen gaan eendag oordeel verg.

Hartseer, pyn, ongeluk. Dit is al wat 'n leuen bring. Die onskuldigheid van mense word weg gevat deur 'n leuen. Die vlam van liefde kan deur dit geblus word. Ag, wat is die doel van liefde inelkgeval. As jy wil lieg moet dan nie die menslike emosies daarby betrek nie. Verhoudings verbrokkel en verander in as. Vra jouself of dit die moeite werd is ,altans, was.

Pyn is al wat liegstories volg. Die plesier verkry tussen 'n ou en 'n meisie het sy nagevolge. Die vryheid verkry met 'n leuen vanaf 'n daad wat gedoen is het sy prys.

Wat het geword van eerlikheid? Wat het geword van erkenning as mens 'n fout begaan het?

Ja die uitweg van leuens is 'n sprokies verhaal, maar dit kom met 'n prys ,partykeer 'n baie hoe prys en soms indien nie altyd nie is daai prys te hoog om te betaal.

Ek praat uit my eie ondervinding en gee nie om indien ek gekorrigeer word nie maar dink mooi na oor alles wat jy gelees het.

Die leer wat ek geklim het na geluk ,na vreugde ,na. . .liefde het van staal na hout verander en splinters het my begin steek en toe verbrokkel hy na 'n hoop hout saagsels. Dit is nie net oor my eie leuens nie maar die van ander. Die wat ek geglo het. Hul woorde nog vars in my gedagtes. Moenie saam my in die gat trap nie, en moenie vir ander 'n gat grawe om in te trap nie. Haal jou masker van leuens af en vermy dit om hom weer terug op te sit. Die valse vreugde wat leuens bring mag dalk grens aan wonderlik, maar is niks in vergelyking met die ware vreugde van eerlikheid nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die waarheid maak mens vry...wat 'n pragtige getuigskrif vir jou!!

Chim
10 jaar 9 maande 5 dae 19 ure oud


Die mens met sy maskers, vals fronte, alles tevergeefs. Uiteindelik seëvier die waarheid. Dis net jammer van al die skade en pyn wat dit veroorsaak.

Jy verwoord hierdie ernstige saak so pragtig.
10 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


ware wyse woorde.
10 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar