Artikels

Bladsye:
Titel: Leunes
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waarom vertel mense leuens of halwe waarhede? Wat's jou storie? Is dit om beter te lyk in ander mense se oë? Vir wat is jy bang, verwerping? Nou hef jy jouself op vir wat nie regtig bestaan nie? Of het jy 'n selfbeeld probleem, dalk net 'n lyf weg steek probeem (red jou bas geval) of of of. Waarom is dit so moeilik om die waarheid te praat?

Wat my ergerlik maak is dat 'n leuenaar my intelligensie so kan onderskat! Kan jy so min respek hê vir my om so blatant vir my te lieg, sonder om 'n oog te knip. Of dink ek weet nie jy lieg vir my nie. Ek weet mos as iemand vir my lieg of ek vind die waarheid agterna uit.

Hoe is ek dan veronderstel om so 'n leuenaar weer te vertrou? Vertroue is die fondament van enige verhouding! 'n Leuen is niks anders as om te bedrieg nie. Nou hoe kan ek iemand vertrou wat van die môre tot die aand vir almal of halwe waarhede vertel of jok? Kan nie lekker wees om heeldag op jou hoede te wees, om te probeer onthou, vir wie het jy wat gelieg nie.

Wat se integriteit het hierdie soort mense? “My woord is my eer!” Ek glo nie! Integriteit vertrou God onvoorwaardelik, jy hoef nie “schemes” te maak nie! Daar's niks eerbaar aan jou nie a.g.v. leuens! Dit is ook nie een van God se karakter eienskappe nie! Ek wil tog nie hê elke keer as ek iets sê moet die mense hulle oë agter my rug vir ander mense rol nie en insinueer “neem dit met 'n knippie sout nie.” Ek kan nie glo dat leuenaars dink hulle kan wegkom met hul aanhoudende dwars vertellings van enige iets nie! Al wat gebeur is mnr. leuenaar jouselfbeeld word net nog meer afgetakel en later het jy geen vriende meer oor nie.

Leuens en skinder is die twee goed waaraan ek 'n kleintjie dood het. Die twee loop baie keer hand aan hand. Jou karakter is jou geestelike d.n.a! Ja, die “flaws” in hierdie mense se karakters laat my wonder... Geen morele Godelike standaarde meer... God haat sewe dinge en een is:- Spreuke 6:17 “'n tong wat lieg”!

Spreuke 4:24 (Nuwe Vertaling) Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie. (Ou Vertaling) Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou van jou af die verkeerdheid van lippe.

Spreuke 11:3 (Ou Vertaling) Die regskapenheid van die opregte is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle. (Nuwe Vertaling) Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

Spreuke 6:12-15 (Nuwe Vertaling) Dit is 'n nikswerd mens, 'n mens vol onreg, wat altyd reg is om te lieg, om te bedrieg deur met die oog te knik, met die voet te beduie, met die vingers tekens te gee, wat altyd met 'n skelmstreek kom en voortdurend op kwaad uit is. Hy maak moeilikheid waar hy gaan. So 'n mens se ondergang kom skielik; hy stort ineen, en daar is nie herstel nie.

A3
14 Mei 2009
Spreuke 16:28 “Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    RANGEERWERF

    deur Johann P. Boshoff

    Bundel homofiliese kortkunsprosa.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar