Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is die pilaar waarop die mens gevestig is.
En leuens is die fondasie van die mens se lewe.
Is ook die grootste skat wat die mens die meeste vertroetel.
Is die heiligdom van sy bestaan.

Stilte is die grootste lieg van al die leuens. Deur te verswyg is dan ook die maklikste lieg, die skynheiligste lieg, die verskonend ste lieg:
“Ek het mos NIKS gesê /gedoen nie”
Die basis van die mens se bestaan is gegrondves op lieg – sy Geloof. Dit is alles oorvertel en hoor sê.

Dit mag ook nie anders wees nie, want dan sal die ou wêreld maar vaal en dor wees.
Dink net, dan sal Woes nie eers kan bestaan nie.
Hoe kan ons vertel sonder om te lieg, sonder om te illusie, sonder om te wens dink.
Hoe word Woes die gerieflike voertuig waarop die liegende skrywer se fondasie gebou is – die verswyging van sy identiteit en dan die beklemtoning deur die grappigste naam as versiering te kies.

Lieg is die basis van die huwelik, want binne maande word die bewondering en begeerte en verlange na ’n ander stukkie vleis die ergste ongerief om te onderdruk.
(Is onderdruk dan nie ook maar net ’n ongemaklike leuen nie?)
Lieg laat die Aarde draai. Sonder lieg kan ek nie lewe nie – mag ek dan maar afsterwe – want stories is my lewe.
Lieg maak mooi, lieg skep lewe : “Ek het jou lief!”
Lieg bring vrede: “Die Here sal jou vergewe.” – het jy ’n waarborg?
Lieg bring berusting :” Hy is nou in die Hemel” – hugh ?

Lieg is die mense se wakker word, se dag, se uitsien . . .En
se gaan slaap . . .:”Ek is moeg, ek gaan nou slaap!”
In plaas van:
“Jy’t my nou geknorrig; gaan skyt op die treinspoor want ek gaan nou slaap!”

Kyk ! Kyk na my skildery hier bo en sien . . .
Hoe mooi maak lieg die lewe!


Willie F van Tonder
2013/03/03



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kommentaar
Het dit nou geniet, en ek lieg nie!!!
6 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


***
Met al jou rondpratery hierbo het jy nogal so hier en daar 'n waarheid omtrent leuens kwytgeraak -- diep seun, Wolfman!
6 jaar 9 maande 1 week 6 dae oud


perfek
dis nou 'n eerlike liegstorie
6 jaar 9 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


...
En kyk hoe lekker lieg jy nou!
6 jaar 9 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Lieg
Ja....al trek 'n leun hoe snel die waarheid haal hom wel. Ek het lekker gelees.
6 jaar 9 maande 2 weke 1 uur oud


As mens nie lieg nie
kan jy nie stories skryf nie. En so 'by the way'. Die Bybel se nie jy mag nie lieg nie, dit se net jy moet nie iets seg wat jou naaste benadeel nie ? Lekker geskryf Sneeuwolfie.
6 jaar 9 maande 2 weke 14 ure oud


Carol . . .
Jou lieflike Merrieperd!~
Dis jy wat nou die kat in die hoennerhok losgelaat het!!
Wat is waar?
Wat is lieg?

:-))
Niks.
Alles is net MOOI!
6 jaar 9 maande 2 weke 15 ure oud


Lieg
Sjoe...nou praat jy darem die grootste waarheid wat ek in 'n lang tyd gehoor het en die waarheid kan mos nie lieg nie. "I said I don't love you though it kills me, it's the lie that sets you free" ...of wat van Coenie de Villiers se: "my vriend, jy wat glo dat die donker bedrieg...kom laat ek jou wys hoe die lig kan lieg".... Nou dan is feitlik alles mos leuens...ook omtrent alles wat ek en jy hierbo geskrywe het, en as dit darem nou nie reine waarheid is nie, dan weet ek nie meer waar om die streep te trek tussen waarheid en leuen nie. Maar jy het sowaar nie die kat aan die stert beet nie...en dis die waarheid, want ek lieg nie :-))
6 jaar 9 maande 2 weke 18 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar