Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Kom, ek gaan wys jou die liggies” was sy woorde. Oppad voel ek net hoe ‘n slegte wrang smaak in my opstoot en ek dink, ek was al baie by soortgelyke plekke in my lewe.
Mense wat die pad oorsteek in die half donker. Motors wat voor jou indraai of voor jou stop, sonder enige aanduiding van wat hulle gaan aanvang. O ja, donkiekarre het destyds nie flikkers gehad nie. Hierdie smal pad gee my ‘n hol kol op my maag. Stadig voor ons ry ‘n ou bakkie, met meubels op en die sleep nog ‘n ander wrak. Kans vir verby gaan kry ons nie want, die motors swiep verby. Een aanhoudende lang ry liggies, soos almal vlug om huistoe te gaan. Langs die pad tussen die huisies kan ek nie besluit, sien ek rook of sien ek stof nie. Al wat ek weet is my neus brand en solank as wat ek kan onthou, lyk dit presies dieselfde, niks het verander nie! Nie die potholes, nie die smal paaie, nie die drywers, nie die toestand van die voertuie, nie die stof en ook nie die rook nie! Net die omgewing het agteruit gegaan. Daar’s nie meer ‘n boom in ‘n duisend seemyl nie. Teen die hier-en-daar se grensdrade het die wind oral plastieksakke vasgewaai.
My gedagtes skiet terug na die vorige middag. ‘n Konfooi van plus minus 25 skoon swart motors het in strate op- en afgery. Met die woorde “stem vir ons” groot opgeskryf. Hierdie manne het defnitief nog nie hier gery waar ons nou ry nie! Sien mens nou enige ander politieke party so iets simpels doen? Die ergste van alles is die kontras tussen die skoon swart motors en dit wat ek nou voor en om my sien! Wat ‘n “powerfailure”! Iets soos sit die lig aan, dan kan julle dalk sien, “nevermind” sit die lig aan dan, help ek julle soek! In die donker kry ek ‘n glimlag op my gesig en wonder waarom sou ek moeite doen of oorweeg om vir hulle te wou stem.
Bokka vra: “Waarom so stil?” en ek antwoord: “Niks het verander, God bly in beheer.” In my gedagtes sê ek ‘n skietgebedjie op. Dankie Here vir my huisie in die bos, Here wees met hierdie mense wat hier probeer oorleef. Ek was dankbaar toe ons Planknek se “Heaven’s Gates” voor my sien en weet ons is tuis. Hier is ook liggies, dankie tog! Nie gou weer ry ek saam myn toe nie, liggies of te NOT!
A3
16 Mei 2011
Volgende keer gaan kyk ons liewer die kerse…….



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liggies
En, terwyl die vet katte net vetter word en die soustrein al voller, staan flentergeklede hoopvolles steeds langs die straathoeke en wag vir 'n werkie vir die dag sodat hy of sy hulle kinders van kos kan voorsien. Dis ook hulle wat steeds "wanhopig" bly vashou aan die leë beloftes van die vals politici in hulle blink swart motors.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar