Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mad gaan nie net oor kindermishandeling nie, maar ook oor vroue en selfs mans-mishandeling.
Ek is betrokke by hierdie uiters aanbevole organisasie. ongelukkig, weens my werksomstandighede kan ek nie werklik aktief betrokke wees nie. My wens is dat ek in so 'n situasie kan wees dat ek sonder enige finansiele kommer, voltyds my gewig by hierdie organisasie betrokke kan raak.
MAD is 'n nie winsgewende organisasie wat hom beywer om veral mishandelde kinders te help en ondersteun. Die organisasie beywer hom ook om terselfdertyd mishandelde vroue en ook mans te help en by te staan.
MAD het die Springs monster en sy aanvanlik baie "onskuldige" vrou, waarvan meeste van julle in die koerante gelees, of oor TV Nuus gehoor het, ontmasker en aan die kaak gestel.
MAD het ook al heelwat skool boelies ontmasker en die slagoffers bevry van hierdie boelies. Skoolhoofe wat niks wou doen nie, is aan die man gebring en MAD het nou hulle volle samewerking.
Asseblief mense, ek vra groot asseblief, ondersteun ons. Ons het elkeen van julle se samewerking nodig om hierdie euwel met wortel en tak uit te roei.
My eie dogter is jare gelede op 9 jarige ouderdom deur 'n pedofiel betas en bevoel. Mens kan niemand, maar niemand vertrou nie. Luister met 'n baie fyn oor as 'n kind iets laat val.
Kyk op Face Book onder Mad Rage Against Child Abuse.
E-pos vir Andries Ferreira by: andriesffi@telkomsa.net
of by madpromo@vodamail.co.za as jy op enige manier betrokke wil raak by hierdie euwel wat besig is om hande uit te ruk in ons land.
Ek en Ouvrou, en ook ons twee seuns, is deur jare van hel saam met ons dogter, deur hofsake, sielkundiges en wat nog alles.
Ek en Ouvrou het ook, net soos jy wat nou hier lees, gedink so-iets al tog nooit met ons gebeur nie. Tot daardie verskriklike dag!!!
Asseblief, ek vra nie, ek smeek, raak net betrokke en LUISTER as 'n kind iets vir jou vertel.
ASSEBLIEF MENSE, ASSEBLIEF!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

MAD
dankie vir die deel van hierdie inligting, mens moet soms onthou dat jy in ander se oe die "ander mense" is met wie die dinge gebeur
4 jaar 8 maande 3 weke 22 ure oud


Mad
Ek besef daagliks dit is iets hierdie wat met almal kan gebeur. Ryk, lewe net net bo of onder die broodlyn, arm, brandarm, boemelaar.
4 jaar 8 maande 3 weke 23 ure oud


Ano
Mad
Sterkte met jou noodroep asook die werk wat julle daar doen. Dalk is daar mense in ander dele van die land wat by soortgelyke organisasies betrokke sal raak. Dis gewoonlik mense wat direk deur so iets gekonfroneer word, wat gedryf word om iets daaromtrent te doen. My passie en hulp le elders.
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


mad
jan bae sterkte met julle goeie werkdit is n euwel en n onding
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 8 ure oud


Kan
Kom ons kyk na wie KAN.
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


Jan
Ek het vir 'n hele ruk by KBE gewerk. Kinder Beskermings Eenheid van die SAPD. Wat mens daar sien , is verbeisterend. Dit het my telkens laat wonder oor mense ...

Anyway, daar is talle organisasies, NGO' ens wat daaraan werk om dinge te verbeter. So, kom ons ondersteun hulle.

Miskien moet ons 'n paar identifiseer en kontak maak ... stem jy saam?
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


MAD
Ek kan ongelukkig nie hiervandaan die ondersteuning gee nie, maar ek hoop regtig dat julle dit sal kry.
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Grafte op die Berg

    deur Johannes de Swart

    Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar