Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op 26 Julie 2007, op 60 jarige ouderdom, is ek positief getoets vir Neoropathy en die ongeneeslike kondisie, genaamd Myasthenia Gravis wat in Latyns of Grieks, erge spier verlamming beteken of in kort, MG.

Wat is MG?
Dit is nie ‘n MG sportmotor nie, maar kan net so vinnig op jou toeslaan soos ‘n sportmotor wat op spoed is. Dit is ‘n outo imuun kondisie wat sekere spiere aantas. Hierdie kondisies is nie aansteeklik of van een persoon na ‘n ander oordraagbaar nie. Dit is wel in sekere gevalle oorerflik. Dit kan in remissie gesit word met medikasie, maar kan nie genees word nie.
Ek noem MG sommer Swaartekragsiekte, ander noem dit die lappop kondisie want dit voel kompleet asof alles te swaar word vir jou en jy soos ‘n lappop voel. Die aarde se aantrekkingskrag wil jou vaster trek op die grond en dit voel asof daar gewigte aan jou voete, hande en ooglede vasgemaak is. Jy kan nie jou arms optel of voor jou uitgestrek hou vir meer as 5 tellings nie. Jy kan nie jou ooglede oophou nie of jy kan skielik net nie die een voet voor die ander sit nie. As dit baie erg word en jy kan nie asemhaal nie en jy gaan in krisis dan sit hulle jou in ICU op ‘n ventilator totdat jy weer op jou eie kan asemhaal.

Encarta Encylopedia 2005 beskryf die toestand soos volg:-
“Myasthenia Gravis, chronic disease marked by progressive weakness and abnormally rapid fatigue of the voluntary muscles. The muscles affected include those used in walking, breathing, chewing and talking. A characteristic sign of the disease is drooping eyelids.”

Hoe meer jy dus ‘n betrokke spier gebruik hoe gouer word hy uitgeput en wil hy dus nie meer funksioneer nie, want die sein gaan vanaf die brein na die senuwee en word nie oorgedra by die senuwee punte na die spier wat die aksie moet uitvoer. Die sein word dan egter by die senuwee punt geblokkeer en die spier word al swakker hoe meer jy dit gebruik. In kort daar is ‘n kortsluiting waar die senuwee by die spier aansluit. Verkeerde seine word ook na die brein terug versend. Bv. dat daar ‘n verskriklike pyn in ‘n betrokke liggaamsdeel is of een of ander gevoel ervaar word. In vroer jare voor medikasie het jy gesterf aan versmoring omdat jy opgehou asemhaal het. Dit is wanneer Mger in krisis gaan is as hulle ophou asemhaal.

Wat is Neuropthy? Is die verswakking van die klein sensoriese senuwees wat net onder die vel geleë is en veroorsaak dat die gevoel oor sekere dele van die liggaam verswak of tydelik of in geheel permanent verdwyn. Hiervoor is daar tans geen medikasie nie.

Wat is die simptome van die kondisies?
MG kan baie forms aanneem en in ernstige aanvalle jou in ‘n krisis dompel waar jy onmiddelik medise hulp nodig het. Daar is verskillende simptome. Elke persoon ervaar die simptome anders en elke geval van MG is ook anders. Nie een is dieselfde nie en dit is nie te se dat jy al die simptome gaan ontwikkel nie. Party mense ontwikkel meer as een neuro kondisie saam met MG. Die simptome van MG. en Neoropathy kan min of meer soos volg opgesom word.

1 Dit begin gewoonlik by baie mense met die oe. Dit kan veroorsaak dat jou ooglede begin hang sodra jy bietjie moeg begin raak omdat die oogspier begin verslap of jy kan begin dubbeld sien of albei. Die oe se spiere raak seer of die oe brand en somtyds jeuk dit.

2 Jy kan nie sluk nie en kan gevolglik nie kos inkry nie, omdat die sluk spiere verlam word. Jy stik maklik en kan nie sterk branderige kos eet nie. As jy sluk kom die kos deur jou neus. Jy slur jou spraak omdat die tongspier verlam en jy byt jou tong of jou lip raak. Jy verloor die gevoel in jou gesig en dit voel asof jy by die tandarts was om ‘n tand te laat trek. Jy kry krampe in jou tong of keel. Dit voel asof iemand gedurig besig is om jou te wurg. As jy sluk kom die kos deur jou neus.

3 Jou hande wil nie vat nie of as jy iets gevat het wil dit nie weer loskom nie en moet jy iemand vra om jou hande los te maak, of jy het geen krag in jou hande nie. Krampe in jou hande of hulle begin onbedaarlik skud of ruk. Jy verloor die gevoel in jou hande. Jy kry geweldige elektriese tipe skok pyne in jou hande.

4 Jou asemhaling spiere hou op om te funksioneer en jy gaan in ‘n krisis waar jy dadelik mediese hulp moet ontvang en op ‘n ventilator moet gaan. Jy kry ook krampe op jou ribbes. Jy verloor die gevoel op die voorkant van jou liggaam, soos jou maag.

5 Jou blaas se spiere funksioneer nie soos hulle moet nie en jy het nie beheer oor jou blaasfunksie nie.

6 Jou bene gee net pad onder jou en jy gaan grond toe, of hulle wil net nie verder beweeg nie en jy staan doodstil op een plek en moet in ‘n rolstoel gaan totdat hulle weer beter word. Jy kry krampe in jou bene en voete. Jy kry geweldige intensiewe pyne soos elektriese skok pyne in jou voete. Jy verloor die gevoel in jou voete en bene. Jou bene begin onbeheerbaar skud of jy kry rukkings in jou bene en voete. As jy gehurk het kan jy nie weer opstaan nie en het hulp nodig as jy die toilet gebruik anders kan jy nie weer opstaan nie.

7 Jy kry dit ook dat dele van jou liggaam kouer voel as ander dele. Jou voete of hande of linkerkant ens. Somtyds ervaar jy dit asof die vel afgeskeur word.

8 Medikasie laat jou voete en bene swel en jy sit gewig aan asgevolg van water wat in die liggaam opbou.

Dit is maar ‘n paar van die simptome waarvan ek kennis dra en ondervind, maar daar is mense wat ook ander kondisies saam met die MG het en dan ander simptome saam met dit ontwikkel.

Hoe word daarvoor getoets?
Dit word gewoonlik deur ‘n neuroloog gedoen. Daar is verskeie maniere. Bloedmonsters word geneem en uitputtings toetse word gedoen op die tong oe mond arms en bene te toets. Elektriese stroom skok toetse word ook op die senuwees en spiere gedoen. Asemhalings word ook op ‘n masjien getoets. X – strale van die bors of MRI skandering om te kyk of die timus klier in die bors groeisels maak. ‘n Gesonde normale persoon kan normaalweg sy asem gemiddeld tot 40 tellings inhou. ‘n Mg persoon begin in skok gaan as hy sy asem nie langer as 15 of minder tellings kan ophou nie.

Daar is nie definitiewe sekerheid wat die toestand veroorsaak nie, alhoewel daar vasgestel is dat dit te make het met die timus klier wat in jou borskas sit en funksioneer totdat jy pubertyd bereik. In sommige gevalle gee die klier groeisels of vergroot dit abnormaal vinnig en dan word daar ‘n operasie uitgevoer om die klier te verwyder, as jy nog jonk genoeg is. In my geval is die kondisie reeds te ver gevorder en is dit nie op my ouderdom aanbeveel of wenslik dat die klier verwyder word nie, aldus die Professor wat in MG spesialiseer. Onlangs is daar ook vasgestel dat dit ook deur die brein veroorsaak kan word. Spanning en emosionele trauma vererger die toestand. Hitte vererger ook die toestand. Volgens inligting is daar net 156 gediagnoseerde gevalle in Suid Afrika. Die Universiteit Kaapstad doen navorsing oor die siekte en het ‘n kliniek wat lyers van die siekte drie maandeliks moniteer en toets by die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad. Daar is ook ‘n ondersteunings groep in Suid Afrika genaamd “Myathinia Gravis SA “ op Facebook. Ook ‘n Myasthenia Gravis Foundation of America. Daar is ook ‘n Foundation in Suid Afrika, maar dit lyk nie vir my asof dit opereer nie, omdat ek reeds lank gelede aansoek gedoen het om toelating tot die groep en geen reaksie gekry het nie.

Watter behandeling word aangewend?
Die behandeling kan verskil van persoon tot persoon afhangende van die graad van verswakking en of die persoon besig is om in remisie te gaan en of die persoon besig is om op ‘n krisis af te stuur. Dit hang ook af van watter medikasie met die persoon se gestel saamwerk.
My behandeling van die siekte is die neem van groot hoeveelhed kortisoon, wat uiteraard baie newe effekte het en ook pynlike onttrekkings simptome het wanneer die medikasie skielik verminder word. Alhoewel die toestand nie genees kan word nie beweer die medici dat hulle dit onder beheer kan hou met die medikasie. Dit beteken dat ek ‘n gemiddeld een inspuiting Methatreksaat per week neem en 22 pille elke dag gebruik. 1/3 Is kortisoon (Prednisoon 40 mg per dag) en 2/3 is Kalsium, Potas, Folic acid Vit D om die newe effekte van kortisoon teen te werk. Ek neem ook ‘n Vitamien B12 inspuiting een maal per maand. Moenie vra wat die koste hiervan alles is nie. Sonder die medikasie sal jy uiteindelik sterf aan versmoring omdat jou asemhaling spiere mettertyd ophou om te werk. Die medikasie affekteer egter uiteindelik jou niere en lewer en kan lei tot versaking van die organe indien jy lank op hoe dosisse van die medikasie moet bly. Instede van kortisoon word Mestinon ook gebruik, maar ongelukkig akkordeer dit nie met my maag nie, gevolglik maak dit my swakker.
Die simptome is baie dieselfde as Veelvoudige sklerose wat dalk meer algemeen bekend is. MG verwak of affekteer egter nie die hartspiere nie.
Die verskil is dat die mediese fonds Veelvuldige sklerose klassifiseer as ‘n kroniese siekte en jy dan jou medikasie kan ontvang ongeag of jou voordele uitgeput is. Terwyl MG nie geklassifiseer is as ‘n kroniese siekte. As jou fonds uitgeput is moet jy jou medikasie self betaal. Niemand kan my sê hoekom nie. Ek het die fonds beveg en maar later tou opgegooi en het intussen die mediese fonds gelos omdat ek dit nie meer kon bekostig saam met die medikasie en behandeling wat ek uit my sak moes betaal nie nie en is nou ‘n staats pasient.

Wanneer die medikasie nie meer help nie omdat jou gestel aan die medikasie gewoond raak is daar drie alternatiewe behandelings wat as drastiese maatreël gedoen kan word. Die eerste opsie is om ‘n pollygam behandeling te kry wat ek reeds twee keer geneem het. Dit is ‘n poeieragtige stof wat van menslike bloedplasma gemaak word en wat teen ‘n tempo van 36 mg per dag, gemeng met vloeistof met ‘n drup binneaars toegedoen word oor ‘n periode van 5 dae. Indien dit te vinnig toegedien word kan jy geweldige hoofpyn kry. Ek noem dit sommer ‘n diens soos as jy nuwe plugs en punte opsit op ‘n ou motorkar sodat hy weer beter moet trek. Die behandeling is geweldig duur en verbeter die toestand vir ‘n jaar of twee. Voor die laaste behandeling het ek asemhalings probleme begin ondervind en het reeds baie sleg gepraat. As ek moeg was kon mense my beswaarlik of glad nie verstaan nie. Na die behandeling kon ek weer normaal praat en het my asemhaling baie verbeter en word ek nie so gou moeg nie. Omdat ek nou ‘n staats pasient is kan ek nou nie meer die behandeling kry nie omdat dit te duur is. Die laaste behandeling net vir die pollygam sonder hospitalisasie was R80,000.00 in 2010. Die ander twee behandelings is meer drasties van aard en beteken dat jou imuunstelsel vervang word met ‘n nuwe een en dat jy chemo bestraling moet kry. Jou bloed word dan van die teenliggaampies gesuiwer deur dit deur ‘n masjien te sirkuleer. Dit word net as ‘n laaste uitweg gedoen as die pollygam nie suksesvol is nie en jy is besig om vinnig dood te gaan, of as jy jonk genoeg is.

Wat om te doen as ‘n MG persoon in ‘n krisis gaan?
Somtyds is dit beter om self na die naaste hospitaal of sootgelyke instansie te gaan aangesien dit nog tyd mag neem voordat ‘n ambulans by jou uitkom. Maak dus altyd seker dat daar genoeg brandstof in die voertuig is om die persoon wat in krisis kan gaan te alle tye na ‘n mediese fasilteit kan neem sonder dat daar eers brandstof ingeneem moet word. Dit is om belangrike tyd te spaar. Bly kalm en rustig en hou die persoon ook kalm en rustig anders gebruik sy liggaam nog meer suurstof en sukkel hy nog meer om asem te kry. Probeer dat hy hom nie ooreis dat sy hartklop vinniger klop nie. Probeer om hom te alle tye regop te hou en moenie dat hy gaan le nie anders is dit nog moeiliker vir hom om asem te haal. Sorg dat hy sy medikasie en sy voorskrif by hom het. Maak seker dat hy die neroloog wat hom behandel se telefoon, selfoon faks nommers en e-mail adres byderhand het. Dat hy sy mediesfons kaart en ID dok by hom het. Dat hy oornag geriewe by hom het indien dit nie later na hom toe geneem kan word nie. Maak so gou moontlik om hom by ‘n mediese fasilteit te kry.Maak seker dat sy selfoon by hom is en sy selfoon laaier en daar geld op sy selfoon is. Hy mag dalk iemand moet skakel wat meer inligting oor sy kondisie aan die mediese personeel moet verskaf.

Wat is moets en moenies van ‘n MG persoon?
1) Moenie alleen iewers bestuur, gaan of stap nie. Sorg dat iemand altyd jou vergesel. As jy alleen iewers gaan laat weet iemand waarheen jy gaan en neem jou selfoon saam.

2)Moenie ‘n warm bad neem nie, want warmwater vererger die kondisie. Neem liewer ‘n kouerige stort. Bad is oor die algemeen ‘n probleem, want dit kan gebeur dat jy nie op jou eie weer uit die bad sal kan uitkom nie. As jy bad maak seker daar is iemand binne hoorafstand wat jou kan uithelp as jy roep of maak seker dat daar ‘n alarm stelsel is wat jy kan aktiveer. Vermy warmwater bronne, dit sal jou heeltemal swak maak. As jy baie swak is kan ys pakke gebruik word. As ek nie asem kan kry as ek slaap, staan ek op en sit regop en kry so bietjie koud en drink iets koud.

3)Installeer ‘n alarm in jou huis sodat indien jy alleen is en jy gaan in ‘n krisis jy kan alarm maak.

4)As jy moeg raak neem 15 minute om net te rus en jou oe toe te maak.

5)Maak seker jy neem jou pille volgens voorgeskryf. Dit het al gebeur dat ek ‘n fout gemaak het en dieselfde kleur en groote pil met mekaar omgeruil het en instede van 1 te neem van die een en 10 van die ander. Dit het veroorsaak dat my maag gepomp moes word en dat ek van die Sondagoggend geslaap het tot die Donderdag oggend. Onthou die apteker kan ook ‘n fout maak so maak seker dat jou pille reg is en indien jy twyfel maak eers seker by jou neuro.

6) Moenie kos eet wat droog is nie of wat sterk is nie, want dit kan jou laat wurg of stik. Eet stadig.

7)Mense gaan jou spot of aanmerkings maak dat jy dronk is, maar steur jou maar nie daaraan nie. As jy nie lekker kan praat nie dink hulle in elk geval daar is iets fout met jou brein dan praat hulle stadig en hard asof jy nog doof is ook.

8) Sny jou kos fyn dan hoef jy nie so baie en hard te kou dat jou kakebene lam raak.

9) Moenie bang wees om mense te vra om jou te help as jy nie kan opstaan of kan loop nie. As jy val en jy is alleen kruip tot by iets waarteen jy kan opstaan. As jy by ‘n vreemde huis kom soek altyd ‘n hoe stoel uit, dit is makliker om daaruit op te staan as ‘n lae stoel.

10) As jy ‘n kramp injou keel kry of jy sluk swaar, drink iets yskoud dit help vir my.

11) Pasop om te gaan waar hulle besig is om boorde of graanlande te bespuit vir insek beheer. Pasop ook vir huishoudelike insekdoder spuit. Die meeste insekdoders werk in op die senuweestelsel van die insek en verlam dit sodat hy nie kan asemhaal nie. Hierdie gifstowwe affekteer my onmiddelik as ek daarmee in aanraking kom.

12) As jy alergies is vir enige voedsel stowwe soos graankosse bv., vermy dit, want dit kan die meel wees wat dalk nog van die spuitmiddels en preserveermiddels in die produk het.

Hoe het ek die kondisie ervaar?
Ek het eers ‘n galblaas operasie ondergaan omdat die gal oor ‘n lang tyd oor die lewer gelek het en toe gangerine agtig geword het. Aanvanklik het die dokters dit eers gediagnoseer as gordelroos wat na binne geslaan het wat die ondraaglike pyn gegee het dat selfs morfien dit nie kon uitwis nie. Na ‘n paar weke is ek deur ‘n ander dokter ge-opereer vir die galblaas. Om infeksie te keer na die operasie is ek hoë dosisse antibiotika toegedien. Na die operasie het ek eers geel geword en later groen en soos ‘n mars mannetjie gelyk en die velle in my mond en tong het losgekom en in groen slyk afgekom. Tot my vinger en toonnaels het groen geword en dit het lank geneem om na normaal terug te keer. ‘n Paar dae na die operasie het ek bloedklont in die long gekry en is ek op Waferen geplaas om die bloed dun te maak. Al die medikasie, pyn stres en die operasie het my vier weke na die operasie ‘n erge aanval van MG gegee wat my laat dubbel visie kry het. Die dokters het my na ‘n oogspesialis verwys en na skanderings het hy vermoed dat ek weereens ‘n ligte beroerte gehad het, die soveelste en gevoel dat die dubbel visie reggestel kan word met ‘n operasie. Intussen moes ek die een oog toeplak.
Later het my bene so lam geword dat ek beswaarlik met die hulp van krukke kon loop en somtyds glad nie die een voet voor die ander kon sit nie. My arms en hande het heel verswak en ek kon hulle nie gebruik nie.Ek het nie meer beheer oor my blaas funksie gehad nie en moes nappies dra. Dit was ‘n moeilike pad wat ek en my gesin in die tyd geloop het tot by hierdie punt, want hulle moes my met alles help. Dit was op hierdie stadium wat ek ‘n opsomming van my mediese geskiedenis begin maak het en begin oplees het oor my simptome en tot die gevolgtrekking gekom het dat ek moontlik al van my kinder jare ly aan ‘n outo umuun kondisie soos veelvuldige sklerose en die dokters gevra het om my daarvoor te toets. Dit was wanneer hulle vir die eerste keer vasgestel het dat ek MG het. Ek het besef dat al die kere wat die dokters gese het dat ek ‘n ligte beroerte gehad, hul diagnoses verkeerd was en dat dit altyd die MG was wat hulle laat dink het dit was beroerte.

Verskeie verkeerde diagnoses was deur dokters en oogspesialiste oor die jare gemaak vandat ek 12 tot13 jaar oud was oor simptome wat verband gehou het met die toestand. Dit het gewissel van diagnoses soos:-
“senuwee wat knyp”, “jy gebruik drugs”, “vertraagde skok”, “stres”, “ ‘n insident” tot “ligte beroertes” “asma” ens. Te veel om op te noem. Oor die jare was ek reeds meer as 30 keer gehospitaliseer vir een of ander toestand wat verband gehou het met die kondisie.
Toe ek 13 was het ek een nag wakker geword en kon net nie asemhaal nie. Die asemhaling spiere het net vir ‘n kort ruk ophou funksioneer. Dit was vreesaanjaendom die minste te se.
Een dokter het my nek met ‘n handdoek gemanipuleer nadat my hele lyf verlam geraak het toe ek 17 jaar oud was en amper my nek gebreek sodat ek gehospitaliseer en in traksie gele het vir een maand. Toe ek 30 was het my bene verlam geraak en kon ek nie fooruit loop nie net agteruit loop. Een van die kenmerke van MG is as jy nie meer vorentoe kan loop nie maar wel agteruit is dit gewoonlik MG se skuld. Die dokter het dit toe gediagnoseer as vertraagde skok.
Ek het al die simptome soos hierbo genoem een of ander tyd ervaar en ervaar tans steeds ‘n hele paar van hulle. Dit maak jou soms morbied, depresief, gefrustreerd, emosioneel of soms agresief. Somtyds die gevolge van die kondisie en somtyds die gevolge van die medikasie.
Omdat die toestand veroorsaak dat ek al minder aktief is wat beweging aan betref en somtyds nie, rustig kan slaap nie, het ek meer beskikbare tyd voor die rekenaar deurgebring om te skryf, asook skilder, sodat ek die elektriese tipe skiet pyne en ongemak deur my liggaam en krampe van die tong keel en diafragma kan vergeet. As jy ‘n kramp in jou hand, arm of been kry kan jy dit vryf. ‘n Kramp in jou keel, tong of diafragma kan jy nie vryf nie en jy moet maar uithou totdat die kramp verdwyn. Dan is die spiere vir ten minste 48 uur seer en pynlik. Die skryf word ook somtyds al moeiliker. As gevolg van skut bewegings of krampe in die hande oë en bene.

(Die volgende is die kortste gedig wat ek hieroor geskryf het.)
PYN
As jou keel en mond kramp.
Neem ‘n pen en lamp.
Bly skryf tot jou hand kramp.

Op 50 jarige ouderdom was ek nog werksaam as ‘n Stadsklerk en na 25 jaar in Munisipale wese genoodsaak om ‘n pakket te neem omdat my gesondheid nie na wense was nie. Die oorsaak kon egter nie op daardie stadium bepaal word deur die medici nie, anders kon ek met volle pensioen, groepversekering en ongeskiktheids voordele afgetree het. Die neuroloog wat my toe behandel het het nie die MG simptome raakgesien nie of my nie korrek getoets nie of nie geweet wat MG is nie.
Daarna het ek vir 5 jaar geboer en die grond verkoop toe my gesondheid verder versleg het. Ek het 6 jaar gelede ‘n vrugte droog maatskappy gestig en moes dit ook laat vaar asgevolg van gesondheid.
Ek lees gewoonlik ‘n dagstukkie uit “Wandel digby Christus” van Solly Ozrovech in die aand voordat ek gaan slaap.

Op 23 Augustus 2007 lees ek die aand die volgende dagstukkie wat soos volg begin. “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie” . (1 Kor 10:12)
Ek kon egter nie help om hardop te lag nie, want dit was juis die oggend wat ek so hard op die 5 trappies voor die huis geval het dat die bloed spat en my blaas besluit het om homself outomaties te ledig. Toe Shatsie , (dis nou my vrou Jenny) wou weet wat is die grap was ek genoodsaak om die stukkie hardop te lees en verduidelik dat ek in die toekoms die stukkies maar liefs in die oggend moet lees sodat ek eerder pro - aktief kan optree.
As ek miskien die stukkie in die oggend gelees het was ek dalk beter voorbereid en versigtiger om nie te val nie en meer staat gemaak op my krukke.
Die ondergenoemde gedagtes het my opgeval en ondervindings is deur my aangeteken en opgedra in medelye met almal wat aan die siekte ly en diegene wat hulle moet bystaan. Dit is nou eggenote, kinders familie, vriende, navorsers en die mediese beroep.
Dankie aan almal wat simpatie het met ons as lyers van die toestand, want net ons as lyers daarvan weet wat dit aan ons doen en ons kan dit nie altyd aan ander beskryf nie.
Die geheim is maar om positief te bly en elke dag te doen wat jy kan en as jy uitgeput of moeg word neem jy 30 minute af om te gaan rus. Om nie lank vooruit te beplan nie en jy eers planne kan maak vir die dag as jy die oggend opstaan en jy voel goed. As jy nie goed voel nie beteken dit dat jy die dag meer sal moet rus en dit in berekening moet bring. Dit is ook nou die geleentheid om die dinge te doen wat jy nog graag sou wou doen indien jy nog daartoe in staat is. Ek het byvoorbeeld begin skryf en skilder en geniet dit baie. Mens is nooit te oud of siek om iets nuuts of ‘n nuwe verborge talent te ontdek nie. Die medikasie het wel baie newe effekte, maar dit het my ‘n tweede kans en tyd in die lewe gegee om sekere dinge te doen wat ek nog graag wou doen. Ek het nou geleer die lewe is te kort om enige vyande te maak en as jy het is dit die tyd om hulle te vergeef en vrede te maak in jou siel met dit wat jou hinder. Enige bekommernisse en stres vererger net die kondisie. Jy kry nuwe vriende by. Mense wat jou gou skielik moet help word dan jou vriende. Jy leer om wilskrag op te bou om self die kleinste take wat moeilik geword het self te doen en probeer totdat jy dit self regkry. Jy maak grappies oor jou kondisie dit help vir jou moraal en ander rondom jou ook. Jy leer ook dat dit nie goed is om iewers alleen te gaan nie, want jy kan dalk skielik hulp nodig kry. Jy leer om dinge stadiger te doen.

Jy gaan ook deur drie fases. Eers ontkenning van die kondisie en emosionele wat daarmee saamgaan. Jy wil nog doen wat jy altyd gedoen het. Dan kom die woede oor die kondisie. Waarom dan ek? Dan kom die aanvaarding en berusting dat jy hiermee sal moet saamleef. Ek troos my dat daar mense is wat nie kan sien, hoor en totaal verlam is of wat ledemate verloor het, so wat het ek om oor te kla. Moet ek dan nie dankbaar wees vir dit wat ek wel nog het en kan doen nie.

Die hoë dosisse Prednisone (Kortisoon) het onlangs veroorsaak dat my beendigtheid so verswak het dat ek ‘n fraktuur van die Lumbale rugwerwel opgedoen het. Dit het tot gevolg gehad dat ek drie weke in die bed moes deurbring. Buiten dat dit baie pynlik is, was dit baie vervelig.

Ek het egter een troos en dit is dat ek in die Bybel lees( 2 Tim 12) dat Poulus ook ‘n doring in die vlees gehad het en dat hy drie keer die Here versoek het om hom te genees en dat die Here vir hom gese het dat; “my genade vir jou is genoeg”. So wat is ek beter as Poulus dat ek nie tevrede moet wees met die doring in my vlees nie, want die Here se genade is ook vir my genoeg.


MYASTHENIA GRAiVIS

Die brein, ‘n grys massa DNA en motor neurons.
Funksioneer dit nie is daar geen poppespel.
Motor neurons lewe in die motor cortex.
Hulle gaan af in verskillende vlakke
tot die basis van die brein en die rugmurg.
Hulle is die bo motor neurons.
Ander is gesetel aan die basis van die brein.
Gaan na die spiere vir die oë, kou, sluk en die tong.
Ander senuwees gaan na die verskillende dele.
Liggaamsdele soos arms, hande, bene, voete,
Inwendige organe vir asemhaal en bloed sirkulasie.
As hulle nie werk nie, het jy baie min grasie.
Die liggaam is ‘n marionette van die brein.
Die brein aktiveer en stuur die sein.
As die liggaam die sein blokkeer
Probeer die brein, weer en weer,
Word jy gediagnoseer met ‘n nero siekte,
verval jy in ‘n donker put met baie diepte.
Jy’s aangewys op hulp van medemens en ander
Al is daar niks met brein verkeerd, nee jy’s skrander.



Nou is siel genadiglik afhanklik van die liewe Heer.
Om weg te neem en uit te wis die hart se seer.
Myasthenia Gravis is wanneer die sein na spier,
blokkeer by senuwee aanhegting aan die spier.
Dan maak die spier sommer sy eie gier.
Jy reageer dan soos ‘n gedrugde dier.
Woorde, sinne val rond in die brein.
Die brein stuur ‘n dringende sein.
Agtermekaar gesit om geskryf te word.
Die sein word na die regter hand gestort.
Dit weier volstrek om die bevel uit te voer.
Daar is nou ‘n kortsluiting en gesloer.
Ook tussen die linker brein en regter hand.
Waar voorheen bestaan het ‘n hegte band.
Wil die sein boodskap nou nie deurgaan.
Ledemate reageer dom en gaan net staan.
Stuur brein ‘n sein na die linker hand,
waar voorheen bestaan het ‘n hegte band,
is hy dom, het nooit geleer skryf.
Wat gemaak met die ou swakke lyf.
Nou sit al die woorde vasgesluit,
by ‘n oor aktiewe brein gestuit.
Klim trappies stadig op voor die huis.
Voel of ek dra ‘n sware yster kruis.
My voete voel ongemaklik swaar.
Die liggaam het geen krag te spaar.
Dis abnormale aardse swaartekrag,
wat swaar maak my liggaams vrag.
Voel of aarde my op die grond vasdruk.
Ek gaan onder ‘n sware oorlas gebuk.
Verloor die ewewig op die boonste trappie.
Voer skielik uit ‘n nare poppe dans stappie
Die brein raak nou skielik besorg.
Beide bene het nou lam geword.
Kan nou geen liggaams gewig dra.
Maak nie saak hoe hard die brein vra.
In ‘n hoop vleis stort ek agteroor neer.
Geen spiere of ledemaat wat kan keer.
Dis net oral een groot pyn en seer.
Die blaas maak homself outomaties leeg.
Die liggaam lê daar soos ‘n stuk deeg.
Voel of ek ‘n duisend kilogram weeg.
Bloed sypel uit die gat in die kop geval.
Ek is nog nie oud of word ek nou mal?
Kan myself nie eens ophelp.
Sal sekerlik moet roep vir help.

Liggaam, siel ‘n kom van pyn
Gees ervaar nog ‘n skerper pyn
Pyn bedwelmde brein roep uit
“Is daar iemand wat kan help hieruit”
Liggaam, siel en brein roep “ HELP!”
Die gepynigde liggaam word gou gehelp,
maar wat gebeur tog met siel en gees?
Voor ander moet jy altyd normaal wees.
Liggaam sukkel om te herstel die sein?
Siel moet saamleef met die interne pyn.

Francois de Kock             03/05/2008


MYASTHINIA bewusmakings maand is Junie jaarliks.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

MG
Oe, ek het heel 'toevallig' hierop afgekom. Dankie dat jy dit deel - ek is deur dieselfde trauma met my seun se ongeneeslike siekte - dit is vir my onaanvaarbaar dat mense nie mediese hulp kan kry nie. As jy wil, lees my artikel "Ex Gratia" en kyk of jou toestand nie op die PMB lys is nie. Jy skryf - jy doen meer as baie gesonde mense en van die lui tieners wat deesdae tyd mors op skoolbanke. Hou so aan. Baie sterkte.
5 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


MG
artikel baie interessant Schatz, dankie vir die inligting.. die gedig is puik verwoord!!
5 jaar 7 maande 3 weke 3 ure oud


siekte?
Jou artikel het my hartseer gemaak en jou gedig my in trane.
5 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 2 ure oud


MS
Baie goed geskryf
7 jaar 3 weke 5 dae 7 ure oud


die weervoorspelling
n fassinerende artikel...en slot-gedig...dankie vir die insig hierin(insight)..en die deel daarvan/hiervan....
7 jaar 3 weke 6 dae 2 ure oud



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar