Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Woes is nie net vir stories en gedigte nie omdat, as intelligente blad maak Woes ook voorsiening vir Artikels en Rubrieke.
Dit is egter twee weeskinders hierdie wat maar aan die ‘lees agterspeen’ suip. Maar ek reken kennis – veral wanneer dit ons menswees raak – word graag ingeneem ek skryf dus daaroor.

Ek is al tot vervelens gepla oor die toenemende voedseltekort, die onbeheersde mense aanwas, in geheel sommer die swaar dra van die Aarde.

Dit is heel bekend dat die wedstryd met graangewasse redelik gewen word.
In my lewe was ’n mielie-oes van 3 ton per hektaar ’n rekord oes. Vandag is dit ’n misoes. Hulle praat al van 16 ton per hektaar op droog lande en op lande waar ons hierdie lang string-op-wiele besproeiingstelsels sien, praat hulle al van meer as 20 ton per hektaar.
Dus is die voedsel sekerheid met graan redelik bevestig.

Wanneer dit kom by water behoeftige plante soos Rys, het die probleem bly voortwoed.
Meer as twee-derdes van die Aarde se bewoners is sterk afhanklik van rys.
Maar dit is ook die mense wat aanteel soos konyne.
Waterryke gronde word benodig vir mense bestaan dus word bewerkbare gronde minder.

As aktiewe tuinier het dit my al gepla:
Indien ek my grasperk nie gereeld voedsel en water gee nie, vrek die gras.
Maar, net oorkant die teerpad. Waar Liewe Jesus se veldgras groei, vra dit nie water of kunsmis nie, dit gedy net, groei welig, skiet saad en vermeerder – kosteloos, sorgloos, vanself.
Hoekom?

Sy naam is:
Thomas Slewinski en hy is ’n baie slim man wat navorsing doen in plant biologie in die laboratorium van ook ’n baie slim man met die naam van Robert Turgeon.
Die slim man het met dieselfde oë as ek ook na veldgras gekyk en net soos ek gewonder en hy spring aan die werk en by die Cornell Universiteit maak hulle ’n ontdekking.
Hulle kategoriseer plante. Mak plante word C3 genoem en wilde plante word C4 genoem.
Die C4 plante het ziljoene jare gelede al aangepas na die anatomie wat hulle Kranz anatomie noem met blaar struktuur wat in plein taal spesiale blaar selle en beskerming om die blaar are het.

Wat die slim mense eintlik reggekry het in eenvoudige taal:
Hulle het hierdie gene ge-isoleer en dit ’n naam gegee; ’n skrikwekkende naam : “scarecrow!”

Wat nou gaan gebeur is dat hulle die gene wat die veldgras en plante het – die Scarecrow gene, na die gewone graan en rys plante gaan oordra.
Die gevolge gaan amper skrikwekkend wees.
Rys kan nou maar in die karoo ook geplant word. Plant jy dit egter in water soos op die ou manier, kan die resultaat 60 voudig vermeerder !

Geen wonder hulle gee die gene so ’n vreeslike naam nie !

Willie F van Tonder
2013/05/16

Ek verwys:
Crop production:
SA Koöp \ SA Agri-land
April - Mei 2013




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kommentaar
Ekt nou anderdag n snaakse ding gesien. Die Chinese het waatlemoene gemanipuleer dat dit nou vierkantig is!! Se dit mors minder en verpak makliker!!! Wens ek kan sekere elemente in my lewe so manipuleer!! Ha ha
6 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Voedsel
Baie interessant dankie. n Artikel moet mens se aandag behou en jy het dit goed reg gekry hier.
6 jaar 5 maande 3 dae 23 ure oud


***
Baie interessante leerstof dié. Dankie, Willie.
6 jaar 6 maande 1 dag 14 ure oud



vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar