Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is skandeer al die ou digbundels wat ek kan vind en dan verwerk ek dit op die rekenaar. Een van die digters/skrywers wat vergete geraak het is Melt Brink. Ek kon sover nog net een gedig van hom vind. Alhoewel daar van sy werke beskikbaar is op die internet, om te koop natuurlik, is dit tragies dat daar so min omtrent hom beskikbaar is. Ek plaas hier van die inligting wat ek het omtrent die skrywer.


MELT BRINK (1842-1925)


Al het Melt Brink veral "Kaaps-Hollands" geskryf, het sy taal algaande nader aan Afrikaans gekom. By hom kry ons meestal grappige verhale en beskrywings; hy het 'n oog vir die werklikheid (realisme) en staan gevoelig teenoor die gebeurtenisse van sy tyd. Min van sy groot aantal gedigte en klugte leef vandag nog, maar hulle het wel historiese waarde. Hy was op 'n keer die gewildste skrywer van Suid Afrika en het vir baie mense die oorgang van Hollands na Afrikaans vergemaklik. Sy bekendste werk is Die Reis na Kaapstad van Oom Gysbert van Graan (1904). In die gedig wat ons hieruit gekies het, sien oom Gysbert die eerste maal 'n trein. Brink het in Kaapstad gewoon.


BESKRYWING VAN 'N TREIN

Die derde dag middag kom ons op die dorp,
   Spring af 1 en loop na die huis —
Hul noem dit die Stasie, soos Daantjie my sê;
   Maar jongie! ek hoor 'n gedruis
Nog voor ons daar kom, wat kompleet net so gaan
   Soos 'n seekoei in Groote Rivier, 2
Wat blaas as by opkom om asem te skep —
   Eers dag ek dis seker dié dier!
Maar nefie! ek het hom goed staan en bekyk.
   Maar hoe sal ek jou dit beskryf? . . .
Dis 'n soort van 'n wa, dit kon ek wel sien,
   Maar geen disselboom sit aan sy lyf.
Hy het ses of agt wiele, die middelste groot.
   Die voorste en agterste klein;
Hy's rond soos 'n vat, maar veel groter en lank,
   En blink as die son op hom skyn.
Op sy rug staan 'n skoorsteen, a nee! maar die rook
   Die borrel so vinnig daar uit,
Nes 'n olifant, neef, wat pas water gedrink het
   Dit uitspuit al weer deur sy snuit,
Maar net tien maal soveel; en 'n pypie daarnaas
   Blaas klein witte rookwolkies voort
En fluit dan of skree, jy sou amper gaan sweer
   Dis 'n speenvark wat hulle vermoor.
Eenkant van die groot vat daar sien jy 'n ding.
   Dit lyk soos 'n arm wat wil pomp —
Ek dink hy is daar om die wiele te stuur
   Dat hul nie moet loop op 'n klomp.
Van agter is 'n gat en daar maak hul die vuur,
   Want vuur moet die ding laat loop;
Hy vreet niks as kole, sê Daantjie vir my,
   Maar vreet daarvan net ook 'n hoop!
Twee kêrels die gooi dit met skoppe 3 daarin
   Van 'n wa wat vol is gepak
En agteraan vassit met 'n ysterhaak
   En amper so lyk soos 'n bak.
En weer agter dié kom 'n heel lange ry
   Van waens net soos huisies gemaak,
Met deurtjies en vensters, ook vas aanmekaar.
   Die een aan die ander gehaak.
As die vuurwa gaan rook, is hy klaar om te vat.
   En as hy wil trek, gaan hy skree,
En of hul nou ruk, hul almal moet volg.
   Hy trek tot die laaste een mee.
Die pad waar hy loop, is net mooi en so glad,
   En bo op met yster beslaan,
Dit lyk nes 'n waspoor sover jy kan sien.
   Want die wiele die moet daaroor gaan;
En swaar is die ding ook, want kyk! as hy loop
   Dan dreun selfs die grond onder jou.
As jy onder hom val, wil ek wed om 'n pond,
   Jy's sekerlik morsdood of flou!
Ek het dus ook ver van hom af bly staan.
   Want 'n ongeluk kan skielik gebeur.
En ek het my lewe te lief om my dalk
   Soos 'n lap van mekaar te laat skeur.

Uit: Die Reis na Kaapstad van
Oom Gysbert van Graan (1904): H.A.U.M


1 van die perdewa.
2 die Oranjerivier.
3 skopgrawe.

Geskandeer uit: Verseboek vir Standerds VII en VIII - D. J. Opperman en J. A Heyl (1959/1973)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Melt Brink - Beskrywing van 'n trein



Ek verstout my om te glo dat Melt Brink as een van ons heel eerste digters in Afrikaans was en dat hy selfs 'n paar gedigte in Nederlands kon geskryf het. En dit is seker waar dat min oor hom gesê of geskryf is omdat latere digters in styl, rym en woordaanwending getroef het. Tog mag ons nooit diegene wat die eerste sooie in ons digskatkis geploeg het vergeet nie; selfs al het hulle met Langenhoven se gesegde soms bietjie met die ploeg uit die vore geklim...Dit egter gesê, dank ek jou dat jy met hiedie bydrae ons opnuut maan om die 'Golden Oldies'nie te vergeet nie!
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 3 ure oud


brink
dankie vir die deel hiervan Casper
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Brink
Inderdaad interessant. Dankie vir die deel.
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Melt Brink
dankie vir die deel van hierdie besonderse inligting
3 jaar 11 maande 4 weke 1 uur oud


Melt Brink
Dit was nou vrek interessant!!! Dankie, Casper. Ek het die gedig ook geniet. Sal graag meer van Melt Brink wil weet ... :)))
3 jaar 11 maande 4 weke 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar