Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geloof, Liefde, Hoop  -- uit die Bybel
Vryheid, Gelykheid, Broederskap – Franse Rewolusie


   As ons die begrippe hierbo aankyk, sien ons dat daar een of ander verbinding met mekaar moet wees. Waar is (moontlike) ooreenkomste?
.
   Die ooglopendste wat ek sien, is tussen die begrippe „liefde” en „broederskap”. As ons alle vorms van die liefde neem, is dit groter as wat ons broederskap noem. Dog is broederskap een van die vorms van liefde. Die ou Grieke het drie vorms geken en genoem. Daarvan stem agapé  taamlik presies ooreen met broederskap.

   Na ‘n bietjie soek, kom ek op ‘n verbinding tussen „hoop” en „gelykheid” wat ons nie gewaarborg word nie, ons moet iets doen om dit te verwerklik. Met geweld is dit nie gedaan nie, die oorwinnaar stel dadelik ‘n nuwe ongelykheid daar of bevestig die oue. Daar moet ‘n innerlike wens, hoop, by die mense wees wat dit aanstreef.

   Wat het „geloof” en „vryheid” met mekaar uit te waai? As ek iets glo, dan glo ek dit omdat ék dit glo, vanself, en nie omdat dit op my afgedwing word nie, of omdat dit mode is nie, omdat iemand my betaal nie, of om iemand ‘n guns te bewys nie. Maar omdat ek in die vryheid van my eie binnewonende gees besluit het om juis dít te glo wat ék glo. Niemand kan my dwing nie, en as iemand dit sou regkry om my te dwing – dan is dit nie meer geloof nie. Hoe iemand hierdie gees noem, hang meestens af van die kultuur waarin hy leef. (My eie woord daarvoor is die „Allerhoogste”.)
.
Hierdie drievoudige stelsel bevind hom op verskeie gebiede van ons sosiale lewe. In die modernere filosofie en geesteswetenskap word gepraat van „liggaam”, „siel” en „gees”, anders gesê, van „wil”, „voel” en „denke”.

°   Slegs hier op aarde kan ek met my fisiesiese liggaam iets doen, beweeg, wil. Met my hande werk.
°   My gevoelens sentreer om my siel wat huil en lag ken, vrees en vreugde ondervind. Om my hart se krag.
°   En my eie gees laat my toe of veroorsaak dat ek (kan) dink, iets so intiem dat ek slegs sonder hulp of impuls van buite daartoe in staat is. My kop se werk.
.
In ons daaglikse sosiale en kulturele lewe speel die drie eienskappe op volgende gebiede af:

*   VRY is ek in my „ binnekamertjie”, daar waar niemand indring nie, in my geesteslewe. Daar woon my vermoeë om te glo en te dink. Alleenlik met onmenslike middels is dit vir iemand moontlik om hier in te dring, met dwelms en ander liggaamlike of psigologiese geweld by voorbeeld.
   Liberté: Vryheid om te glo en dink wat ek as goed beskou, wat ek meen reg is, is van toepassing op die eie private geesteswêreld.

*   GELYK is ek in wettiglik afgesonderde gebiede, daar waar ‘n outoriteit oor almal staan en daarvoor sorg dat niemand iemand anders „te na kom”, beseer of onwettige voordele trek nie. Voor die wet. In die geregshof, vanselfsprekend, waar nie die regter nie maar die wet wat hy verteenwoordig die outoriteit is. Maar eintlik op al díé gebiede waar die wet gesag het, geldig is. En dis nie oral nie. Basies is ons, verskillend soos ons nou maar is, ongelyk, ook voor die wet: Voor die groen robot trek ek voordeel, voor die rooie nadeel.
   Egalité: Gelykheid vind ons in die taamlik enge ruimte van die wetslewe van die geselskap.

*   BROEDERLIKE LIEFDE toon ek onder vryomlopende medemense. Alléén kan ek dit nie uitvoer nie. Onder mense wat hulle bedrywe uitoefen terwyl ek ook my normale lewe leef. In die stad, die kantoor, die fabriek, op die dorf, die plaas. Die ou Grieke het gesê, „op die markplein”, en dis ‘n goeie beskrywing. Daar waar ons kontakte met mekaar pleeg en handel dryf, is die plek waar ons, as broers en susters, met mekaar te doen het.
   Fraternité: Broederlikheid word toegepas in die handels- en verhandelingswêreld waar ons tussenmenslike verhoudings uitoefen.
.
In die gevalle waar die bogenoemde „reëls” nie ingehou word nie, of waar byvoorbeeld vryheid op die gebied van die wet of handel toegelaat word, of broederskap in die geregshof spiere maak, dan is die geselskap op ‘n dwaalpad. As die regerende owerhede nie die geselskap inrig nie, word die geselskap siek. Dan is ook die regeerders nie gesond nie.
.
Maak gerus die probe: Stel, aan hand van enige koerantartikel, die vraag na wat is gereg, wat is broederlik, wat is vryheidlik, en hoe dit toegepas word. Waar is die oortredings van die ene op die ander se verantwoordelikheidsgebied? Gou-gou sien ons dan die oortredings teen die menseregte, of andersins hoe die menseregte gepleeg word. Meestens is die oortredings in die meerheid.
.
[   Menseregte verwys na die „basiese regte en vryhede waarop alle mense
     geregtig
is, wat dikwels geag word as sou dit die reg tot lewe en vryheid,
     vryheid van denke en uitdrukking en gelykheid voor die reg insluit." Die
     Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte stel dit as
     volg: „Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte,
     gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap
     teenoor mekaar
op te tree."   ]
.
Wat ek sê, is nie nuut nie, maar ek het die betekenis van die definisies probeer duidelik maak.
.
Geloof/Denke                                    Hoop                               Liefde
Geesteslewe                                      Wetslewe                         Ekonomiese lewe
 (kop/glo. dink)                                  (hart/gevoelens)               (hand/wil, doen)
Vryheid                                            Gelykheid                         Broederlikheid 

 ©.2013.                      ♀ ♂  ♪ ♥  ₧ ™ £ $ € ¢ ¥ § %  % § ¥ ¢ € $ £ ™ ₧ ♥ ♫ A Ω .                           .tje






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Redelik sinvol maar
Jy stretch die verband tussen "hoop" en "gelykheid" net bietjie kwaai maar ek stem dat daar slegs gehoop kan word op gelykheid want ongelykheid is die natuurlike stand van alle verskynsels en vandaar uniekheid. Gelykheid bly 'n oulike droom want self voor dieselfde regter onder dieselfde regsstelsel word aantreklike mense ligter gestraf as lelike mense vir dieselfde kriminele dade.

"„Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore." Hierdie stelling is tjol en ook net 'n lekker droom. Sommige "menslike" wesens lyk nie eers naastenby na mense nie en word nooit aan die ouers getoon nie en ander word sommer dood gebore. Regte bestaan slegs volgens menslike ooreenkoms/besluit en nie "vanself, natuurlik of Godgegewe (buite menslike bestel en bestaan) nie. Hierdie stelling in die VN se verklaring van menseregte is dus 'n blatante leuen.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae oud


menseregte
Mooi beskrywend neergepen Toom.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 13 ure oud


Toom
Dit is so lekker om 'n sinvolle en duidelike diskoers te lees van 'n gelykdenkende mens; skynbaar sonder inspanning geskryf.
Dit reflekteer my gevoelens oor geloof, vryheid, ens so presies, maar ek sal dit nooit ooit so kon neerskryf nie.
Dankie hiervoor.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar