Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Op versoek van Sneeuwolf)

Waar 'n offisier gevonnis word tot oneervolle ontslag, moet 'n kasserings parade gehou word om die vonnis uit te voer.

Die betrooke beskuldigde se eenheid vorm drie sye van 'n vierkant op die paradegrond met 'n militere orkes agter die agterste sy van die vierkant. Voor die oop kant is die bevelvoerder se podium.

Die beskuldigde en sy eskort (altyd 'n offisier van gelyke rang) tree aan die kant van die vierkant aan. (Die eskort regs van die beskuldigde). Die beskuldigde mag nie sy pet, dekorasies of medaljes dra nie.Die Adjudant gee dan die bevel "Masjeer op!" en die beskuldigde en sy eskort masjeer tot voor die modium. Die bevelvoerder masjeer dan op en neem sy plek op die podium.

Die bevelvoerder gelas dan "Adjudant, gaan voort!".Onmiddelik hierna speel die tromspelers 'n roffel wat aanhou tot die einde van die seremonie.

Die adjudant lees die beskuldigde se nommer, rang en naam waarop die beskuldigde op aandag kom en een tree vorentoe neem. Daarna lees die adjudant die beskuldigde se skuldigbevinding (bv sedisie) en vonnis (oneervolle ontslag)uit die hofrekord voor.

Die bevelvoerder nader dan die beskuldigde, trek sy seremonieele sabel en sny beskuldigde se rangkentekings van sy skouers af. Sommige bevelvoerders het die gebruik om die kentekings in die grond in te trap.

Die bevelvoerder voltooi die seremonie deur die eskort te beveel (hy beveel nie die beskuldigde self nie, want die is nou mos ontslaan) "Masjeer hom af!".

Beskuldigde word deur die eskort begelei na die dienskamer waar beskuldigde sy uniform uittrek en aan die eskort oorhandig. Hy klee dan in burgerlike klere wat vooraf daar geberg is.Die eskort begelei hom tot buite die grense van die eenheid. Hierna verdaag die bevelvoerder die parade.

Die vraag kan gevra word of kassering nie bots met die Grondwet, 1996 nie. Artikel 12(1)(e) bepaal dat elkeen het die reg om nie op 'n wrede, onmenslike of vernederende wyse gestraf te word nie. Die kwessie is nog nie deur die Konstitusionele Hof oorweeg nie. Myns insiens bots kassering nie met die grondwet nie. Die militere milieu en dissipline is 'n unieke stelsel wat streng op gevestigde reels en prosedures opereer.Daarsonder kan geen weermag ter wereld sy funksie effektief nakom nie Verder magtig artikel 36 van die Grondwet dat regte beperk mag word waar die beperking redelik en billik is. Kassering geld ook in vele demokratiese lande wat wel oor 'n handves van menseregte beskik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Naskrif
Ek kan jou egter 'n brief (in driefout) gee dat die onus vandag beslis bo redelike twyfel is.
7 jaar 4 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Jaco
Die laaste kassering waarvan ek bewus is, was in 2008. 'n Kapelaan in die Kaap wat aan onsedelike aanranding op 'n ondergeskikte skuldig bevind is. Hy het aanvanklik geweier om op parade te kom, waarop die bevelvoerder gelas het dat hy met geweld opgebring moet word. Die kapelaan het toe maar met Bybel onder die arm self opmasjeer...
7 jaar 4 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Onder-offisiere
Johan, jy is korrek. Die enigste verkille is 1) 'n onder-offisier het 2 eskorts aan weerskante 2) die RSM doen die taak van die adjudant.
7 jaar 4 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


kassering
Is 'n baie vernederende situasie, dit gebeur ook met onder-offisiere. Het nog nooit in my SAW loopbaan so iets beleef nie. Het al gehoor dat van die onder-offisiere se range verlaag is maar verstaan dat dit sommer in die kryghof gedoen is. Goeie en interessante inset Len!
7 jaar 4 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


.
Bly 'n blixem van 'n ding...
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


WOLF
SELA.
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Jip
Vandag 'n vervalle tradisie
Auk !
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 17 ure oud


Voetskrif
Hierdie is die seremonie gevolg in die Leer. Die Vloot en Lugmag s'n mag effe verskil.
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


*
Juf: Sela. Tert: kastrering is brilliant!!
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Jong
Ek dink ook kastreding is darem biekie erg.
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar