Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Het dit al vir jou gevoel jou welgeorganiseerde lewe word omvergegooi deur gebeure wat onvermydelik was? Of dat die lewe jou net stief behandel? Wel dan is jy nie die enigste een nie. Miljoene mense word emosioneel afgetakel oor wat in hul lewens gebeur het of oor dit wat mense vir hul sê, en dan word daar vinger gewys en verskonings gesoek. Behalwe dit het ons ’n behoefte na geluk, maar as jy dit soek gaan jy dit nooit vind nie. Dis die wyse woorde van Phil Bosmans.

Soek geluk. Dit word verkoop aangebied in posbusse, op plakkate, op straat en langs die paaie, in winkels en supermarkte, in reklame oor DSTV. Hulle verkoop duisende drome aan jou in ’n wereld wat duisendvoudig van geluk praat.... en lieg!
Ja gaan soek geluk in materialistiese goed en jy gaan dit nooit vind nie. Want geluk is soos ’n skaduwee, dit volg jou, dis soos ’n eggo in jou hart, dit antwoord slegs as jy van jouself gee.

Dis mos maklik om te leef as jy gelukkig en sorgvry is maar wat gebeur as die lewens-skip jou oorboord gooi, gaan jou geloof jou laat dryf en by ‘n strandoord laat uitspoel of gaan jy ook soos Jona eers sink? Gaan jy kan leef as tye regtig druk is en jy’s moedeloos of gaan jy net bestaan?

Dis moeilik om te glo maar as alles ellendig is en jy moedeloos en raadop is dat niemand meer kan lag nie, en alles lyk so hopeloos dat daar niks meer oor is om oor te lag nie, dan kan slegs humor altyd nog ’n glimlag te voorskyn bring.
‘n Onbekende skrywer het op ‘n dag geskryf dat ‘n glimlag minder as elektrisiteit kos maar net soveel lig verskaf. Dit kan ook ’n ketting reaksie raak! Humor dra mense deur die woestyn van die lewe en sorg dat hulle nie ten gronde gaan van louter pyn en leiding nie. (nog wyse woorde van Phil Bosmans)

Daarom is ek mal oor die hanswors, met ’n blom in sy hoed, ’n knop vir ’n neus, broek myle te groot, baadjie myle te lank en ’n hemp skreeubont. Vir my simboliseer elk van hierdie dinge iets spesifieks.

Die blom in sy hoed simboliseer vir my dat die lente weer sal kom as ek die bergklim sal ek die vlakte sien. ’n knop vir ’n neus – die knop simboliseer die knop in my keel soos ek teen selfbejammering veg. Die broek wat myle te lank is simboliseer probleme by dosyne. Sy baaitjie die lange lys van oplossings wat binne my bereik is, sy hemp herinner my om te lag!

Net ‘n hanswors kan lag wanneer hy huil. En as hy huil, lag mense. Hulle vergeet van sorge, hul lag dat die trane loop. Hy, die hanswors is ’n wonderlike terapeut. Hy is ’n ware lewenskunstenaar omdat hy alles relativeer en omdat hy oor sy eie ellende kan lag.

Grimmigheid gee jou ’n knop op die maag. Verbittering werk op jou gal. Pessimisme lê swaar op jou gemoed. Hierdie giwwe maak jou oornag suur, onuitstaanbaar, onverdraaglik. Daarom moenie in ’n slegte luim gaan slaap nie. Dink aan die goeie dinge van die dag. Vul jou gevoelens met vertroue, begrip, goedheid en vergifnis.
Om te lewe is om te verander om volmaak te wees is om dikwels te verander. Om gelukkig te wees verg goeie gesondheid en ’n slegte geheue. En probeer om die suurgesigte te laat lag, die ander glimlag vanself. Moenie net bestaan nie, moenie net dryf nie, kry rigting en roei! Begin vandag, Begin lewe!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

moenie net bestaan nie leef
wanneer ek die President is,gaan ek dit in die grondwet laat inskryf dat elke mens in Suid-Afrika die stuk MOET lees.
Ek gaan dit deel maak van die Huweliksformulier.
Voor elke egskeiding die partye dwing om dit vir mekaar te lees.
Dit n verpligting maak vir gr7-12's as voorgeskrewe werk.


Dis mos maklik om te leef as jy gelukkig en sorgvry is maar wat gebeur as die lewens-skip jou oorboord gooi, gaan jou geloof jou laat dryf en by ‘n strandoord laat uitspoel of gaan jy ook soos Jona eers sink? Gaan jy kan leef as tye regtig druk is en jy’s moedeloos of gaan jy net bestaan

BEAUTIFUL gestel.VERAL Jona wat jy ingebring het.
TREFFEND>ek kry die boodskap hard en duidelik.

n besonderse werk die van jou.
12 jaar 1 week 1 dag 19 ure oud


Positief!!
"Geluk is die gevolg van regte optrede."
Anoniem
Maar Natasja, mens moet versigtig wees om nie in die verkeerde rigting in te roei nie! Ek meen nou nie jy, jy roei vir die eerste span, maar ja, dit val my net by, as mens roei moet mens rigting ook reg wees.
Groete
DD
12 jaar 7 maande 4 dae 16 ure oud


Natasha, jy is 'n wyse meisiemens, laat hierdie ouma se gedagtes oortyd werk. Dis baie waardinge wat jy hier praat.
12 jaar 11 maande 2 dae 16 ure oud


Lewe voluit!
Natasha, baie dankie vir hierdie pragtige stuk. Ek stem 100% met jou saam dat jy nie slegs moet bestaan nie, maar die lewe voluit moet lewe. Ek was vandag op die begrafnis van my buurman, 'n wonderlike mens wat op die ouderdom van 39 jaar aan 'n hartaanval gesterf het. Die lewe is net TE kort om dit nie voluit te leef nie. Louis Basson
13 jaar 3 maande 2 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar